Tuesday, 8 August 2006

Vyf plaasaanvalle in 13 uur / Five farm murders in 13 hours

* Note: English translation at the bottom

Received: Saturday, July 22, 2006 8:53 AM

Middelburg. – Die polisie in Mpumalanga is besig met ’n grootskeepse soektog na verdagtes nadat vyf plaasaanvalle in minder as 13 uur in dié provinsie uitgevoer is.

Twee verdagtes is al vasgetrek.

Dié aanvalle het almal in ’n 200 km-omtrek van Middelburg gebeur.

Die aanvalle was tussen eergisteraand omstreeks 18:00 en die laaste gisteroggend om 06:30.

Dit is nog nie duidelik of die aanvalle met mekaar verband hou nie.

Die eenheid vir ernstige geweldmisdaad (EGM) in Middelburg en Witrivier ondersoek die sake.

# Mnr. Karel Scheepers (59) en sy vrou, Cornelia (54), van die Laersdrift-omgewing is omstreeks 21:00 op hul plaas aangeval toe hulle by die huis gekom en twee rowers hulle vermoedelik in hul huis ingewag het.

Volgens insp. Werner Otto van die EGM het mnr. Scheepers ’n geraas in die eetkamer gehoor toe hy – soos altyd – eers gaan kyk het of alles veilig is in die huis.

Hy het ’n beweging gesien. en die eetkamerdeur se skuifslot gesluit.

Hy het gehoor hoe iemand in die hoofslaapkamer ’n vuurwapen oorhaal en uit die huis gehardloop, sy vrou aan die arm gegryp en na ’n ou murasie gehardloop. Drie skote is op hulle geskiet.

Dié aanvaller het gevlug en mnr. Scheepers het die polisie gebel, wat die ander aanvaller in die eetkamer gearresteer het. ’n Vuurwapen word vermis.

Dié verdagte is ’n werknemer van ’n private wildbewaringsonderneming in Hoedspruit. Hy het kamoefleerdrag gedra.

# In ’n ander aanval in Carolina is mnr. Koos Coetzee (76) om 22:00 deur drie mans oorrompel toe hy sy plaashuis se deur vir sy hondjie oopgemaak het.

Coetzee is erg aangerand, sy hande en voete is met skoenveters vasgebind en hy is sy slaapkamer gedwing, waar die rowers hom weer aangerand en sy kluissleutels geëis het.

Hulle het met twee pistole en ’n submasjiengeweer weggekom.

# Mev. Norma Myburgh (45) en haar seun, Hugo (21), is eergister om 18:00 op hulle plaas in Steelpoort aangeval.

Mnr. Myburgh is in die motorhuis ingewag, oorrompel en na die huis geneem waar twee aanvallers ook vir mev. Myburgh oorrompel het.

Hulle het ’n selfoon, R12 000 en R80 000 se juwele gevat.

Daarna is die hulle in mev. Myburgh se Pajero gedwing, aangesê om na Burgersfort te ry, waar mnr. Myburgh R1 500 by ’n kitsbank moes trek. Hy is gedwing om na die swart woongebied te ry waar die aanvallers uit die voertuig geklim en weggehardloop het.

# Mnr. Josua Homman (71) is gisteroggend om 06:30 deur vier mans aangeval wat hom in ’n stoor op sy plaas in die Leslie-omgewing aangerand en van ’n onbekende aantal vuurwapens en geld beroof het.

Een verdagte is in hegtenis geneem.

Hy sal Maandag in die landdroshof in Leslie verskyn.

# Daar was ook ’n plaasaanval in Sundra, maar die besonderhede was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.

English translation:

5 Farm attacks within 13 hours

Submitted by techworker on Mon, 2006-08-07 09:55.

Middelburg – The Mpumalanga police force has launched a wide-scale manhunt after five farm attacks were carried out within five hours in this province.

Two suspects have been arrested. These attacks all happened within a 200km radius of Middelburg and happened between 18:00 and 06:30. It is still not clear if these attacks are linked. The serious crime unit (SCU) in Middelburg and Witrivier is investigating these attacks.

# Mr Karel Scheepers (50 and his wife, Cornelia (54), of Laersdrift district was attacked at around 21:00 when they arrived at their farm and two robbers were allegedly waiting in the house. According to inspector Werner Otto of the SCU, Mr. Scheepers heard a noise in the dining room when he went to investigate if everything was safe as he always does. He saw a movement and locked the dining room doors lock. He heard somebody cocking a weapon in the main bedroom and run out of the house, grabbed his wife by the arm and ran for an old ruin, three shots were fired at them attacker fled. Mr Scheepers called the police who arrested the other attacked in the dining room. A firearm is missing. This attacker is employed by a private game ranging company in Hoedspruit, He was wearing camouflage fatigues.

# In another attack in Carolina, mr. KKoos Coetzee (76) was overwhelmed by three men at around 22:00 when he opened the door for his little dog. He was brutally attacked, his hands and feet were tied with shoe laces and he was forced into the bed room, where they attacked him again and demanded the safe keys. They stole two pistols and a sub machine gun.

# Mrs Norma Myburgh (45), her son, Hugo (21), was attacked at around 18:00 on their farm in Steelpoort. They waited for Mr Myburgh in the garage, overwhelmed him, took him inside where they also overwhelmed Mrs Myburgh. They stole a cellphone, R12 00 and jewellery worth R80 000. Afterwards they were forced into Mrs. Myburgh's Pajero and forced to drive to Burgersfort, where they forced Mr. Myburgh to withdraw R1500 from the atm. They were forced to drive into the black township where the attackers got out and ran away.

# Mr. Josua Homman (71) of the district Leslie, was attacked in his barn at around 06:30 by 4 men who robbed him of an undisclosed amount of cash and firearms. One of the suspects have been apprehended, he will appear in court in Leslie on Monday.

# Another attacked occurred in Sundra, but details are not available at this time.

Source: Crime Expo South Africa
http://www.crimexposouthafrica.org/?q=node/1062

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.