Saturday, 9 September 2006

Skuldiges sit ná man versmoor

02/09/2006 19:21 - (SA)

Willem Pelser

Piet Retief. - Twee moordenaars van 'n bejaarde man wat versmoor het nadat 'n voormalige tuinwerker tydens 'n rooftog 'n mus in sy keel gedruk het, is hier in die rondgaande hof lank tronk toe gestuur. Mnre. Thomas Masilela (19) en Bongani Maduna (26) is onderskeidelik tot 35 en 16 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die moord twee jaar gelede op mnr. Lou du Plessis (71) van Bethal.

Volgens getuienis het die twee beskuldigdes die oggend van Du Plessis se moord op die sypaadjie voor sy huis gesit en sy huis dopgehou.

Hulle het Du Plessis 'n ruk later in die huis oorval en sy hande agter sy rug vasgebind. Maduna en Masilela, wat vroeër in Du Plessis se tuin gewerk het, het die mus wat op Du Plessis se kop was, so diep in sy keel gedruk dat hy versmoor het terwyl hulle laggend toegekyk het.

Hulle het met net Du Plessis se polshorlosie gevlug toe die buurman opdaag.

Masilela en Maduna is die volgende dag deur speurders van Bethal in hegtenis geneem.

Oorsprong: Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1992538,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.