Friday, 13 October 2006

"I shoot you! I shoot you!"

Posted: October 13, 2006 06:45

STRAND - "Dis 'n wonderwerk dat ons leef. 'n Bestiering van die Here," se Aletta Snyman oor 'n rooftog wat hom Sondag in hul kafee afgespeel het. Het die vuurwapen wat 'n rower op haar en haar man, Johan, gerig het, nie geweier om af te gaan nie, kon een, of albei in 'n poel bloed gesterf het.

Om 07.20 het drie mans die kafee binnegekom. Aletta wat agter die toonbank werk, vertel dat sy net om die toonbank geloop het, toe 'n man skielik voor haar staan en 'n vuurwapen uit sy klere pluk. Hy het dit na haar kop gerig, "I shoot you! I shoot you!" het hy gese, en die sneller getrek. Maar die skoot het wonderbaarlik nie afgegaan nie.

Die man het die sneller weer en weer getrek, maar niks het gebeur nie. Aletta het die vuurwapen weggestamp en na Johan geroep, wat agter in die gebou was. "Johan het aangehardloop gekom, en die rower het die vuurwapen ook op hom gerig en weer die sneller getrek. Maar die skote het weer nie afgegaan nie. Johan het na sy sambok gegryp en begin slaan en hulle het toe uitgehardloop.

Inspekteur Vernon Williams en senior offisier Trevor Lennox van Blue Whale Patrols Protection Services was op pad terug van 'n patrollie in Kusweg, toe hulle vier mans by Werda sien uithardloop, met die eienaar agterna, sambok in hand. Hy het vir hulle beduie om die verdagtes voor te keer. Hulle het die mans, wat in alle rigtings gespat het, in hul voertuig agternagesit. Toe hulle twee van die verdagtes in Van Ryneveldstraat aankeer, het een van hulle 'n vuurwapen op insp. Williams gerig. Hulle het hom arresteer en die twee verdagtes na die Strand polisiestasie geneem. - CESA reporter

Source: Crime Expo South Africa
http://www.crimexposouthafrica.org/node/3008

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.