Tuesday, 4 December 2007

Dokter beroof, vir dood gelaat

Dec 03 2007 10:19:03:097PM - (SA)

’n Dokter van Rayton, oos van Pretoria, is in ’n bedenklike toestand in die Wilgers-hospitaal in Pretoria nadat hy tuis oorval, erg aangerand en beroof is.

Dr. Donald Allan (55) is vermoedelik verlede Sondag in sy huis aangeval. Hy is eers twee dae later van ’n moontlike dood gered toe iemand ondersoek by sy huis gaan instel het en op die erg beseerde Allan afgekom het.

Kapt. Lucas Sithole, polisiewoordvoerder, het gesê Allan het veelvoudige beserings en beenbreuke opgedoen.

Sithole het gesê die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat sy aanvallers tussen Sondag en Dinsdagoggend by sy huis toegeslaan het.

Die Cullinan-polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord en huisbraak.

Allan het gister uit sy bed in die waakeenheid laat weet dat hy nie met die media wil praat nie. – Virginia Keppler

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2232141,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.