Thursday, 27 December 2007

Suidlanders se leier sit oor vuurwapen

Dec 26 2007 08:54:41:873PM - (SA)

Christel Raubenheimer

Mnr. Gustav Müller, leier van die Suidlanders-beweging, is al twee weke in die aanhoudingselle in Klerksdorp, Noordwes, omdat hy met die onwettige besit van ’n vuurwapen verbind word.

Die polisie in Noordwes het Müller op 13 Desember gearresteer, het sr. supt. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê. Volgens Naidoo het die polisie sy borgtog teengestaan omdat ’n lasbrief op ’n bedrogklag teen hom uitstaande was.

Die Suidlanders is ’n groep wat volgens hul webwerf besorg is oor “die huidige situasie in ons land wat moontlik mag aanleiding gee tot ’n noodsituasie, as gevolg van ’n aardbewing, vloed of iets dergeliks”. Hulle distansieer hulle op hul webwerf van gewelddadige of onwettige optrede.

Die Suidlanders was ’n tyd gelede in die nuus nadat hul DVD oor die “nag van die lang messe” versprei is. Hierin is beweer swart mense sal wit mense uitwis op die nag van oudpres. Nelson Mandela se begrafnis.

Volgens Naidoo is twee mense (wat glo bande met die Suidlanders het) vroeër gearresteer weens die besit van ’n onwettige vuurwapen. Die twee is op borgtog van onderskeidelik R10 000 en R20 000 borgtog vrygelaat.

Die saak teen Müller is tot vroeg aanstaande jaar uitgestel en hy bly in aanhouding.

Source:News24
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2243594,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.