Tuesday, 8 January 2008

Man spring dood vry nadat rowers hom 5 keer skiet

Jan 07 2008 08:50:39:330PM - (SA)

’n Man van Doornpoort in Pretoria is gister in die vroeë oggendure vyf keer in sy bed deur gewapende rowers raakgeskiet.

Mnr. John Loots (43) het op ’n wonderbaarlike wyse van die dood ontkom toe hy in die kop, maag, hand en lies geskiet is.

’n Betroubare bron het aan Beeld gesê Loots het wakker geskrik toe die rowers om sy bed gestaan het.

“Die oomblik toe hy sy oë oopgemaak het, het hulle op hom begin skiet.

“Hy het só groot geskrik dat hy deur sy kamervenster gespring het, waarna die rowers gevlug het,” het die bron gesê.

Loots word tans in die Pretoriase Akademiese Hospitaal behandel.

Kapt. Solomon Marindi, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het ’n selfoon en ’n onbekende bedrag geld gesteel.

Volgens Marindi ondersoek die polisie net ’n klag van huisbraak. – Virginia Keppler

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2247795,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.