Friday, 4 January 2008

'Volksmoord in Limpopo'

Alle veiligheidstrukture van die TLU SA Noord is vir die duur van die vakansieseisoen op volle gereedheidsgrondslag geplaas ná 'n hewige vlaag van gewelddadige aanvalle.

Die voorsitter van die TLU SA Noord, mnr. Dries Joubert, het terselfdertyd alle lede versoek om kalm te bly, te midde van wat hy bestempel het as "volksmoord" in Limpopo. Hy het met teleurstelling bemerk dat daar van owerheidskant nog geen woord gerep is oor dié aanslag nie.

"Daar heers 'n doodse stilte vanaf die kantoor van die premier, die LUR vir Landbou en die Provinsiale Kommissaris van die SAPD," sê mnr. Joubert.

Vier blankes is sedert die begin van November vermoor in 'n vlaag van gewelddadige aanvalle op mense op die platteland van Limpopo. Tot sewe aanvallers het by geleentheid aan een aanval deelgeneem. Die frekwensie van dié aanvalle het teen die einde van November drasties toegeneem en daaglikse gewelddadige aanvalle (tot twee per dag) kom sedert verlede Vrydag voor. Dit was aanleiding tot wat bestempel word as een van die swartste naweke tot dusver ten opsigte van geweld in Limpopo, wat Maandag voortgesit is in die barbaarse, bloedige aanval op 'n egpaar op Naboomspruit en Dinsdag gekulmineer het in die gru-moord op 'n winkelier by Marken, Koedoesrand.

Deur die loop van die afgelope naweek is een man vermoor en ses ander mense wreed getraumatiseer in minstens vyf afsonderlike gewelddadige aanvalle.

In 'n mediavrystelling onder die opskrif "Swart November van Rou, Bloedige Desember, Volksmoord in Limpopo?," het Joubert alle veiligheidstrukture van die TLU SA Noord dringend opgeroep om te mobiliseer en om alle strukture op hoë gereedheidsgrondslag te plaas.

Hy het bekend gemaak dat die situasie per brief onder die aandag gebring is van die premier van Limpopo, die LUR vir veiligheid en sekuriteit, die LUR vir Landbou en die provinsiale kommissaris van die SAPD, komm. Galvin Sengani.

In die brief word 'n volledige lys verskaf van al die slagoffers van geweld en word die vraag gestel of die misdadigers nie dalk aangemoedig word deur die feit dat al meer ernstige geweldsmisdade ongestraf bly nie.

Hierdie artikel deur Frans van der Merwe het in die jongste uitgawe van die Limpopo Mirror en die Zoutpansberger verskyn.

10 Desember 2007

Oorsprong:Landbou.com
http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Nuus/0,,1294-1295_2236557,00.html

2 comments:

Ropheka said...

HAPPY NEW YEAR :)

Grim said...

Unbelievable reply to this article:
HAPPY NEW YEAR.

BUT THIS IS AFTER ALL WHAT EVERYTHING IS ABOUT. MAY YOU BE BLESSED AND HAVE A PROSPEROUS NEW YEAR WITH NO CRIME OR INJUSTICE AS THESE PEOPLE EXPERIENCED. ENJOY YOUR LIFE WHILST OTHERS SUFFER