Monday, 11 February 2008

Bejaardes loop onder rowermes deur - vir R30

Feb 10 2008 11:42:18:510PM - (SA)

Daleen van Manen

Sannieshof. - 'n Bejaarde vrou het gisteroggend haarself en haar man met pepersproei teen 'n gewapende rower probeer verdedig toe die man hulle in hul huis oorval het.

Mnr. Dawid Ras (83) en sy vrou, Sarie (78), is herhaaldelik met ’n mes in die hande en arms gesteek voordat die rower met ’n skamele R30 gevlug het.

Mnr. Ras het kort ná 08:00 vuil wasgoed na die waskamer buite die huis geneem en was op pad terug toe mev. Ras deur die kombuisvenster die gemaskerde rower agter haar man sien.

“Sy het pepersproei gegryp en die rower daarmee gespuit, maar sy gesigbedekking het gekeer dat die gas hom verblind,” het insp. Carina Fourie, polisiewoordvoerder, gesê.

Die rower het die egpaar by die huis ingedwing terwyl hy hulle gesteek en geld geëis het.

“Mev. Ras het net sowat R30 in haar beursie gehad. Die rower het die geld gegryp en gevlug.”

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2268025,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.