Tuesday, 26 February 2008

Bure sien hoe gewonde bejaarde by deur uitstrompel en inmekaarsak

Feb 26 2008 12:56:11:950AM - (SA)

Buks Viljoen

Greylingstad. – Nog ’n bejaarde is gister koelbloedig in Mpumalanga vermoor.

Die 65-jarige mev. Ria Gouws is in haar huis deur ’n gewapende man oorval en in die bors geskiet.

Bure van Gouws het die skoot in haar Mainstraat-huis gehoor klap en na buite gehardloop.

Hulle het gesien hoe die swaar gewonde Gouws by die voordeur van haar huis uitstrompel en sowat 2 m van die tuinhekke inmekaarsak.

Sy in kort daarna dood.

Volgens supt. Abie Khoabane, woordvoerder van die polisie in die provinsie, het die aanval op Gouws omstreeks gister 09:30 plaasgevind.

Die huis se voordeur het glo oopgestaan en die moordenaar het ingestap.

Die booswig het Gouws, wat alleen in die huis gewoon het, in die eetkamer verras.

Die skoot het haar in die bors getref en vermoedelik deur haar hart getrek.

Die moordenaar het gevlug sonder om enigiets te steel.

Die 27-jarige verdagte is sowat 40 min. later aangekeer waar hy skaars 500 m van Gouws se huis af onder ’n brug weggekruip het.

Die polisie het ’n 9 mm-pistool by hom gekry.

Khoabane sê hulle vermoed die wapen is vroeër in die naburige woonbuurt, Val, gesteel.

Intussen is mnr. Org Muller (76) wat Vrydagnag op Malalane deur rowers in die maag geskiet is, eergister teen 21:00 dood.

Muller, sy seun George en vriende was besig om saam met vriende rugby te kyk op hul plaas buite die dorp toe hulle deur vier rowers aangeval is.

Muller sr. kon daarin slaag om twee van die aanvallers te wond voordat hulle gevlug het.

Albei die gewonde rowers, wat Mosambiekers is, is later op die N4-deurpad naby Malalane aangekeer.

Muller, ’n diabeet, is in die Nelspruit Medi-Clinic behandel.

Sy toestand het Sondagmiddag skielik versleg.

Hy is in die waakeenheid dood.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2277362,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.