Monday, 18 February 2008

Musiekvideo verkla oor 'haatspraak teen wittes'

Feb 17 2008 08:45:58:343PM - (SA)

Sanri van Wyk

Die VF+ sal nie toelaat dat haatspraak en materiaal wat geweld teen minderheidsgroepe aanwakker, uitgesaai word nie.

Daarom, sê mnr. Wille Spies, VF+-LP, het hy namens die party ’n haatspraak-klag teen die musiekvideo Get out van die hiphop-kunstenaar Zubz (Ndabaningi Mabuye) by die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) ingedien.

Die lirieke beeld wit mense uit as die onderdrukker en moedig geweld teen die groep aan, hoewel aan die einde van die liedjie genoem word dat nie alle wittes rassiste is nie en dus nie gewelddadig teen alle wittes opgetree moet word nie.

Enkele lirieke – vrylik vertaal – lui: “Verstaan dat ek hierdie panga teen jou nek gaan druk. Vat vandag wat myne is en ek sal jou môre beroof. Dis terugbetaaltyd.

“Sê vir my mense hulle moet baklei. En sê vir die onderdrukker om weg te gaan.”

Die hip-hop-kunstenaar Zubz is in Zambië gebore, het in Zimbabwe grootgeword en hom later in Johannesburg gevestig.

Die musiekvideo van die liedjie, sê Spies, is Saterdag 12 Januarie net ná middernag op SABC 1 uitgesaai.

Mulder sê hy het die klag verlede Maandag by die UKKSA ingedien.

“Die rede hoekom ons ’n bietjie lank gewag het om die klag in te dien, was dat dit lank gevat het om die lirieke te transkribeer en die klag gereed te kry,” het Spies gesê.

Oor die rede waarom hy die klag ingedien het, sê Mulder: “Ons wil verhoed dat dié tipe uitlatings uitgesaai word.

“Ons kan dit nie bekostig in Suid-Afrika nie.

“Vryheid van spraak is belangrik, maar as dit geweld teen minderhede aanpor, gaan dit te ver,” het Mulder gesê.

Mulder sê die UKKSA het reeds ontvangs van die klagte erken en wag nou op die SAUK se reaksie.

Mnr. Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, sê daar is nie veel wat hy kan sê voordat die UKKSA-paneel die klagte aangehoor het nie.

“Dit is ’n saak vir die vervaardigers van die musiek,” het hy gesê.

Rapport het gister berig mnr. Collin Mokgaotsi, woordvoerder van Outrageous Records, het gesê Zubz wil nie kommentaar lewer voordat die UKKSA ’n uitspraak oor die klag gelewer het nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2272403,00.html

1 comment:

Anonymous said...

Artist: Zubz
Song: Get Out!

Tell the oppressor get out
And tell my people to fight
For real you need to watch out
Because you ...feel the gun blast (Machine gun sounds)
You know you really need to watch out
Because that condescending tone you drop when you talk to me could get your head blown serious
Don't mistake my kindness for weakness just like your forefathers

I'll blind you with *Heat quick (*Heat = Gun)
Understand I'm gonna get this panga to your neck
Take what is mine and I'll rob you tomorrow

Take my time'
It's payback
Tell my people to fight
and tell the oppressor get out
'cause I know my rights
You need to watch out
'cause we hate to fight

... like corner pit bulls you make us bite
The uninvited guest, we embraced him and placed ...
Now it's time to get out 'cause he violated
We gave him power and our people he annihilated
Give him the warning and grab the gun
Make sure that it's done right

There's no denying the past
But the future's in our hands right now in our grasp
Listen, they got the best of us before
Now it's time to turn the tables so we settle the score

It's for the brave living, the hate taken, the raped woman, the slave labour
The sustenance of every African is of true wealth on black man's land
There needs to be a precedent set
if freedom is ours, why is there no evidence yet?
If the majority vote, why so minority rule?
Why don't they teach knowledge in college and schools

I'll tell you why
It's about power held by the greedy and controlled by the cowards
well, I've got a message to all the fake jacks
power to the people, it's time we take it back
Tell the oppressor get out
tell my people fight
'cause I know my rights
it's not all white people that's racist,
and not all white people perpetuate the imbalance
so not all white people need to be addressed.