Mar 13 2008 10:52:58:313PM - (SA)
Dit is baie opmerklik dat die ras van die daders in rassevoorvalle, plaasmoorde, verkragtings, en so meer, selde genoem word in die geval van swart-op-wit-voorvalle, maar dat die ras baie pertinent uitgespel word wanneer dit ’n skaars wit-op-swart-geval is. Is hier sprake van selektiewe joernalistek of selfs anti-blanke rassisme?
’n Voorbeeld hier is die Kovsies-voorval, wat bloot op grond van die feit dat twee rasse betrokke is, onmiddellik in ’n rassevoorval ontaard het. Waarom is daar in hierdie geval onophoudelik gehamer op die feit dat blanke studente betrokke was? In gevalle van plaasaanvalle word daar egter nooit genoem dat die aanvalle deur swart persone op blankes gepleeg word nie?
Hoe werk dit dat ’n mens selfs die identiteit/ras van die polisiemanne moet raai? Dit plaas mos aspris verdraaide en verdagte statistieke op die tafel!
Ras is ’n realiteit. Om ras te ontken, maak geen sin nie, maar om altyd die ras te noem as blankes die “verdagtes” is, en nooit wanneer swartes die “verdagtes” is nie, is beslis nie langer aanvaarbaar nie.
Net so is swart-op-wit-rassisme lewend en dit woon in Bloemfontein. Natuurlik is daar ook wit-op-swart-rassisme, byvoorbeeld waar blankes teen hul sin ingedwing word tussen mense van totaal ander aard en kultuur, gewoontes en metodes. Ras is sigbaar en hoorbaar dwarsdeur die wêreld.
Waarom word dit deur die media ontken?
Daar is nie so iets soos ’n reënboog nie. Dit is in die laaste paar weke duidelik bewys. Hierdie gaan nooit een enkele volk word nie. In Indië bestaan daar ná 4 000 jaar steeds verskillende volke, ondanks intensiewe rassevermenging. Die verskille is nie verwyder deur almal te laat Engels praat nie.
Ras is identiteit. Weiering om rasse te erken is die ergste vorm van rassisme.
U word versoek om asseblief die ras van betrokkenes in voorvalle waaroor u rapporteer, pertinent in u koerant te noem.
Wolf Benjamin
Waverley, Bloemfontein
Oorsprong:Volksblad
http://www.news24.com/Die_Volksblad/Briewe/0,,5-89_2287953,00.html


























