Tuesday, 11 March 2008

Plaaswerker in hof ná 2 se dood

Mar 10 2008 09:53:36:400PM - (SA)

’n Plaaswerker wat beskuldig word dat hy sy werkgewer en dié se kleinseun vermoor het, het gister in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn.

Mnr. Isaac Masutu (24) staan tereg op twee aanklagte van moord en huisbraak.

Hy word daarvan verdink dat hy mnr. Hendrick Janse van Rensburg (82), ’n melkboer, en sy kleinseun, Dean Charles Woodraffe (17), verlede Donderdag vermoor het.

Hul lyke is Vrydag meters weg van die plaashuis gevind waar dit bedek was met grasse, bosse en blare.

Masutu is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Hy het Janse van Rensburg en Woodraffe glo in hul huis op die plaas Zusterstroom, buite Bronkhorstspruit, oorval, vermoor en beroof.

Verskeie gesteelde goedere is ook in Masutu se besit gevind.

Die saak is tot volgende week uitgestel wanneer Ma­sutu vermoedelik om borgtog sal aansoek doen. – Hilda Fourie

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2285524,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.