Friday, 14 March 2008

Vrou oorleef nadat rower haar met hamer oor die kop slaan

Me. Charlmarie Smit

Mar 13 2008 10:29:11:803PM - (SA)

Leané du Plessis

“Die geweld waarmee hy geslaan het, was nie om my stil te kry nie; hy wou my doodmaak.

“Hy het die hamer tot agter sy kop teruggetrek,” het me. Charlmarie Smit (22) eergister vertel ’n dag nadat ’n rower in die vroeë oggendure haar drie keer met ’n hamer oor die kop geslaan het.

Die rower is slegs met ’n selfoon weg, het Smit gesê.

Smit, wat saam met ’n vriendin in ’n tweeslaapkamer-woonstel in Sunninghill Gardens, Johannesburg, woon, het die betrokke oggend omstreeks 04:00 wakker geword van ’n geluid wat “soos ’n kat wat op die mat krap”, geklink het.

“Ek het rondgekyk, maar niks gesien nie. Toe sit ek regop en sien ’n man wat op die mat langs my bed rondkruip.”

Smit het begin skree, waarna die man opgespring en haar met die hamer begin slaan het.

“Ek kan steeds sy gesig voor my sien. Hy het so wreed gelyk.”

Toe die man agterkom sy gaan nie ophou skree nie, het hy haar mond toegedruk en haar beveel om stil te bly. “Hy het net gesê: ‘Cellphone! Laptop!’. Ek het gewys waar dit alles lê.”

Smit sê die volgende oomblik het die man ’n duvet oor haar kop getrek. Sy het verbete teruggeveg. “Ek was bang hy wou my versmoor,” het sy vertel.

Die man het weggehardloop, waarna Smit haar vriendin, wat in die kamer langsaan geslaap het, wakker gemaak het.

Smit is na die Netcare Sunninghill-hospitaal geneem, waar sy 20 steke op haar kop en voorkop gekry het.

Volgens Smit is dit haar geloof wat haar beskerm het.

“Ná die eerste hou het ek begin bid en gevra: ‘Here, asseblief, moenie dat iets verder met my gebeur nie.’ Die dokters kon nie glo hy het my só erg geslaan, maar ek het nie eintlik iets oorgekom nie,” het sy gesê.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2287914,00.html

1 comment:

Anonymous said...

It is very important fot the ANC that the world knows about the "crime" in South Africa.

It is important that for the ANC that nobody refers to the situation in South Africa as Genocide.

The motive is that the ANC can commit Genocide, whilst showing "clean hands". The ANC make use of criminals to do the dirty work, and in return they protect the criminals.

The public should stop complaining about crime, but they sould complain about the Genocide of the ANC. The entire world should be made aware of the Genocide of the ANC.

Nelson Mandela called for the Genocide of whites. The songs Mandela sing to kil whites is further proof that there is a drive by the ANC to commit Genocide.