Sunday, 6 April 2008

Boer (69) van Noordwes in slaapkamer vermoor

05/04/2008 20:14 - (SA)

Willem Pelser

Potchefstroom

’n Boer van Noordwes is gisteroggend in die vroeë oggendure tussen Potchefstroom en Ventersdorp deur plaasaanvallers vermoor.

Mnr. Pieter Heyneke (69) en ’n vriendin, me. Elsie Nortman (46), is op die plaas Witpoort deur vier aanvallers oorval terwyl hulle geslaap het.

Nortman het in ’n verklaring aan die polisie gesê sy het wakker geword toe sy voel daar is iemand bo-op haar wat haar vasdruk.

Toe sy wakker word, het sy gesien ’n tweede aanvaller is besig om Heyneke herhaaldelik met ’n mes te steek. Sy het ook gesien daar is twee ander aanvallers langs die bed in die slaapkamer.

Al vier die aanvallers het gevlug toe Heyneke regop kom. ’n Grootskeepse polisiesoektog is gister op tou gesit en met druktyd was die polisie besig om ’n verdagte te ondervra. Dit is nog nie bekend of hy positief met die aanval verbind kan word nie.

Heyneke se familie was gister te geskok om met die media te praat.

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2300720,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.