Sunday, 25 May 2008

Bejaarde tuis doodgeslaan

May 23 2008 10:09:35:130PM - (SA)

’n Bejaarde man van Samsonstraat in Brummeria, Pretoria, is gisteroggend om 02:00 deur drie aanvallers in sy huis doodgeslaan.

Mnr. Petrus Louwrens Weyers (76) en sy vrou het geslaap toe die rowers hul slaapkamervenster oopgebreek het om toegang tot die huis te kry.

Kapt. Philip Likoantsane, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers was met messe bewapen.

Volgens Likoantsane kan die polisie nog nie sê of Weyers aan sy beserings of aan ’n hartaanval dood is nie.

Hy het gesê die rowers het ná die aanval gevlug met ’n televisie, DVD-speler en Weyers se selfoon. Die polisie ondersoek die voorval. – Virginia Keppler

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2328214,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.