Sunday, 18 May 2008

Rowers verkrag ma, kind in huis

17/05/2008 20:12 - (SA)

Johan Eybers

’n Ma en haar dogter is gisteroggend in hul huis in Boksburg deur ’n bende rowers verkrag.

Die vier rowers het me. Marissa du Toit (59) in haar slaapkamer wakker gemaak.

Sy en haar dogter Karen (33) is daarna om die beurt amper ’n uur lank deur die gewapende mans verkrag en aangerand.

Hulle het toestemming gegee dat hul name bekend gemaak kan word.

Marissa sê toe sy wakker word, het die mans haar gegryp en haar hande en voete vasgebind. “Hulle was barbaars en onmenslik. Ek was aan hul genade oorgelaat en kon niks doen om hulle te keer nie. Die enigste gedagtes wat deur my kop gemaal het, was dat hulle my en Karen gaan vermoor.”

Die misdadigers het die huis daarna geplunder. Hulle het Karen met ’n mes gedwing om haar motor oop te sluit en daarin weggejaag.

Karen het gister geweier om in die huis te slaap.

Hulle wag nog op die uitslag van MIV-toetse wat gister gedoen is.

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2324398,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.