Wednesday, 11 June 2008

Bebloede man loop huis toe ná kaping

Jun 10 2008 07:29:41:310PM - (SA)

Linda de Beer

’n Rustenburgse man moes Sondag met bloeiende steekwonde huis toe loop nadat kapers hom bewusteloos langs ’n straathoek in dié dorp gelos het.

Mnr. Johannes Barnard is verskeie kere met ’n mes agterin die kop en in die linkerarm gesteek. Hy is omstreeks 16:30 op die hoek van Johnson- en Napoleonstraat deur twee kapers uit sy wit Toyota Conquest gepluk.

“Hulle het my met iets geslaan; ek weet nie wat dit was nie. Ek het seker so ’n halfuur later langs die pad wakker geword. Toe moet ek so vol bloed huis toe loop,” het Barnard, ’n diesel-en-brandstofwerktuigkundige, gister gesê.

Konst. Anikie Modiko, Rustenburgse polisiewoordvoerder, het gesê ’n gewapende roof en motorkaping word ondersoek. Die motor, ’n 1998-model, se registrasienommer is CNHT 950 TNW.

Oorsprong:beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2338259,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.