Saturday, 5 July 2008

Man weer in hof oor hy glo verkrag

Jul 04 2008 10:20:48:887PM - (SA)

Marietie Louw-Carstens


mlouw1@beeld.com

Polokwane (Pietersburg). – ’n Man sal vroeg volgende week weer hier in die landdroshof verskyn omdat hy glo ’n vrou (38) verkrag het terwyl haar twee kinders en huiswerker vasgebind was.

Die man en sy makker, nog soek, het vermoedelik toe by nog ’n huis ingebreek en ’n man doodgeskiet.

Die man, wat nog nie gepleit het nie, het al op aanklagte van verkragting en huisbraak verskyn.

Die voorval het sowat twee weke gelede plaasgevind toe die vrou se man uitstedig was. Die vrou se twee dogters (vier en sewe), en die gesin se huiswerker is tydens die aanval deur twee gewapende booswigte vasgebind wat vermoedelik diefwering by ’n venster oopgebreek het om in die huis in te kom. Die booswigte het met geld en juwele gevlug.

Die polisie vermoed dieselfde twee mans het daarna by mnr. Piet Venter (56) se huis in die nabygeleë McDonaldstraat ingebreek.

Venter is doodgeskiet tydens die huisrooftog. Sy vrou, Wilma (54), is in haar regterbeen geskiet. Venter wou die rowers in die motorhuis boender toe hulle op hom losgebrand het.

Enigiemand met inligting oor Venter se moord kan die Polo?kwane-polisie by 0 015 290 6620 bel.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2352347,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.