Thursday, 24 July 2008

Tuinier in hof oor moord

Die verdagte in die moord op 'n egpaar van Roodepoort en hul versorger het gister vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Mnr. Stephan Modise word daarvan aangekla dat hy op Werkersdag mnr. Douw Bijkersma (57), sy vrou, Hettie (57), en hul versorger, me. Elsje Wouda (40), vermoor het.

Modise, wat as tuinier vir die gesin gewerk het, het ook mev. Jopie Durieux (83), mev Bijkersma se ma, in die nek en buik gesteek, maar sy het oorleef. Landdros Delize Smith het die saak tot 26 Augustus uitgestel om te bepaal waar sy saak aangehoor gaan word.

Die saak gaan na verwagting in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word. - Amanda Tongha

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362987,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.