Wednesday, 16 July 2008

Vasgetrek agt jaar ná moord

Jul 15 2008 10:23:15:117PM - (SA)

’n Moordverdagte wat agt jaar lank gesoek is weens die moorde op ’n afgetrede polisieman en sy vrou van Cullinan, oos van Pretoria, is uiteindelik aangekeer.

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê dié verdagte is eergistermiddag in Mamelodi in die ooste van Pretoria gearresteer. Hy word tans by die Cullinan-polisiekantoor aangehou.

“Hy sal waarskynlik vandag in die Cullinan-landdroshof verskyn op aanklagte van moord,” het Jaftha gesê.

Die verdagte was glo deel van ’n groep van vier mans wat mnr. Douw Grobler (59) en sy vrou, Rika (58), op hul kleinhoewe in Cullinan op 11 Julie 2003 in hul slaapkamer oorval en in die kop geskiet het. Drie van die moordenaars is in Oktober 2003 in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Kenny Mokalapa (24) is tot 79 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord en Wonder Mosoane en Isaac Mokalapa is elk 65 jaar tronkstraf opgelê. – Virginia Keppler

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2358093,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.