Wednesday, 30 July 2008

Vrou (66) kritiek ná verkragting

Jul 29 2008 10:32:55:447PM - (SA)

Witbank. – ’n 66-jarige vrou van Nederland is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal nadat sy eergisteroggend deur inbrekers aangerand en verskeie kere verkrag is.

Sy is omstreeks 06:30 in haar huis hier oorval. Haar aanvallers het haar erg aangerand en vermoedelik met ’n voorwerp in die gesig en oor die kop geslaan.

Volgens kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, is ’n sitkamervenster by haar huis ’n week gelede deur booswigte uitgeslaan, wat gevlug het sonder om die huis binne te gaan. Die venster is herstel en dié keer versigtig deur die inbrekers uitgehaal.

Die vrou se toestand word as kritiek beskryf. Sy het ’n paar jaar gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis.

Sy is in die Life Health Cosmos-hospitaal se waakeenheid opgeneem en aan ’n asemhalingstoestel gekoppel. – Aletta Otto

Oorsporong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366438,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.