Sunday, 17 August 2008

Anti-blanke uitsprake kommerwekkend

Geskryf deur redakteur

Vrydag, 15 Augustus 2008

Die berigte oor anti-blanke uitsprake wat by die huidige parlementêre verhore oor die afskaffing van die Skerpioene gemaak word, is uiters kommerwekkend.

Die doeltreffendste manier om etniese onluste of selfs 'n volksmoord te ontketen, is vir een groep om 'n ander in die openbaar voor skares mense te beledig, te beskuldig of uit te kryt. Dit is egter presies wat besig is om tans by die Skerpioeneverhore te gebeur.

Die Afrikakontinent beskik reeds oor die twyfelagtige onderskeiding dat hy oor die afgelope twee dekades die meeste volksmoorde en voorvalle van massageweld voortgebring het. Suid-Afrika beskik boonop oor die hoogste moordsyfer in Afrika, naas Swaziland, en onwettige wapens is vrylik in omloop. 'n Lewe is in ons land minder as tien rand werd.

Om onder sulke omstandighede rassehaat of uitsprake wat daarop neerkom by byeenkomste toe te laat, is om met vuur te speel. Sonder om alarmisties te wees, behoort elke Afrikaner die nodige voorsorgmaatreëls te tref om te sorg dat hy sy gesin en gemeenskap in die geval van opgesweepte skares wat die vyandelike ras wil gaan aanval, sal kan verdedig.

Afrikaanse organisasies behoort ook die situasie fyn dop te hou, aangesien daar toenemende getuienis van rassehaat jeens blankes is. Internasionale organisasies en buitelandse ambassades behoort ook op hoogte gehou te word van sulke voorvalle waar rassehaat aangeblaas word.

Oorsprong:PRAAG
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2594&Itemid=403

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.