Saturday, 30 August 2008

Rowers skiet man toe hy sy vrou help

Aug 29 2008 09:52:52:150PM - (SA)

’n Man van ’n veiligheidskompleks in Equestria in die ooste van Pretoria is geskiet toe hy sy vrou, wat op vier rowers afgekom het, te hulp gesnel het.

Konst. Mabel Sibanda, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou het Woensdagaand omstreeks 21:00 haar hond uitgeneem toe dié begin blaf het.

“Daar was vier mans wat aan hul voertuig gepeuter het. Die vrou het hulle gekonfronteer waarna een van die rowers haar geklap het. Sy het geskreeu en teen die grond geval,” het Sibanda gesê.

Volgens Sibanda het mnr. Jones Henderson, haar man, na buite gehardloop om haar te help.

“Toe hy buite kom, het een van die rowers hom in die heup geskiet. ’n Ander rower het in die egpaar se huis gehardloop en ’n selfoon gesteel voordat al vier gevlug het.”

Sibanda het gesê Henderson is in die Wilgers-hospitaal opgeneem. – Virginia Keppler

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2385073,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.