Saturday, 23 August 2008

Waterwerker vir selfoon geskiet

Aug 22 2008 07:30:43:940PM - (SA)

’n Werknemer van Johannesburg Water is doodgeskiet terwyl hy besig was om in die Zandspruit-plakkerskamp in Honeydew, wes van Johannesburg, te werk.

Mnr. Baldwin Matsimela, woordvoerder van Johannesburg Water, het gister gesê die oorledene, mnr. Tienie du Plessis, en sy span het Donderdag omstreeks 07:30 die watertoevoer in die gebied herstel toe die aanval plaasgevind het.

’n Groep onbekende aanvallers het sy selfoon en ander persoonlike items gesteel en hom toe geskiet.

“Die aanvallers het die lewe geneem van ’n waardevolle en toege-wyde werknemer en iemand wat gehelp het om basiese dienste aan informele nedersettings oor die stad te verskaf,” het Matsimela gesê.

Du Plessis het die afgelope 30 jaar as voorman vir die water- en sanitasieverskaffer gewerk.

Matsimela het namens Johannesburg Water en die Johannesburgse stadsraad sy medelye met Du Plessis se familie betuig.

“Ons veroordeel hierdie soort misdade en beskou dit as onmenslik.” – Sapa

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/Home/0,,3-975,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.