Tuesday, 2 September 2008

22 Ellispark-toeskouers gaan in rassistiese aanvalle sterf

Daar is opnuut ‘n storm oor ‘n sogenaamde “rassistiese” aanval op Ellispark die pas afgelope Saterdag. Tydens die vermeende insident het drie blanke mans glo ‘n swart vrou beledig en haar arm agter haar rug vasgehou. Sover bekend is die vrou nie beseer nie.

Hierdie insident het onafwendbaar internasionaal oplae gemaak, en ons kan inderdaad vir die volgende paar dae verwag dat al wat ‘n linkse, pienke en liberaal is uit hulle gate gaan kruip, hulle klere gaan skeur en as op hulle hoofde gaan strooi. Dit is onafwendbaar dat die term “rassisme” telkens geopper gaan word in ‘n orgie van hoogheilige verontwaardiging.

SARU het reeds die insident veroordeel, en ‘n belonging van R10000 uitgevaardig om die vermeende aanvallers op te spoor. Oregan Hoskins, die hoof van SARU, het ‘n verklaring uitgereik wat die insident betreur.

Ek gun die mense hulle verontwaardiging. Dis ‘n baie, baie ernstige insident, nie waar nie? Die vrou is immers…uhm…beledig. Glo. Maande se post-traumatiese berading is haar voorland.

Waaroor ek wonder, is wat presies ‘n rassistiese aanval is. Was die vrou aangeval in die sin waaraan mens gewoonlik aan ‘n aanval dink, maw met fisieke geweld? Is sy beseer? Was sy by die distriksgeneesheer om haar wonde of letsels te laat ondersoek? Was daar enige getuies, of is dit bloot haar woord teen die vermeende aanvallers s'n? Is dit nie eerder crimen injuria as iemand verbaal "aangeval" word nie? Was Reitzhuis insgelyks ‘n rassistiese aanval? Is die sogenaamde slagoffers van Reitzhuis, wat toevallig vrywillig saamgewerk het, fisies beseer? Dis nie seker dat hetsy die Ellispark- of Reitzhuis-"aanvalle" met fisieke geweld gepaard gegaan het nie, maar is ‘n gewelddadige aanval oor rasgrense heen per definisie ‘n rassistiese aanval?

As bostaande die geval is, doen ek ‘n beroep op SARU om konsekwent te wees. Want sien, daar was 54000 toeskouers op Ellispark. Van daardie 54000 mense, gaan 22 nie daar wees om volgende jaar se Drienasies te aanskou nie. Statistieke toon dat hulle gaan dood wees. Vermoor. Deel van die 20000 jaarlikse moordslagoffers wat jaarliks die ewigheid in gehelp word deur misdadigers. Die meeste toeskouers op Ellispark was blank. Die 22 dooies gaan, met ‘n groot waarskynlikheid, deur mense van ‘n ander ras vermoor word.

‘n Swart vrou is glo beledig. ‘n R10000 beloning is uitgevaardig.

Twee-en-twintig blanke toeskouers wat Saterdag op Ellispark was, gaan hoogs waarskynlik deur mense van ander rasgroepe vermoor word in die volgende jaar. Gaan Oregan Hoskins en SARU ook so te velde trek teen hierdie aanvalle? Gaan SARU ook 'n beloning uitvaardig? Gaan ons daarvan in die internasionale pers lees? Nee. Nie een van ons is so naïef om dit te glo nie.

Die boodskap is duidelik. Die waardigheid van een swart vrou is meer werd as die lewens van 22 blankes.

Oorsprong:SAmizdat Blog (deur Anton Barnard)
http://afrikaansegeskrifte.blogspot.com/2008/09/22-ellispark-toeskouers-gaan-in.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.