Wednesday, 12 November 2008

Man bedwelm ná kapers hom inspuit

Nov 11 2008 05:59:35:287PM - (SA)

Dries Liebenberg

Durban. – ’n Man van Pietermaritzburg wat eergisteraand net gou winkel toe gery het, het nege uur later wakker geword – sowat 20 km van waar kapers hom by ’n verkeerslig oorval en met iets ingespuit het.

Mnr. Ivan Marx (23) het eergisteraand 20:00 vergeefs probeer wegjaag toe hy twee gewapende mans by ’n verkeerslig gewaar het, het sr. supt. Henry Budh-ram, polisiewoordvoerder, gesê.

Marx het agteruit probeer ry, maar ’n derde man het agter sy motor te voorskyn gekom en ook ’n vuurwapen op hom gerig. Volgens Budhram het een van die kapers aan die motor se passasierskant ingespring en Marx uitgeboender. Hy is daarna in die agterste sitplek gedwing waar twee mans hom aangehou het terwyl die derde kaper met die motor weggery het. Marx het sy bewussyn verloor toe hy in daardie stadium met ’n naald ingespuit is. – Dries Liebenberg

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2424660,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.