Saturday, 22 November 2008

Noordwester berig oor Coligny plaasmoord

Mnr Sias Stander wat wreed tydens die aanval op sy plaas vermoor is. Mnr Stander word more om 11:00 vanuit die NG Oos Gemeente Coligny begrawe.

Die drie vergagtes in die Stander-moord het Maandag 10 November in die Coligny Landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek tot 17 November. Hulle is Samuel Makgetla (26) van Garankuwa en voorheen van Coligny, Sergio Masibela (27) van Pretoria (van Mosambiekse afkoms) en Patrick Malebo (28). Die vierde verdagte Ernest Vilakazi (32) is deur mev Stander doodgeskiet, en is ook van Mosambiekse afkoms.

Oorsprong: Die Noordwester, Nov 14 2008

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.