Wednesday, 30 July 2008

Son killed, father critical after attack

Graeme Hosken

July 30 2008 at 08:10AM

A Pretoria man was shot in the head execution-style while trying to defend his parents from a gang of heavily armed robbers.

Twenty-six-year-old Andre Bam of Doornpoort was shot at point-blank range when he came running from his bedroom during the early hours of Tuesday morning after he was woken up by his parents' hysterical pleas for mercy.

The murder comes after Bam's mother and father, Veronica and Christiaan, recently moved to Pretoria from their Free State farm, apparently because of the crime situation there and to be closer to their children.

Neighbours on Tuesday told the Pretoria News that the couple, who are in their 50s, had moved to Pretoria because of safety concerns for themselves and their children.

The attack comes as police sources revealed that there had been an increase in the number of violent house robberies in the Doornpoort area during the past month.

The gunmen, who were armed with an assortment of handguns, broke into the family's Sand Vygie Street home through a window at about 2am and made their way to the main bedroom where Bam's parents were asleep.

It is believed that Veronica Bam was woken up and began screaming when she spotted the men standing over them.

Her husband, who woke up because of the screams, is believed to have pleaded with the gunmen to leave the family alone and take what they wanted.

He was shot four times and critically injured.

Information given to the Pretoria News indicates that the gunman who killed Andre, was waiting next to his bedroom door and shot him as he ran out to help his critically injured father and his mother.

It is not known how Veronica managed to escape after being shot by the gunmen, who fled empty handed moments after shooting her husband and son.

Neighbour Tania de Wet said she was asleep when a hysterical Veronica telephoned them pleading for help.

She said what had happened was horrible.

"Crime is out of control here. There does not seem to be an end to the attacks. They just carry on and on," she said.

A paramedic, who confirmed that Andre had died at the scene, said Christiaan was in a critical condition in Netcare Akasia Hospital.

Hospital spokesperson Ben Rood said Bam had undergone surgery and was in the intensive care unit.

"Although he is still in a critical condition, he is stable," he said.

Sinoville police station spokesperson Mirna Von Benecke said no arrests had been made and that nothing had been taken during the attack.

Anyone with information on the identity of the attackers can contact Sinoville police station detective branch at 012 543 0800.

This article was originally published on page 1 of Pretoria News on July 30, 2008

Source:IOL
http://www.int.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20080730055528857C162071

Gru-aanval: Verdagte in rug geskiet

Ncube by 'n vorige hofverskyning. Foto: Marietie Louw-Carstens

Jul 29 2008 10:33:34:900PM - (SA)

Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – Die Zimbabwiër wat verlede jaar ’n bejaarde egpaar van Mookgopong (Naboomspruit) glo erg aangerand het, is geskiet toe hy uit polisieaanhouding wou ontsnap.

Mnr. Brian Ncube (23) is drie weke gelede skrams in sy rug getref toe hy by die landdroshof in dié dorp wou ontsnap.

Ncube word verdink van die moord op mnr. Theuns Janse van Rensburg (72) en poging tot moord op mev. Hettie Janse van Rensburg (70), wie se vingerpunte aan haar linkerhand in die gru-aanval in Desember afgesny is.

Insp. George Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê Ncube het probeer ontsnap toe hy op 7 Julie ná ’n hofverskyning na die aangrensende polisiekantoor teruggelei is.

Ncube het glo van ’n voetboei ontslae geraak en probeer om oor ’n draadheining te spring. Hy het polisielede se waarskuwingskote verontagsaam en is raak geskiet.

Ledwaba het gesê Ncube is vir die wond behandel en is steeds in aanhouding by die polisiekantoor in dié dorp.

Ncube het vir Janse van Rensburg se tuindiensonderneming gewerk. Janse van Rensburg is herhaaldelik met ’n panga oor die kop en lyf geslaan.

Mev. Janse van Rensburg se vingertoppe is met ’n snoeiskêr afgesny.

Haar regterarm is ook so erg gebreek dat ’n been deur die vel gesteek het. Sy het ’n hele nag lank bloeiend in ’n badkamer van die huis in Sewende Straat weggekruip terwyl die aanvallers die huis geplunder het.

Die aanvallers het na bewering langs ’n beseerde, bewustelose mnr. Janse van Rensburg op die bed gelê en TV kyk.

Mnr. Janse van Rensburg het nooit ná die aanval sy bewussyn herwin nie en is later in die Unitas-hospitaal in Centurion dood.

Ncube en mnr. Tapi-swa Moyo (24), ook van Zimbabwe, is kort ná die aanval deur lede van die gemeenskap slegs ’n paar huise van die Janse van Rensburgs se huis aangekeer. Hulle het toe na bewering weer by ’n huis probeer inbreek.

Ncube het by sy eerste hofverskyning aan Beeld gesê mnr. Janse van Rensburg het hom seergemaak en sleg behandel.

Mev. Janse van Rensburg woon nou in ’n versorgingseenheid naby familie in die Kaap.

Sy was etlike weke lank in die hospitaal en sukkel steeds met die gebruik van haar linkerhand. Ncube en Moyo moet weer op 25 Augustus in die Mookgopong-landdroshof verskyn.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366314,00.html

Vrou (66) kritiek ná verkragting

Jul 29 2008 10:32:55:447PM - (SA)

Witbank. – ’n 66-jarige vrou van Nederland is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal nadat sy eergisteroggend deur inbrekers aangerand en verskeie kere verkrag is.

Sy is omstreeks 06:30 in haar huis hier oorval. Haar aanvallers het haar erg aangerand en vermoedelik met ’n voorwerp in die gesig en oor die kop geslaan.

Volgens kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, is ’n sitkamervenster by haar huis ’n week gelede deur booswigte uitgeslaan, wat gevlug het sonder om die huis binne te gaan. Die venster is herstel en dié keer versigtig deur die inbrekers uitgehaal.

Die vrou se toestand word as kritiek beskryf. Sy het ’n paar jaar gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis.

Sy is in die Life Health Cosmos-hospitaal se waakeenheid opgeneem en aan ’n asemhalingstoestel gekoppel. – Aletta Otto

Oorsporong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366438,00.html

Rugbyspeler sterf toe hy sy ouers glo te hulp snel

Raak geskiet: Mnr. Chris Bam (57).

Jul 29 2008 10:32:50:303PM - (SA)

Virginia Keppler

’n Pretorianer wat vir die Griffons se o.19- en o.21-rugbyspanne gespeel het, is tydens ’n mislukte rooftog in Pretoria in sy ouerhuis doodgeskiet.

Mnr. André Bam (26) het vermoedelik sy ouers te hulp gesnel.

Mnr. Chris Bam (57), sy pa en ’n bekende fietsryer en voormalige melkboer van Koppies in die Vrystaat, is drie keer raak geskiet.

Die voorval het in Doornpoort in die noorde van Pretoria plaasgevind.

Mev. Veronica Bam (54) het oor die foon vir haar buurman geskreeu: “Hulle val ons aan! Kom help!” nadat haar seun doodgeskiet en haar man raak geskiet is.

Die Bam-egpaar is gister om 02:10 in hul slaap oorval. Hulle het in Februarie na Pretoria verhuis om naby hul vier kinders te wees.

Die aanvallers het ’n venster aan die agterkant van hul huis gebreek en die diefwering oopgebuig.

Mnr. Raymond Harris (39), wat met die egpaar se oudste dogter, Adél (32), getroud is, het gesê sy skoonouers het wakker geskrik toe die aanvallers in hul kamer ingegaan het.

“Hulle het my skoonpa met die vuis geslaan terwyl hy in die bed gelê het. Hy het vir hulle gesê: ‘Moenie skiet nie, moenie skiet nie. Vat alles wat julle wil hê’.”

Volgens Harris het sy skoonpa probeer opstaan toe die aanvallers hom skiet. “Hulle het hom in die linkerbobeen, heup en lies geskiet. My skoonpa het toe net op die bed gaan sit terwyl hulle flitsligte in sy oë geflits het. Daar was niks wat hy kon doen nie.”

Harris het vertel Bam jr. het wakker geskrik van die skote. “Hy slaap in die kamer reg langs sy ouers en toe hy hardloop om waarskynlik te gaan help, het hulle hom ’n kopwond toegedien.”

Bam jr. is op die toneel dood. Sy pa is kort daarna in die Akasia-hospitaal in Pretoria opgeneem, waar hy gister ’n operasie ondergaan het.

Mnr. Herbie de Wet, die egpaar se buurman, het gesê net ná die voorval het mev. Bam hom gebel.

“Ek het dadelik gereageer en oor hul muur gespring om toegang tot hul erf te kry, maar die aanvallers was reeds weg.

“Die tannie was vreeslik geskok. Om te dink hulle het niks gesteel nie, nie eens ’n teelepel nie, maar nou is iemand dood,” het De Wet gesê.

Harris het gesê die aanvallers wou sy skoonouers se motor steel, “maar ek dink hul planne het só skeefgeloop dat hulle net so moes vlug”.

Bam sr. het Noord-Vrystaatse kleure in fietsry verwerf.

“My skoonpa het moeg geword om te boer en het sy boerdery verkoop. Hy het ook gesê die Vrystaat is nou op sy oudag vir hom te koud.”

Me. Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Begrafnisreëlings is nog nie vir Bam jr. getref nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366451,00.html

Ex-rugby player shot dead

30/07/2008 10:03 - (SA)

Virginia Keppler, Beeld

Pretoria - A former Griffons rugby player has been shot dead during a failed robbery at his parents' home in Pretoria.

André Bam, 26, presumably rushed to help his parents.

He and his father Chris, originally of Koppies in the Free State, were shot three times at a house in Doornpoort in Pretoria North.

Chris and his wife Veronica, 54, were attacked at about 02:10 on Tuesday morning, while they were sleeping.

'They're attacking us!'

Veronica shouted over the phone to her neighbour, "They're attacking us! Come and help!" after her son and husband were shot.

The couple moved to Pretoria in February to be close to their four children.

The robbers broke a window at the back of the house and bent open the burglar bars.

Raymond Harris, 39, who is married to Chris and Veronica's daughter Adél, 32, said his parents-in-law woke with a fright when the attackers entered their room.

"They punched my father-in-law while he lay sleeping in bed. He said to them, 'Don't shoot! Don't Shoot! Take whatever you want.'"

Raymond said Chris was trying to get up when the robbers shot him.

"They shot him in the left thigh, hip and groin. My father-in-law then just sat down on the bed while they flashed torch lights into his eyes. There was nothing he could do."

Raymond said that André woke from the shots.

"He sleeps in the room right next to his parents' and when he ran, probably to help them, they shot him in the head."

André died in the house. Chris was admitted to Acacia Hospital in Pretoria where he underwent surgery on Tuesday.

'They didn't steal anything'

The Bam's neighbour Herbie de Wet said that Veronica had phoned him shortly after the shooting.

"I reacted immediately and jumped over their wall to gain access to their property but the robbers were already gone.

"The tannie was terribly shocked. To think that they didn't steal anything, not even a teaspoon, but now someone is dead," Herbie said.

Raymond said the robbers had wanted to steal the Bam's car "but I think the robbery went so wrong that they had to flee just like that".

Police spokesperson Mirna von Benecke said the police are investigating the incident and that no one has been arrested yet.

Funeral arrangements have not yet been made for André.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2366530,00.html

Tuesday, 29 July 2008

Man sterf ná rooftog op plaas by Nelspruit

Jul 28 2008 10:56:47:737PM - (SA)

Buks Viljoen

Mnr. Charles du Plessis (62), wat voorverlede Vrydag tydens ’n aanval op sy plaas buite Nelspruit in die maag gewond is, is dood.

Du Plessis, van Sterkspruit, is gewond pas nadat hy en sy vrou, Marietjie, die aand van hul huweliksherdenkingsete in Nelspruit by die huis aangekom het.

Sedert die aanval is Du Plessis, wat jare lank voorsitter van die plaaslike tak van AgriSA in die Laeveld was, in die waaksaal van Nelspruit Medi-Clinic behandel. Hy het nooit sy bewussyn herwin nie.

Sy toestand het die afgelope paar dae dramaties versleg en hy moes later aan lewensondersteunende toestelle gekoppel word.

Volgens ’n vriend van die gesin, mnr. Gerhard de Bruin, is die masjiene Sondagmiddag afgeskakel waarna hy dood is.

Die Du Plessis’s se twee Mitsubishi-voertuie, ’n Pajero en ’n Colt-bakkie, is in die rooftog gebuit.

Die voertuie is die volgende dag naby Malelane in die Onderberg ontdek waar dit in bosse langs die N4 versteek was.

Supt. Gerrie Agenbag, bevelvoerder van die speurtak op Nelspruit, het gesê hulle volg steeds verskeie leidrade op, maar dat nog geen verdagtes aangekeer is nie. Begrafnisreëlings was gister nog nie gefinaliseer nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365760,00.html

'Klik'...maar g'n doodskoot

Mnr. Hans Coetzee wys een van die drie skietwonde wat hy opgedoen het.

Jul 28 2008 10:56:39:160PM - (SA)

Buks Viljoen

Klik!

Dis al wat mnr. Hans Coetzee (53) eergisteroggend gehoor het toe ’n rower wydsbeen bo-oor hom gestaan, ’n 9 mm-pistool op hom gerig en die sneller getrek het.

Ten spyte daarvan dat dieselfde rower hom oomblikke vantevore drie keer geskiet het, het dié skoot nie afgegaan nie.

Minute later is Coetzee se 57-jarige broer, Frik – ’n oudpolisieoffisier van Phalaborwa – dood toe hy twee keer met dieselfde pistool in die bors geskiet is.

“Die Here is aan my kant,” het Coetzee jr., wat twee weke gelede ’n ernstige motorongeluk oorleef het, gister uit sy hospitaalbed in die Barberton Medi-Clinic aan Beeld gesê.

Die Coetzee-broers werk albei op die groenteplaas Ayerton, Barberton, van mnr. Blikkies Blignaut.

Frik het sedert Januarie, toe hy as afleweringsbestuurder daar begin werk het, in die woonwapark op Barberton gebly.

“Ons het elke Sondag by my huis gebraai,” sê Hans, wat die afgelope 18 maande as plaasbestuurder op Ayerton werk. Die twee broers is omstreeks 10:00 na die lande om groente te gaan pluk.

By hul terugkeer het hulle gesien daar is by die huis ingebreek.

“Toe ek na die gastebadkamer loop, het ek die twee gemaskerde rowers in ’n inloop-linnekas gekry waar hulle wegkruip,” vertel Hans.

Een rower was met ’n 12-boor-haelgeweer gewapen.

Dis vermoedelik dieselfde haelgeweer wat drie weke gelede tydens ’n inbraak uit Hans se huis gesteel is.

“Toe hy die geweer oplig, het ek die loop weggeklap. ’n Skoot het in die badkamer se plafon vasgeslaan.”

Hy en die ander rower, wat ’n pistool gehad het, het begin stoei. In die proses is die pistool verskeie kere gevuur. Hans is drie keer in die sy getref.

“Ek het vir Frik geskree om te vlug, maar hy het in die gang afgehardloop om my te kom help.”

Die rower het twee skote met die pistool geskiet en hom in die bors getref.

“Hy is op slag dood. Hy het net op sy rug in die gangdeur gelê,” het Hans gesê. Die rowers het gevlug sonder dat iets gesteel is.

Frik se seun, Nelius, werk in die DRK en kom vandag hier aan.

Hy laat ook twee dogters, Dianna en Talita, agter.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365776,00.html

Rowers oorval gaste by verjaardagpartytjie

Dr. Wayne Truter (32) lê in pyn in die Pretoria-Oos-hospitaal nadat hy deur rowers aangerand is. Foto: Leon Botha

Jul 28 2008 10:56:37:737PM - (SA)

Virginia Keppler

’n Motorwag is gewond en ’n dosent van Tukkies erg aangerand toe minstens ses gewapende rowers die naweek op ’n verjaardagpartytjie in Faerie Glen in die ooste van Pretoria toegeslaan het.

’n Rower het ’n vuurwapen op ’n dansende dr. Wayne Truter (32) gerig en die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie.

Truter en sowat 15 gaste het Saterdagoggend omstreeks 02:30 die 30ste verjaardag van sy verloofde, me. Minandi Mostert, gevier toe die rowers hulle oorval het.

Truter (32), ’n dosent aan die Universiteit van Pretoria (UP) se departement plantproduksie, is in die aanval erg aangerand en byna doodgeskiet. “Een van hulle het sy vuurwapen op my gerig en die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie. Ek was baie gelukkig,” het Truter gister gesê.

Volgens Truter het hy en nog vyf mense gedans toe ’n rower met ’n vuurwapen die motorhuis ingestap en ’n wapen op hulle gerig het. “Toe ek dit sien, het ek onmiddellik ge-hands up. Dit was soos ’n cowboy-fliek.”

Hy het uit die motorhuis na die huis gehardloop om sy sleutels – met die noodknoppie daaraan – te kry.

Intussen het ander rowers sy verloofde en die res van die gaste gedwing om op die stoep te lê. “Ek het weer uitgehardloop en wou agter in die erf deur die tuin na die bure vlug om hulp te kry, toe drie van die rowers my gegryp en tot agter in die erf sleep.

“Hulle het my aangerand, in my maag waar ek onlangs ’n breukoperasie gehad het, geskop en my met ’n baksteen of pyp teen die linkerbeen geslaan. Ek het geval en toe het die een my probeer skiet.”

Die skoot het nie afgegaan nie, waarna die rowers oor die muur gespring en gevlug het. Hy het toe besef sy been is ernstig beseer en dat die motorwag in die arm geskiet is. Truter en die wag is in die Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem, waarna die wag na die Pretoriase Akademiese Hospitaal oorgeplaas is. Die wag is gehuur om die gaste se motors op te pas. Die wag, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is in ’n stabiele toestand.

Mostert het gister gesê sy hou nie weer partytjie by die huis nie.

“Dit is te gevaarlik. Volgende jaar gaan ons Spur toe.”

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek klagte van poging tot moord, gewapende roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365779,00.html

Robbers attack partygoers

29/07/2008 08:09 - (SA)

Virginia Keppler, Beeld

Pretoria - A car guard was shot and an academic was viciously assaulted when at least six armed men attacked a house in Faerie Glen in eastern Pretoria during a birthday party over the weekend.

An attacker pointed a gun at Wayne Truter, 32, and pulled the trigger, but the shot didn't go off.

"I was very lucky," Truter said on Monday from his bed in Pretoria East Hospital.

He and about 15 other guests were celebrating his fiancée Minandi Mostert's 30th birthday when they were attacked.

Truter, who is a lecturer in the Department of Plant Production and Soil Science at the University of Pretoria (UP), was assaulted during the attack.

'It was like a cowboy movie'

Truter said he and five others were dancing when an armed attacker walked in and aimed the gun at them.

"When I saw it, I immediately raised my hands. It was like a cowboy movie."

Truter ran from the garage to the house to get his panic button.

The other attackers forced Mostert and the other guests to lie down on the veranda.

"I ran out again and wanted to flee from the bottom of the garden to the neighbours to get help, but three of the robbers grabbed me and dragged me to a dark place at the back of the property.

"They assaulted me, the kicked me in the stomach, where I had recently had a hernia operation, and hit me on my left leg with a brick or a pipe.

"I fell and then one of them tried to shoot me."

When the shot did not go off, the attackers jumped over the wall and fled.

He then realised that he was seriously injured and that the car guard had been shot in the arm.

Truter and the guard were both admitted to Pretoria East Hospital and the guard was later transferred to Pretoria Academic Hospital.

Guard in stable condition

Truter said they had hired the guard to look after the guests' vehicles for the evening.

The guard, whose name was not made known, is in a stable condition.

Mostert said on Monday that she would not have another party at home.

"It's too dangerous. Next year we're going to the Spur."

Police spokesperson Colette Weilbach said the police were investigating charges of attempted murder, armed robbery and assault with intent to do grievous bodily harm.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2365853,00.html

'Click' but no shot

29/07/2008 09:36 - (SA)

Buks Viljoen, Beeld

Barberton - "Click."

That was all Hans Coetzee, 53, heard as a man stood over him, pointed a 9mm pistol at him, and pulled the trigger.

The attacker had already shot him three times, but this time the gun did not go off.

Minutes later Coetzee's 57-year-old brother Frik, a former Phalaborwa police officer, died after being shot twice in the chest with the same pistol.

"The Lord is on my side," said Coetzee from his bed in Barberton Medi-Clinic. He also survived a serious motorcycle accident two weeks ago.

The two brothers worked on a vegetable farm in Barberton, which belongs to Blikkies Blignaut.

Frik had lived in the local caravan park since January, when he started working on the farm as delivery manager.

"We had a braai at my house every Sunday," said Hans, who has been working as the farm manger for the past 18 months.

Break-in

The two brothers went to the fields to pick vegetables at about 10:00 on Sunday morning. When they returned, they saw there had been a break-in at the house.

"When I walked to the guest bathroom, I found two masked men hiding in the walk-in linen cupboard," Hans said.

One of the men was armed with a 12-gauge shotgun, presumably the same gun that was stolen from Hans's house in a robbery three weeks ago.

"When he lifted the gun, I smacked away the barrel. A shot went off and went into the bathroom ceiling."

Hans and the other man, who had a pistol, began fighting. The pistol was fired several times during their struggle.

Hans was shot three times in his side.

Brother came to help him

"I shouted to Frik to flee but he ran down the passage to come and help me."

The man fired two shots with the pistol and the bullets hit Frik in the chest.

"He died instantly. He just lay on his back in the doorway," Hans said, still in shock.

The attackers fled without stealing anything.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2365787,00.html

Monday, 28 July 2008

'Die kamer was vol bloed soos hulle my ma geslaan het'

Me. Elsje Mulder (76) in die hospitaal. Foto: Elsabe Coetzee

Marietie Louw-Carstens

Polokwane. –’n Bejaarde vrou van Levubu in Limpopo is ernstig beseer toe drie rowers haar in haar plaashuis oorval, vasgebind en herhaaldelik oor die kop en in die gesig geslaan het.

Me. Elsje Mulder (76) se aanvallers het ook op haar getrap waar sy vasgebind op die mat in haar slaapkamer gelê het.

Mulder het eers etlike ure nadat sy vasgebind is, daarin geslaag om haar seun, Johan, wat naby haar woon, te bel.

Mulder is gisteroggend uit die Soutpansberg-kliniek ontslaan ná die gru-aanval verlede Donderdagaand.

Sy was gister nog op sterk pynmedikasie en sterk aan by haar dogter, me. Elsabé Coetzee, wat ook op ’n plaas in die Levubu-gebied woon.

“Die kamer was vol bloed soos hulle my ma geslaan het,” het Coetzee gesê. “Dit is verskriklik.” Hulle vermoed haar ma het in ’n stadium haar bewussyn verloor.

Die aanval het Donderdagaand plaasgevind. Mulder het haar honde buite die huis hoor blaf en het ’n houtdeur vir hulle oopgemaak.

“My ma het toe ook die staalhek voor die houtdeur oopgemaak. Dit is toe dat sy die drie rowers gesien het. Hulle was te vinnig op haar voordat sy die staalhek kon toedruk,” het Coetzee gesê.

Die drie mans het Mulder na haar slaapkamer gevat en haar hande met ’n stuk rek vasgebind. Sy het op die mat gelê.

Die rowers het haar toe aangerand en daarna die huis geplunder. Hulle het met Mulder se bankkaarte, ’n selfoon en kontant gevlug.

Mulder het eers omstreeks 02:00 die oggend kombuis toe gestrompel en met ’n gesukkel ’n mes gekry om haar hande mee los te sny. Sy het daarna haar seun gebel en is na die hospitaal geneem.

Die polisie het intussen vyf verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365133,00.html

Sunday, 27 July 2008

Van 55 plase tot breë streekverval

Mnr. Kobie Cronjé is een van die 55 boere van die Levubu-vallei wat hul grond aan die regering verkoop het. (Foto: Doug Lee)

26/07/2008 21:44 - (SA)

Willem Pelser

Levubu (Limpopo)

In Levubu kan jy nie met afstandbeheer in die plaashuis sit en boer nie.

Só sê die mense wat dié stuk vrugbare aarde oos van Louis Trichardt ken.

Híér moet jy intensief boer. Jy moet dag en nag by jou plaas wees.

Maar toe die regering 55 plase hier kom oorvat het, het hulle dit anders gedoen. Hulle het meer as 50 boere vervang deur minder as 10 plaasbestuurders wat partykeer tot twee weke lank nie op elke plaas uitkom nie.

Die titelaktes van die plase is nie aan die grondeisers oorgedra nie. Hulle het net die vruggebruik.

En die gevolg is rampspoed vir die hele streek.

Produksie het in twee jaar drasties gedaal. Minstens 1 000 plaaswerkers het reeds hul werk verloor.

En die boere sê die gebied begin nou éérs die negatiewe ekonomiese uitwerking voel. Die rede is dat die boere wat weg is, en hul familielede, werkskeppers was, terwyl diegene wat die plase oorgeneem het dit nie is nie, sê mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die TLU se Soutpansbergdistrik-landbou-unie.

Die eiendomsmark, en veral die huurmark, het in duie gestort en meer as een sakeonderneming moes al sluit omdat die koopkrag van die distrik aansienlik afgeneem het.

Dit sluit in ’n groot vervoermaatskappy wat vars produkte vervoer het en ’n algemene handelaar.

Saam met die ekonomiese agteruitgang het maatskaplike verval gekom, sê Hoffman.

Die NG kerk se hulpverlening aan behoeftige gemeentelede moes in ’n paar maande vyfvoudig verhoog word, sê die voorsitter van die NG kerk Levubu se finansiëledienste-kommissie, mnr. Lionel Hartman.

Die dalende produksie het reeds begin om groente en vrugtepryse in veral Gauteng te beïnvloed.

“Agt jaar gelede het ons vallei R500 miljoen se produkte gelewer. Tot tien vragmotors wat 30 ton kan dra was elke week nodig om die produkte hier weg te ry markte toe,” sê Hoffman.

“Nou kan ons nie eens twee sulke vragmotors in ’n week vol laai nie,” sê hy.

Hartman is hoofbestuurder van die Mopani-pakhuis, waarin boere se oeste gepak word. Hy sê die avokadoproduksie het van 230 000 kissies per jaar tot 160 000 gedaal. Verlede jaar, sê Hartman, het van die nuwe boere R1 miljoen se inkomste uit advokado’s verloor omdat hulle die oes te laat gepluk het.

Die lietsjie-oes is 38% minder sedert die 55 boere weg is, volgens ’n omvattende verslag van mnr. Piet Muller, ’n landbou-ekonoom van die gebied.

Volgens die verslag is 400 ton makadamia-neute verlede jaar by fabrieke weggewys weens probleme met die gehalte. Die neute is deur vragmotors in riviere en spruite in die omgewing gestort.

Mnr. Herman de Jager van die Levubu-boerevereniging het verlede jaar skade van R400 000 gely weens peste en plae wat van sy buurplaas af oorgewaai het omdat sy nuwe buurman nie onkruiddoder gespuit het nie.

Die meeste van die plase wat aan grondhervormig afgestaan is, word nou deur South African Farm Management (SAFM), ’n maatskappy van Tzaneen, bestuur.

SAFM gebruik baie minder mannekrag op bestuursvlak en op grondvlak as wat die boere gebruik het, en dit is moeilikheid soek, sê boere van die distrik.

Volgens Muller se verslag gebruik die nuwe boere een plaaswerker op sowat 8 tot 10 ha terwyl die boere wat weg is, een werker op elke 2 ha ingespan het.

Hy het uitgewerk dat “konserwatief bereken” minstens 1 000 plaaswerkers nou al hul werk verloor het nadat die 55 kommersiële boere weg is.

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2364797,00.html

Thursday, 24 July 2008

Stryd in sel om oorlewing

Jul 23 2008 10:27:36:783PM - (SA)

Linda de Beer

’n Jaguitstappie het in ’n nagmerrie ontaard vir ’n oudpolisieman toe hy weens crimen injuria ’n naweek lank in ’n vol sel aangehou is met mense wat hom aangerand het en wou verkrag.

Mnr. Sakkie van der Mescht (37) van Rustenburg, Noordwes, is na bewering herhaaldelik in die selle aangerand. Hy beweer hy is onder meer met ’n mes en nog ’n skerp voorwerp in die kop gesteek. Sy selmaats het hom ook probeer verkrag, maar hy het met al sy krag baklei om dié vernedering vry te spring.

’n Mes is wel teen sy geslagsdele gehou, terwyl sy medegevangenes gedreig het om dit af te sny. Hy moes hierna lank kaal op die koue selvloer sit voordat sy klere aan hom teruggegee is, het Van der Mescht Maandag gesê.

Dié pa van twee het die hele naweek niks geëet of gedrink nie. Sy selmaats het glo geëjakuleer in die water wat hom aangebied is. Hy beweer die polisie het net een keer soggens en een keer saans selbesoek gedoen.

Sedert dié ondervinding einde Junie hou nagmerries Van der Mescht uit die slaap. Mnr. Carl Arnold, sy prokureur, het gesê hulle wag op die uitslag van toetse vir MIV en ander seksueel oordraagbare siektes weens die vuil mes wat op hom gebruik is.

Van der Mescht was op 27 Junie deel van ’n geselskap wat in die Madikwe-trustgebied gejag het. Hy was by hul kamp toe twee medejagters in ’n bakkie deur die polisie voorgekeer is. Hulle kon glo nie die wapenlisensie toon van ’n ander jagter wie se wapen by hulle in die bakkie was nie.

Ná ’n onderneming dat iemand vir hulle die lisensie sou gaan toon, is die polisie daar weg sonder enige optrede.

Arnold het gesê Van der Mescht het met dié jagter se lisensie en ID agter die polisie aangery, maar hulle het hom herhaaldelik geïgnoreer as hy dit aan hulle wou toon,” het Arnold gesê.

Van der Mescht was tot Maart die polisie se aangewese vuurwapenbeampte in Rustenburg. Hy werk tans as veiligheidsbestuurder vir ’n hotelgroep.

Op ’n plek waar ’n paar polisievoertuie langs die pad gestaan het, het Van der Mescht en die bestuurder van die bakkie waarin hy gery het, stilgehou. Van die polisiemanne het glo op Van der Mescht afgestorm. Die bakkiedeur is oopgeruk en hy is aan die arm geruk. Van der Mescht sê hy het sy misnoeë hiermee te kenne gegee. Hy is hierop summier agter in ’n vangwa gegooi. Daar is glo langer as ’n uur met hom rondgery voordat hy na die Madikwe-polisiestasie geneem is. “Ek is weens crimen injuria en intimidasie gearresteer.”

Van der Mescht se vrou is die Saterdag glo by die polisiestasie weggejaag toe sy haar man wou besoek. Sy is na bewering ook met arrestasie gedreig.

Op 30 Junie het Van der Mescht in die Madikwe-landdroshof skuld beken op ’n aanklag van crimen injuria nadat hy glo met nóg sewe dae in die selle gedreig is. Arnold het gesê hulle is besig om teen dié skuldigbevinding te appelleer.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het by navraag gesê Van der Mescht het die polisieman glo gedreig en gevloek toe hulle langs mekaar gery het. Sy het gesê hy is na ’n plaaslike kliniek geneem sodat sy wonde behandel kon word.

Die polisie ontken dat hulle sy vrou weggehou het en beweer daar is elke uur selbesoek gedoen. ’n Vraag van Beeld oor hoe ’n skerp voorwerp in die selle was, is nie deur Botma beantwoord nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362943,00.html

‘Julle ryk mense betaal ons dan net R50’

Mnr. Gert Strydom van Krugersdorp aan die Wes-Rand wys die wond aan sy linkersy, ná hy deur lede van die N14-hoofwegbende naby Diepsloot aangeval is. Foto: Amanda Roestoff

Jul 23 2008 10:27:41:770PM - (SA)

Amanda Roestoff

’n Motoris van Krugersdorp aan die Wes-Rand is eergister naby Diepsloot, noord van Johannesburg, op die N14-hoofweg gewond en ontvoer deur ’n bende wat vermoedelik padversperrings in die pad aangebring het.

“Julle ryk mense gee vir ons werk en betaal ons dan net R50,” het ’n rower mnr. Gert Strydom (46), ’n bedryfsbestuurder, later in Engels toegesnou.

Strydom is deur sy aanvallers gevloek en summier geskiet, nadat hy langs dié hoofweg stilgehou het om die skade aan sy motor te bepaal nadat hy iets in die pad getref het.

Beeld het vroeër vandeesmaand berig oor twee bendes wat op dié hoofroete tussen Pretoria en Krugersdorp aan die Wes-Rand padversperrings met onder meer motorbande maak. Motoriste word dan beroof wanneer hulle stilhou en die skade bekyk of nie verder kan ry nie omdat hul motors te erg beskadig is.

Strydom het Maandag omstreeks 04:15 met sy Mercedes-Benz C320 CDI van sy huis na Steelpoort in Mpumalanga vertrek om werk by ’n aanleg te gaan doen.

Hy het enkele oomblikke later naby die Jukskeirivier “iets in die pad” raak gery, “ ’n geluid en vibrasie” gehoor en uitgeswaai, toe hy ’n motorbuffer in die pad sien lê.

Toe hy uitklim om die motorskade te bepaal het twee mans skielik met vuurwapens verskyn.

“Hulle het op my begin skree en vloek,” het Strydom vertel.

Die voorste aanvaller het hom in die linkersy geskiet. Die koeël is agter by sy rug, bo sy heup, uit. Strydom het die een rower uit die pad gestamp en in die rigting van die veld gehardloop, toe die ander rower sy enkel van agter vasgegryp en hy gestruikel het.

Een van sy aanvallers het ’n vuurwapen teen sy kop gedruk en sy selfoon en trouring gevat, terwyl die ander sy motor deurgesoek het.

Sy hande is met breë kleefband vasgebind en hy is in die agterste sitplek ingedwing. Hulle het met hom weggery.

Dit is toe dat een kla oor “die ryk mense”.

“Toe ons langs die R511 ry, het ek net vir die Here begin bid en gevra hy moet my beskerm en deur dié beproewing lei,” vertel Strydom.

Die mans het hom met ’n pistool teen die kop gedwing om sy bankkaart se PIN-kode vir hulle te gee. Hulle het by ’n winkelsentrum in Fourways, noord van Johannesburg R2 000 uit sy rekening getrek. Die rowers het reisbagasie uit sy motor verwyder en hom in die kattebak gedwing. Hulle het êrens stilgehou en nog twee makkers opgelaai terwyl Strydom “heeltyd bloed teen sy rug kon voel afloop” en hy sy hande begin loswikkel het.

Sowat 2 km van waar hy gekaap is, het sy aanvallers stilgehou en hul twee makkers weer afgelaai.

Strydom is uit die kattebak bevry en gesê dat hy voor in sy motor mag inklim.

Hy het dadelik huis toe gejaag om hulp te kry.

Mev. Heila Strydom (47), ’n onderwyseres van die Wes-Randse skool op dié dorp, het hom na die noodgevalle-afdeling van die Netcare Krugersdorp- private hospitaal gehaas.

“X-strale is geneem en die koeël het gelukkig nie enige organe of beendere beskadig nie.”

Hy is later dieselfde middag geopereer om gebrande weefsel te verwyder, die wond skoon te maak en met sewe steke te heg.

“Mense moet versigtig wees; ek is met die domste trick in die boek gevang,” het hy ná die voorval gesê.

“Ek is nie negatief oor dié land nie.

“Ek is bly ek het gespaar gebly om oor die Here se beskermende Hand oor my lewe te kan getuig.”

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362941,00.html

Ma, seun eis van staat

Jul 23 2008 11:00:13:897PM - (SA)

Jeanne-Marié Versluis

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ’n regsplig gehad om mnr. Jan Andries Botha (57), wat dood is nadat hy by sy kantoor op die destydse Johannesburgse Internasionale Lughawe geskiet is, te beskerm teen geweldsmisdade wat mag voortspruit uit die gebruik van vuurwapens.

Só word gesê in die hofstukke van Botha se weduwee, Rucille (56), en haar seun, Ruan (24), in die Pretoriase hooggeregshof.

Mev. Botha en haar seun, albei van Beyerspark, Boksburg, doen weens haar man se dood aansoek om summiere vonnis teen die minister van veiligheid en sekuriteit van bykans R1,2 miljoen plus rente.

Hulle doen aansoek om summiere vonnis omdat die minister nie verdediging aangeteken het nie nadat die Bothas se dagvaarding op 29 April vanjaar op hom beteken is. Die ma en seun sê hulle was albei van die oorledene afhanklik vir hul onderhoud.

Luidens hofstukke is mnr. Botha sr., wat ’n bestuurder van Express Air Services was, op 9 September 2005 doodgeskiet deur mnr. Justice Baloyi (29), ’n werknemer van dié onderneming.

Baloyi het glo op 31 Augustus 2005 by Express Air Services se kantoor op die lughawe gedreig dat hy Botha en mnr. Basson Piek, nog ’n werknemer, sou doodskiet met sy (Baloyi se) vuurwapen. Baloyi het glo gedreig dat hy homself daarna sou doodskiet.

Mnr. Botha sr. het dié voorval by die SAPD aangemeld en ’n klag teen Baloyi ingedien, sê die eisers.

Die Bothas voer aan die polisie het versuim om behoorlike aandag te gee aan die klag; versuim om Baloyi te arresteer en te deursoek vir ’n vuurwapen; versuim om sy vuurwapen af te neem; en versuim om redelike stappe te doen om te verhoed dat Baloyi vir Botha sr. skiet.

Weens die onregmatige en nalatige optrede van polisielede en die feit dat Botha sr. dood is, het die eisers hul onderhoud verloor en skade gely, word beweer. Die eisers sê elke mens het die reg tot lewe en die reg tot veiligheid. Dit sluit die reg in om vry te wees van alle vorme van geweld van óf openbare óf private oorsprong. Die Grondwet plaas ’n plig op die staat om die regte in die Handves van Regte te beskerm, te bevorder en te verwesenlik, “veral met inagneming van die feit dat die toenemende beskikbaarheid en misbruik van vuurwapens en ammunisie beduidend tot die hoë vlakke van geweldsmisdade bydra”.

Mev. Botha eis R1 119 544 plus rente. Haar seun eis R79 795 plus rente.

Baloyi het homself in die kop geskiet ná hy Botha sr. geskiet het. Volgens mev. Botha was Baloyi by diefstal betrokke en haar man het besluit om hom af te dank, lui die verslag.

Botha sr. is toe na die Milpark-hospitaal gehaas waar hy later oorlede is.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362910,00.html

Tuinier in hof oor moord

Die verdagte in die moord op 'n egpaar van Roodepoort en hul versorger het gister vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Mnr. Stephan Modise word daarvan aangekla dat hy op Werkersdag mnr. Douw Bijkersma (57), sy vrou, Hettie (57), en hul versorger, me. Elsje Wouda (40), vermoor het.

Modise, wat as tuinier vir die gesin gewerk het, het ook mev. Jopie Durieux (83), mev Bijkersma se ma, in die nek en buik gesteek, maar sy het oorleef. Landdros Delize Smith het die saak tot 26 Augustus uitgestel om te bepaal waar sy saak aangehoor gaan word.

Die saak gaan na verwagting in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word. - Amanda Tongha

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362987,00.html

Ex-cop tells of cell hell

23/07/2008 23:33 - (SA)

Linda de Beer, Beeld

Rustenburg - A hunting trip turned into a nightmare for a former police officer when he was kept in a crowded cell for a weekend for crimen injuria, along with people who assaulted him and wanted to rape him.

Sakkie van der Mescht, 37, of Rustenburg, North West, allegedly was assaulted repeatedly in the cells.

He said that, among other abuses, he was stabbed in the head with a knife and another sharp object.

His cellmates also tried to rape him, but he fought with all his might to prevent this.

A knife was held to his genitals while the men threatened to cut them off.

After this, he had to sit on the cold cell floor for a long time before his clothes were given back to him, said Van der Mescht on Monday.

Having nightmares

Van der Mescht, a father of two, did not eat or drink anything for the whole weekend.

His cellmates apparently ejaculated in the water that was offered to him.

He said the police visited the cell only once every morning and once every evening.

Since his experience at the end of June, nightmares have been preventing Van der Mescht from sleeping.

His lawyer, Carl Arnold, said they were waiting on the test results for HIV and other sexually transmitted infections because of the dirty knife that was used on Van der Mescht.

On June 27, Van der Mescht was part of a group who went hunting in the Madikwe Trust area.

He was at their camp when two fellow hunters in a bakkie were stopped by police.

They were unable to show the licence of another hunter's firearm that was in the car.

After an assurance that someone would go to show them the licence, the police left without taking further action.

Arnold said Van der Mescht and another man drove after the police with the other hunter's firearm licence and identity document, but they repeatedly ignored him when he tried to show the documents to them.

Until March, Van der Mescht had been the police's appointed firearm official in Rustenburg. He works at presnt as a security manger for a hotel group.

Thrown into van

Van der Mescht and the driver of the bakkie he was in, stopped at a place where a few police vehicles were standing next to the road.

Some of the police officers apparently stormed at Van der Mescht. The door of the bakkie was yanked open and he was jerked out by the arm.

Van der Mescht said he told them he did not appreciate their actions. At that, he was thrown into the back of a police van.

They apparently drove around with him for more than an hour before he was taken to Madikwe police station.

He said: "I was arrested for crimen injuria and intimidation."

Van der Mescht's wife was chased from the police station when she wanted to see her husband on the Saturday. She apparently also was threatened with arrest.

On June 30, Van der Mescht pleaded guilty in Madikwe Magistrate's Court to a charge of crimen injuria, after he apparently was threatened with another seven days in the cells.

Arnold said they were appealing against this verdict which pronounced Van der Mescht guilty.

Regular cell visits

North West police's Captain Aafje Botma said Van der Mescht apparently threatened and swore at the police officer when they were driving next to each other.

She said he was taken to a local clinic so his injuries could be treated.

Police denied they had kept his wife away and said they had visited the cells every hour.

Botma did not answer a question about how a sharp object got into the cell.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2362959,00.html

Wednesday, 23 July 2008

Steve wens 'ergste straf ' vir moordenaars

Jul 23 2008 07:34:07:183AM - (SA)

Kaapstad. - "Hartseer, baie hartseer" is hoe die bekende sanger Steve Hofmeyr die moord die naweek op sy lewenslange familievriend, mnr. Willie Rousseau (76) van Jacobsbaai, beskryf.

Rousseau is verlede Vrydag gekaap en vermoor.

Hofmeyr het gister aan Beeld se susterkoerant Die Burger gesê dié tipe wrede misdade is nou net te naby. "Dit sny aan my been."

Hy het gesê hy gaan op rekord en wens vir die verdagtes die ergste moontlike straf vir dit wat hulle gedoen het. "Nie net omdat dit iemand is wat ek ken nie, maar omdat hulle, die misdadigers, op weerlose bejaardes en kinders teer."

Hofmeyr het gesê hy wens alle gemeenskappe van regoor die land, en veral die gemeenskappe aan die Weskus, betoog voor howe waar die verdagtes verskyn en hul solidariteit met die families en vriende wys.

"Ons werk so hard aan 'n ideaal waar almal saam kan leef en lief is vir mekaar, maar dan kom 'n 'derde mag' en vernietig alles."

Die sanger sê hy het nog altyd die Weskus as een van die veiligste plekke in Suid-Afrika beskou, maar dan gebeur so iets om dié prentjie aan flarde te ruk. Die twee verdagtes in die Rousseau-moord verskyn weer Maandag in die hof. - Maygene de Wee

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362372,00.html

Tuesday, 22 July 2008

‘Liewe Jesus, Oupa Andries is op pad na jou toe’

Jukskeispelers in wit geklee hou 'n erewag buite die NG kerk Wonderboom-Suid in Pretoria terwyl mnr. Andries Visser se kinders en kleinkinders sy kis uit die kerk dra. Voor die kis stap Visser se kleinkinders Zeldine van Straten (links) en Juan Visser, albei nege jaar oud. Aan die voorpunt van die kis is mnr. Visser se skoondogter, mev. Herliaan Visser (links), en sy dogter, mev. Zeldi van Straten. Foto: Leon Botha

Jul 21 2008 08:36:34:430PM - (SA)

Virginia Keppler

“Wanneer gaan die geweld ’n einde kry?”

Só het ds. At van Niekerk van die NG kerk Wonderboom-Suid gister moedeloos gevra tydens mnr. Andries Visser (82) se begrafnisdiens terwyl sowat 400 mense stil na hom gestaar het.

Visser is verlede Dinsdagaand in sy huis in Wonderboom-Suid, Pretoria, dood terwyl hy met ’n byl in die hand tot die dood toe baklei het om sy 70-jarige vrou, Debora, teen vyf gewapende aanvallers te beskerm.

Dit is nadat die aanvallers op mev. Visser gespring en haar geskop en geslaan het. Hulle het met ’n selfoon en ’n handsak gevlug.

Die egpaar was die organiseerders van die jaarlikse na-sionale jukskeitoernooi vir senior burgers in Kroonstad. Hulle het ook jukskeiliga gespeel.

Talle jukskeispelers van oor die land heen het die begrafnisdiens bygewoon.

Mnr. Tobie van Wyk, voorsitter van die seniorburgerjukskeivereniging, het gesê: “Andries, sonder jou gaan jukskei op Kroonstad nooit weer dieselfde wees nie.”

Van Niekerk het gister gesê dit is belangrik dat “ons in ons lyding weer hoop sal ontdek”.

“Dit wat hier gebeur het die afgelope week, demonstreer weer eens hoe lyk die Suid-Afrika waarin ons leef. Dit maak ons oë oop vir die feite van die verganklikheid van die wêreld.

“Om gelowige, blywende kinders van God af te maai asof hulle diere is, net vir ’n selfoon en ’n handsak . . . ”

Terselfdertyd het Van Niekerk gevra mense moenie haat nie.

“Ons kan óf haat óf Jesus se voorbeeld volg en soos Christus vergewe het, moet ons ook dié vergewe wat teenoor ons oortree het. Leef!” het hy Visser se vrou, kinders en kleinkinders aangemoedig.

Visser se seun, Dries (40), en sy dogter, mev. Zeldi van Straten (43), het elkeen in ’n huldeblyk hul pa bedank vir die wonderlike pa wat hy was en dat hy so lief was vir hul ma.

“My hart is baie seer omdat die skiewies oupa kom wegvat het,” het Juan (9) in ’n brief aan sy oupa geskryf.

Hy, sy broer, Henning (5), en hul neef en niggie, Zeldine (9) en Zandré (14), het in ’n brief aan liewe Jesus geskryf: “Oupa Andries is op pad soontoe.

“Nou wil ek net gou-gou vir Liewe Jesus vertel waarvan Oupa hou sodat as hy in die hemel kom, alles reg sal wees.

“Liewe Jesus, sê tog vir hulle hulle moet lekker kos reg hou vir hom, want ek dink Oupa sal nogal honger wees as hy daar kom. My oupa het nooit van blink goeters gehou nie; hy sal eerder daarvan hou om tussen die voëltjies en diere te bly.”

Ná die diens het die tientalle jukskeispelers, almal in wit geklee, ’n erewag gehou terwyl Visser se kinders en kleinkinders sy kis uit die kerk gedra het.

“Ons gaan pa nooit vergeet nie,” het Visser jr. gesê.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2361675,00.html

Sunday, 20 July 2008

Not the Gandhi of South Africa

By Alan Gold | The Australian

July 11, 2008

ON an overcast day in London's Hyde Park, dozens of the world's most famous glitterati recently came together to join with a crowd of 50,000 adoring fans to shower Nelson Mandela with their love and unquestioning devotion on his 90th birthday.

When presidents, prime ministers and Hollywood superstars line up to wish you happy birthday, and when your bash is hosted by superhero Will Smith, you know you've reached the very zenith of international recognition and are already inscribed in the annals of hagiography.

There are very few international statesmen or women as famous as Mandela. Since his time in prison and his subsequent presidency of South Africa, he has superceded Mahatma Gandhi, Mother Theresa and pope John Paul II as the moral conscience of the world. All Mandela has to do is to speak out against something he perceives as evil or wrong, and it immediately becomes holy writ for journalists, politicians and tens of millions of idolising disciples who see him as a rock of integrity standing firm against a tidal wave of straw men.

While the rock concert was in full swing, I received an email from a South African friend, somebody who has long been mystified by the international reverence of Mandela.

"Why," my friend wrote, "are these kids cheering for him and treating him like some messiah? Don't they know his history, that he was an advocate of violence and sat idly by while his organisation committed murder and torture?"

It's remarkable how time can ameliorate history. What the congregation rocking in Hyde Park probably didn't know was that long before most of them were born, Mandela was one of the leaders of the African National Congress, who created an armed wing called the Umkhonto we Sizwe or Spear of the Nation, which was dedicated to bombing civilian, industrial, military and government targets. South Africa's Truth and Reconciliation Commission has accused it of torture and executions without due process.

And far from being a prisoner of conscience during his time as inmate 46664, Mandela was jailed for advocating the violent overthrow of the government. In his quarter of a century in prison, Mandela refused to publicly renounce terrorism as a weapon.

The universal hatred of the apartheid regime in white South Africa has blinded us to the reality of the acts of murder, torture and terrorism committed by the Spear of the Nation, which Mandela and his colleagues presided over in their leadership of the ANC. This helps to explain why, until the beginning of July 2008, Mandela was still on the US list of terrorists.

Of course, it's easy to understand why Mandela is so revered. He's the recipient of the Nobel Peace Prize, and in the past four decades has been awarded more than 100 prizes, citations and degrees. Nor should his accomplishments since being released from his prison be diminished.

More than any other, he is the leader credited with bringing down the hated and racist apartheid regime.

But before he is accorded the same Mahatma status as Gandhi, who peacefully reclaimed India from the British and a man whom Mandela says was his guiding light and inspiration, it's important to examine his record as a freedom fighter. What it shows is that like so many black Africans fighting the evil of apartheid or colonialism, he has a record of advocating and condoning violence.

During his presidency of South Africa, he deliberately courted leaders of nations who abuse the human rights of their citizens. It's by examining his often overlooked past that Mandela is revealed as anything but a saint. And it's all too tempting to forgive him and his colleagues their excesses because they were fighting a brutal and oppressive white racist regime that treated blacks as subhuman.

But were we to justify the means in light of the end result, then we would have to condone every act of terrorism and the carnage of every freedom fighter's atrocity. Gandhi showed the world that non-violent non-co-operation is a far deadlier weapon than bombs and bullets.

Since he stepped down from the leadership of a nation with rising tides of crime and infection, his legacy can be divided between the man who ended white racist rule and the failed leader who left South Africa far worse off than when he was elected.

Yet he is still elevated to near sainthood by a largely unquestioning West, an icon carried aloft on the idealism of the young and the shoulders of those who hate racism.

Because of the reverence in which he is held, few in the media ask him why it is that he has made a profession of befriending and supporting those dictators who are the declared enemies of the West.

During his time as president, Mandela was a strong supporter of Uganda's insane dictator Idi Amin, of Palestinian leader Yasser Arafat, of Iraqi dictator Saddam Hussein, of Hafez al-Assad of Syria, of Muammar Gaddafi of Libya, of Fidel Castro of Cuba, of the theocratic leaders of Iran, and many other dictators. This may be viewed as guilt by association, but when he became president and apartheid was demolished as an instrument of government, Mandela rarely publicly acknowledged that it was the sanctions and disinvestment by Western governments and corporations, and the voices of men and women of conscience in the West, who had been largely responsible for the overthrow of white rule.

Yet despite his nation's debt to America, Europe and nations that went out of their way to oppose apartheid, Mandela has been hugely critical of the West, associating instead with its enemies.

It's a pity that so few people looked beyond the iconic image when he emerged from incarceration and questioned Mandela's actions and principles. If they had they done so, it's likely that his 90th birthday flock would have been much smaller.

Alan Gold is an author and was a delegate to the UN World Conference Against Racism in Durban, South Africa.

Source: The Australian
http://www.theaustralian.news.com.au/story/0,25197,24001171-17062,00.html

Saturday, 19 July 2008

‘Klein, fyn’ oumagrootjie beroof en vermoor

Mev. Yvonne Ribeiro, die buurvrou wat onraad vermoed het, vertel voor die huis in Limpopostraat hoe daar op Opperman se lyk afgekom is. Foto: Linda de Beer

Jul 18 2008 10:07:13:243PM - (SA)

Linda de Beer

Klerksdorp. – ’n Oumagrootjie van 81 is Woensdagaand in Randlespark in dié stad vermoor in die huis wat haar man twee dekades gelede gekoop het sodat sy nie “hoef te swerf” nie.

Mev. Mollie Opperman se lyk is eergisteraand eers ontdek nadat ’n bekommerde buurvrou haar oudste seun, Fanie, gebel en hy haar gevra het om te gaan ondersoek instel.

Nog net ’n TV-stel, ’n handsak en sleutels word uit die huis in Limpopostraat vermis, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê. Die diefwering van ’n sitkamervenster is weggebuig om toegang tot die huis te kry.

Opperman het op haar maag op haar bed, met haar hande agter haar rug gelê toe sy gekry is. Haar kop was in haar kussing, met ’n bloedkol by haar mond. Sy was toegegooi met beddegoed. Sy is vermoedelik versmoor, het Fanie Opperman, wat in Stilfontein bly, gesê.

“Hoekom het hulle haar doodgemaak? Sy was oud. Kon hulle haar maar nie net geblinddoek en in die kamer toegesluit het nie?” het hy gevra. Sy ma was ’n “klein, fyn mensie”.

Myburgh het gesê ’n lykskouing sal gedoen word om die presiese oorsaak van Opperman se dood te bepaal.

Mev. Yvonne Ribeiro, Opperman se buurvrou, het gesê sy het die bejaarde vrou nog Woensdagmiddag in haar tuin gesien. Sy was besig om dit nat te lei. Ribeiro het die eerste keer onraad vermoed nadat ’n lid van Opperman se kerk laatoggend warm sop by haar wou aflewer. Sy het nie op die geklop aan haar deur gereageer nie.

“As dit nie vir die kerk was nie, het ons haar nou nog nie gekry nie. Ek het uitgeloop en oor die muur gekyk. Toe sien ek die buitelug by die agterdeur brand. Sy het dit elke oggend afgesit,” het Ribeiro gesê.

Teen 20:00 Woensdag het die Ribeiros se bekommernis die oorhand gekry. Sy het Fanie Opperman gebel om te hoor of hy weet waar sy ma is. Hy het hulle gevra om ondersoek in te stel omdat sy tuis moes wees.

“My seun het aan haar slaapkamervenster gaan klop. Daar was nie antwoord nie. Toe loop hy om die huis en sien die gebuigde diefwering.” Die polisie is ontbied.

Volgens Ribeiro het Opperman altyd op ’n vraag of sy nie bang is om so alleen te bly nie, geantwoord: “Die Here is met my. Ek is nie alleen nie.”

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2360120,00.html

Friday, 18 July 2008

'They jumped on her'

Andries Visser and his wife Deborah

16/07/2008 23:00 - (SA)

Virginia Keppler and Elana Carstens, Beeld

Pretoria - An 82-year-old grandfather of Lombard Street, Wonderboom South, in Pretoria, fought with an axe until his death to protect his wife from five armed attackers.

Andries Visser was shot six times - in the stomach, chest and under his chin - during the attack.

This was after the attackers jumped on his wife Deborah, 70, and hit and kicked her.

Andries heard his wife's calls for help and set upon the attackers with an axe.

After he was shot, he hobbled down the passage and collapsed in front of the bathroom door where he "died in a pool of blood".

Deborah is being treated in the Little Company of Mary Hospital in Pretoria.

The couple, who are the organisers of the annual national jukskei competition for senior citizens in Kroonstad, were attacked in their kitchen at about 21:00 on Tuesday.

Police spokesperson Mirna von Benecke said Deborah had wanted to lock a door outside when she was attacked at her kitchen door.

Father ran from the bedroom

The couple's son Dries, 40, of Centurion, and his children Juan, 9, and Henning, 5, had visited them between 18:00 and 19:00.

"At 22:00 I received a call from my mother who said that my father had been shot," Dries said sadly.

"The robbers attacked my mother first, jumped on her and kicked her.

"They jumped on her," he repeated in disbelief.

He said his mother screamed and his father ran from the bedroom to the kitchen to help her.

"I don't know where my father found the axe, but he tried to fight back and managed to hack one of the robbers.

The robbers shot him six times during the attack."

Dries said that the numerous bullet holes in the walls of the passage testified to the fact that his father had been shot at more than six times.

He said the neighbours heard his mother's cries for help.

"When they went to investigate, they saw the robbers jump over my parents' gate and flee through a hole in the fence across the road, onto the hill.

"The police fine-combed the hill at the reservoir with the help of helicopters but the robbers got away.

"My father is dead and they stole a cellphone and my mother's handbag containing less than R200.

"It's ridiculous," he said.

Dog poisoned a month ago

Dries said he and his sister Zeldi van Straten, 43, were deeply concerned about their mother because she has heart problems and high blood pressure.

Andries and Deborah's godchild Elna Lubbe, 39, visited Deborah in the hospital on Wednesday morning and said she was very muddled because of the shock.

"Ouma repeatedly told the story how Oupa lay in the passage in his own blood."

Lubbe said that Andries and Deborah's dog had been poisoned a month ago and that Deborah apparently saw a green car hovering in front of the house three days before the attack.

"It's as if they've been planning it for months," she said.

Von Benecke said the police were investigating a charge of murder and house robbery.

Andries leaves behind two other grandchildren, Zeldine, 9, and Zandré 14.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2358800,00.html

Farmer died to protect father

17/07/2008 08:02 - (SA)

Buks Viljoen, Beeld

Komatipoort - A true gentleman and a genuine gentle giant - this was how Nicky van Veijeren on Wednesday described her "six-foot-four" nephew and godchild Jan-Daniel Venter, 21, who was murdered on Blikkor farm near Komatipoort.

Jan-Daniel and his father Jan, 56, were attacked in their rented house early on Monday evening.

The part-time law student was killed when he stormed at the robbers with a chair in his hands.

He was shot nine times in the chest and stomach and died minutes later.

'How cold-blooded can one be?'

Van Veijeren said the robbers grabbed a silver ring from Jan-Daniel's finger as they fled from the scene of the murder.

"How cold-blooded can one be?"

His father Jan was hit in the shoulder during the shooting. The tip of the bullet is still stuck there.

Jan-Daniel's boerboel, Boela, was shot in his paw. After the attack the wounded dog went to lie on top of his dead owner's body.

The police were initially unable to approach Jan-Daniel's body because the dog was very aggressive.

He was later led away by Jan and locked in another room.

Van Veijeren - who is Jan's sister - said that even though Jan-Daniel's parents had been divorced for years, he lived for them.

"He was a true Christian and had a heart of gold. And now his young life had to be taken away from him by thugs without consciences," she said.

Family 'stunned'

"The family is stunned. They are broken. They're not doing well at all," she added.

The father and son had been watching television on Monday when the three robbers stormed into the house and Jan-Daniel rushed at them.

"He did it to protect his father and he sacrificed his life," Van Veijeren said.

A police task team was hot on the heels of the three suspects on Wednesday afternoon.

Jan's stolen bakkie was found near the Mozambican border on Wednesday morning. It is currently at the Tonga police station, police spokesperson Richard Khumalo said.

Jan-Daniel's funeral will be held at the Reformed Church in Barberton at 11:00 on Friday.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2358858,00.html

Robber's reign of terror ends

18/07/2008 09:39 - (SA)

Hilda Fourie, Beeld

Pretoria - A suspected robber who allegedly carried out a reign of terror from Pretoria to Polokwane, appeared in Pretoria Magistrate's Court on Thursday.

Jonas Masemola, 26, appeared on four charges of robbery with aggravating circumstances, three charges of attempted murder, a charge of house breaking and a charge of possession of house-breaking equipment.

Police spokesperson Inspector Klaas van der Kooi said the list of crimes to which Masemola was linked was as long as his arm.

In December last year Masemola and another suspect apparently broke into three different houses in the space of three hours in East Lynne, Pretoria and shot four people.

Attempted rape

At one house they also allegedly tried to rape a woman.

In April this year Masemola and two other suspects attacked Jannie Fourie, 39, and his family at their home in the Mooikloof security complex in Pretoria East.

Fourie was shot seven times when he took on Masemola and another robber with his bare hands to keep them away from his sons' rooms.

The middle finger of Fourie's right hand was shot off and he was wounded in the shoulder, knee, hand and arm.

Another suspect, Mawela Msimango, who had been shot in the attack, was arrested in Mamelodi Hospital in eastern Pretoria two days later.

A third suspect Romeo Nkwagatse was caught about a month later.

Apprehended

Van der Kooi said Masemola was apprehended earlier this week in Nebo near Marble Hall by members of the Nebo, Villieria and Garsfontein police stations' Trio task force.

Van der Kooi said Masemola was also linked to three serious cases in Garsfontein, several armed robberies in Kameeldrift, north-east of Pretoria, two house robberies in Waverley, a house robbery in Queenswood and ten cases in Polokwane.

Masemola will appear in court again next week.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2359620,00.html

Wednesday, 16 July 2008

Vasgetrek agt jaar ná moord

Jul 15 2008 10:23:15:117PM - (SA)

’n Moordverdagte wat agt jaar lank gesoek is weens die moorde op ’n afgetrede polisieman en sy vrou van Cullinan, oos van Pretoria, is uiteindelik aangekeer.

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê dié verdagte is eergistermiddag in Mamelodi in die ooste van Pretoria gearresteer. Hy word tans by die Cullinan-polisiekantoor aangehou.

“Hy sal waarskynlik vandag in die Cullinan-landdroshof verskyn op aanklagte van moord,” het Jaftha gesê.

Die verdagte was glo deel van ’n groep van vier mans wat mnr. Douw Grobler (59) en sy vrou, Rika (58), op hul kleinhoewe in Cullinan op 11 Julie 2003 in hul slaapkamer oorval en in die kop geskiet het. Drie van die moordenaars is in Oktober 2003 in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Kenny Mokalapa (24) is tot 79 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord en Wonder Mosoane en Isaac Mokalapa is elk 65 jaar tronkstraf opgelê. – Virginia Keppler

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2358093,00.html

Gewonde boerboel lê op dooie baas ná huisrooftog

Jul 15 2008 10:22:05:550PM - (SA)

Buks Viljoen


’n Gewonde boerboel het bo-op sy vermoorde jong baas gaan lê nadat dié eergisteraand op ’n plaas naby Komatipoort doodgeskiet is.

Mnr. Jan-Daniel Venter (21) is deur rowers op die plaas Blikkor op die Strydomblokpad naby Komatipoort, waar hy en sy pa, Jan (50), gewoon het, doodgeskiet.

Hulle het glo as kontrakteurs op ’n naburige plaas gewerk.

Jan-Daniel, wat deeltyds in die regte gestudeer het, is verskeie kere raak geskiet toe hy tydens die rooftog glo met ’n stoel in die hand op die rowers afgestorm het. Hy en sy pa het in die sitkamer 7de laan gekyk.

Volgens iemand wat kort ná die aanval op die toneel was, het Jan-Daniel se boerboel berserk begin blaf. Die volgende oomblik het drie rowers by die huis ingebars.

“Ons soek geld; ons soek geld,” het hulle glo in gebroke Engels vir die twee geskreeu.

Venter is in die bolyf geskiet toe hy sy pa wou beskerm. Hy het in die sitkamer inmekaargesak en is kort daarna dood, sê konst. Richard Khumalo, woordvoerder van die polisie op Komatipoort.

Venter sr. is glo deur die rowers vasgebind. Hulle het verskeie huishoudelike items, asook ’n .38-rewolwer, gesteel en met sy Nissan-bakkie gevlug. Hy het hom losgewoel en sowat 2 km na die huis van ’n plaasvoorman gehardloop om hulp te gaan ontbied.

By die polisie se aankoms by die huis het die boerboel, wat ook deur die rowers raak geskiet is, glo bo-op Venter jr. se lyk gelê.

“Hy het skynbaar probeer om sy baas te beskerm,” het Beeld se bron gesê.

Jan-Daniel se ma, supt. Elarda Venter, is die bevelvoerder van die Modjadjiskloof-polisiekantoor (Duiwelskloof) in Limpopo. Sy was Sondag op die plaas om haar ander seun, Elardus (17), te gaan haal nadat hy vir die skoolvakansie by sy broer en pa gekuier het.

Khumalo sê die moordenaars is vermoedelik Mosambiekers. “Hulle het ’n perfekte Mosambiekse Shangaan-dialek gepraat.”

Vyf 9 mm-pistooldoppies is op die toneel opgetel. Die gesteelde bakkie is steeds soek.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2358144,00.html

Man gets life for farm murder

15/07/2008 19:02 - (SA)

Pretoria - A 24-year-old Phutaditshaba man was jailed for life on Tuesday for the "merciless" murder of an Evander diary farmer two years ago.

Sentencing Steven Moloi, Pretoria High Court Acting Judge Ephraim Makgoba said no words could express the horror of what Moloi had done.

He sentenced Moloi to life and 35 years imprisonment for the September 2006 murder and robbery of farmer Hannes Botha, 64.

The sentences will run concurrently.

Botha was shot in the head and robbed of about R800 while he and three employees were delivering milk in the Embalenhle township near Evander.

One of his employees, Ethel Delport, was forced to hand over the blood-stained money with a gun pointed at her head.

She tried to help her bleeding employer, but he died almost instantly behind the steering wheel of his bakkie.

Moloi was arrested the next day after police found blood-stained money and the murder weapon in his shack.

The judge acquitted a second accused, Elias Senamela, on all charges.

Makgoba said Moloi's poor background should not count in his favour.

"We have millions upon millions of poor people in this country. If they all killed to take care of themselves, we would all be obliterated in this country," the judge said.

Botha's widow, Anna, expressed disappointment after the hearing, saying she believed one of her husband's killers was still free.

She added her husband had delivered milk in the poorest section of Embalenhle for many years and people knew him well.

He often gave free milk to old people and mothers with young babies, she told reporters.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/Home/0,,2-7-1442,00.html

Shot dog protects dead farmer

16/07/2008 09:03 - (SA)

Buks Viljoen, Beeld

Johannesburg - A wounded boerboel lay down on top of his murdered master after the young man was shot dead on Monday night on a farm near Komatipoort.

Armed robbers killed Jan-Daniel Venter, 21, on the farm Blikkor near Komatipoort where he lived with his father Jan, 50.

Both worked as contractors on a nearby farm.

Jan-Daniel, who was studying law part-time, was shot several times during the robbery, which took place while he was watching 7de Laan with his father in the living room. He apparently rushed at the robbers with a chair in his hands.

According to a person who was on the scene shortly after the attack, Jan-Daniel's boerboel started barking like crazy and the next moment, the three robbers barged in.

'We want money'

"We want money, we want money," they apparently shouted in broken English.

Jan-Daniel was shot in the chest when he wanted to protect his father. He collapsed in the living room and died shortly afterwards, said Constable Richard Khumalo, spokesperson of the Komatipoort police.

His father, Jan, was tied up by the robbers. They stole several household items, as well as a .38 revolver and fled with his Nissan bakkie. He managed to wriggle free and ran about 2km to the house of a farm foreman to get help.

When police arrived at the house, the boerboel - who had also been shot by the robbers - was lying on top of Jan-Daniel's body.

"It looked like he was trying to protect his master," said Beeld's source.

Jan-Daniel's mother, Superintendent Elarda Venter, is the commanding officer of the Modjadjiskloof (Duiwelskloof) police station in Limpopo. She had been on the farm on Sunday to fetch her other son, Elardus, 17, who had visited his father and brother during the school holidays.

Khumalo said the murderers were suspected to be from Mozambique. "They spoke a perfect Mozambican Shangaan dialect."

Five 9mm cartridges were found on the scene. The stolen bakkie is still missing.

Source:News24
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2358253,00.html

Tuesday, 15 July 2008

Tandarts by skietbaan oorval, vermoor

Dié foto van dr. Paul Mouton is sowat tien jaar gelede geneem. Foto: Verskaf

Jul 14 2008 10:51:08:070PM - (SA)

Leané du Plessis

’n Bekende tandarts van Johannesburg is gister koelbloedig van agter af met sy eie pistool op ’n skietbaan doodgeskiet nadat rowers hom vermoedelik bekruip het.

Dr. Paul Mouton (74) se kleinseun, Jonathan (22), ’n Netcare 911-paramedikus, het sy oupa vergeefs probeer red nadat hy op die toneel aangekom het, het Mouton se seun, mnr. Paul Mouton jr. (45), gister vanuit sy ouerhuis in Parkview vertel.

Mouton is minstens vier keer geskiet, waaronder twee keer in die rug en een keer in die regterskouer.

Wát presies gistermiddag by die Durban Deep Rifle Club in Roodepoort gebeur het, is nog onseker.

“Ons vermoed my pa het na die teiken toe geloop nadat hy ’n paar skote daarop geskiet het.

“Die rowers het vermoedelik toe oor die heining (aan die agterkant van die skietbaan) gespring en hom bekruip,” het Paul jr. vertel.

Hulle het vermoedelik een van Mouton se handwapens van die tafel af geneem en hom van agter af daarmee geskiet.

Ene David, die opsigter by dié klub, het kort daarna op Mouton afgekom, het Paul jr. gesê.

“Lede van ’n mynveiligheidsmaatskappy het op die baan langsaan geoefen en het David gehoor roep.

“My pa was toe nog by sy volle bewussyn en kon vertel wat gebeur het.”

Volgens mnr. Nick Dollman, Netcare 911-woordvoerder, het die paramedici alles gedoen wat hulle kon, maar Mouton het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Niks is gesteel nie buiten Mouton se Colt Government 9 mm-parabellum, een van die vier wapens waarmee hy dié dag gaan teiken-skiet het, het kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder, gesê.

Die ander handwapens is net so op die tafel gelos, tesame met Mouton se beursie.

Mouton het gistermiddag omstreeks 14:00 gaan skiet.

Dit was sy stokperdjie wat hy glo minstens een keer ’n week beoefen het.

Hy het dié liefde ook met ander lede van sy familie gedeel, het Paul jr. se vrou, Erna, vertel.

“Dis verskriklik om te dink dat só iets juis gebeur het terwyl hy iets gedoen het wat hy so geniet het.”

Volgens Paul jr. is Mouton al twee keer vantevore aangeval. Sowat 16 jaar gelede het rowers hom in sy huis oorval en onder meer met ’n byl oor die kop geslaan. Mouton het terugbaklei en kon dit regkry om die rowers uit sy huis te jaag tot in die straat, waar hy sy bewussyn verloor het.

Agt jaar later is hy in die Olivedale-praktyk in Pres. Fouchéweg – waar hy tot nou toe gepraktiseer het – aangeval. “Gelukkig het hy het daardie twee (aanvalle) oorleef, maar dié keer was hy nie so gelukkig nie,” het Paul jr. gesê.

Mouton se vrou, Galena, was gisteraand nog in erge skok.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2357616,00.html

Vasgebind, in haar eie huis verkrag

Jul 14 2008 10:26:19:703PM - (SA)

Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – ’n Vrou is eergisteraand in die vierde gewelddadige huisrooftog in drie weke in gegoede woonbuurte in dié stad verkrag.

Die vrou (21) en haar man is in hul huis in Sterpark deur twee gewapende mans met skoenveters vasgebind. Die egpaar se vierjarige dogter was in die huis tydens die rooftog.

Die polisie vermoed dieselfde twee rowers was by al dié huisrooftogte, verkragtings en ’n moord die afgelope drie weke betrokke.

In die jongste voorval het twee gewapende mans eergisteraand tussen 20:00 en 21:00 toegeslaan.

Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, sê die rowers het by ’n skuifdeur van die huis ingebreek. Die egpaar is vasgebind terwyl die booswigte die huis geplunder het.

Ramoshaba sê die vrou is glo deur die rowers na ’n spaarkamer gesleep en verkrag.

Haar man en dogter het nie seergekry nie.

Volgens Ramoshaba is die egpaar se selfone en van hul klere gesteel. Twee TV-stelle is ook gebuit.

Die rowers het daarna in die egpaar se swart Volkswagen Polo gevlug. Die registrasienommer is FHV 122 N. Enigiemand met inligting word versoek om die Polokwane-polisie by 0 015 290 6577/8 of die polisie se noodnommer 0 10111 te skakel.

Dié voorval se modus operandi stem ooreen met ander twee huisrooftogte en verkragtings.

Tydens die eerste voorval op Donderdag 26 Junie is ’n vrou (38) in Florapark in haar huis oorval. Twee gewapende mans het omstreeks 20:00 die diefwering van ’n venster oopgebreek. Die vrou, haar twee dogters van onderskeidelik vier en sewe jaar en hul huiswerker is vasgebind. Juwele is onder meer gesteel.

Vermoedelik dieselfde twee mans het te voet na die nabygeleë McDonaldstraat gevlug en by die huis van mnr. Piet Venter (56), ’n bekende sakeman, ingebreek. Venter is doodgeskiet en sy vrou, Wilma (54), is in haar been gewond. Geld, juwele en bankkaarte is hier gesteel.

Op Vrydag 4 Julie is ’n vrou (27) in haar huis in Sterpark verkrag. Twee mans het ná 20:00 by die agterdeur ingebreek waarna hulle die vrou en haar 39-jarige man met pistole aangehou het.

Hul hande is vasgebind en lappe is in hul monde gedruk.

Die rowers het juwele, selfone, ’n rekenaar en die egpaar se Mazda 3-reeks motor gesteel.

Ramoshaba sê die rowers is steeds soek en niemand is nog weens die vlaag van huisrooftogte gearresteer nie.

Intussen wys die polisie se jongste misdaadstatistieke dat huisrooftogte skerp in Limpopo se hoofstad gestyg het.

Tussen April 2006 en Maart 2007 is slegs twee huisrooftogte by die Polokwane-polisiekantoor aangemeld.

In dieselfde tydperk ’n jaar later het die syfer tot 32 gestyg.

Huisrooftogte het in Limpopo met 96,9% gestyg. In 2007-’08 is 319 huisrooftogte aangemeld, teenoor 162 voorvalle in 2006-’07.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2357523,00.html

Sunday, 13 July 2008

Onthullings oor huisroof

12/07/2008 21:06 - (SA)

Lisl Steenkamp

Parlementêre Beriggewer

Die jongste navorsing oor Suid-Afrika se mees gevreesde misdaad toon agt uit elke tien huisrooftogte word gepleeg op grond van inligting wat rowers ontvang van huishulpe, tuiniers en mense wat die inwoners ken.

Ryk mense wat in luukse motors ry, duur juwele dra en ’n ooglopend hoë leefstyl het, word meestal geteiken.

Só ook opvallende huise soos dié met twee verdiepings of wat argitektonies besonders is.

Die rooftogte word noukeurig beplan en eers uitgevoer nadat die huis dae lank dopgehou is om inwoners se roetine te bepaal.

Sommige rowers sal selfs snags op die erf rondloop om te bepaal hoe hulle kan inkom en deur vensters kyk om te sien waar waardevolle besittings gebêre word.

Nou het dr. Rudolph Zinn, senior dosent aan Unisa se departement van forensiese- en misdaadondersoeke, bevind van álle veiligheidsmaatreëls is klein honde in die huis die grootste afskrikmiddel omdat hulle op hul hoede is vir vreemde geluide.

Zinn se navorsing oor huisrooftogte gaan vandeesweek voorgelê word aan dr. Chris de Kock, hoof van die polisie se sentrum vir misdaadanalise en -statistieke.

Die polisie wil dit vergelyk met hul inligting wat uit dossiere van huisrooftogte versamel is.

Die jongste misdaadstatistieke toon 40 huisgesinne word daagliks landwyd deur rowers in hul huise aangeval.

Dié rooftogte het die afgelope boekjaar met 13,5% toegeneem tot byna 15?000 voorvalle, waarvan die helfte in Gauteng gepleeg is.

Zinn het die afgelope twee jaar navorsing gedoen oor huisrowers se profiel, hul werkwyse, motiewe en gewelddadigheid.

Die inligting spruit grootliks uit onderhoude wat hy verlede jaar gevoer het met dertig veroordeelde huisrowers in ses Gautengse gevangenisse. Zinn sê dié misdadigers is die gehardste wat hy tot nog toe teëgekom het.

“Hulle laat my hare regop staan. Wat my opgeval het, is dat hulle géén genade betoon nie. Hulle het absoluut geen respek vir die slagoffer en mense se waardigheid nie.”

Die rowers het geen rassevooroordele nie. “Wit of swart, as jy geld het, sal jy dit ontgeld. Hulle is so gierig, níks sal hulle keer nie.”

Die gemiddelde huisrower is ’n werklose jong man van tussen 19 en 26 jaar. Hy is ’n beroepsmisdadiger wat uiterste geweld gebruik om sy slagoffers te intimideer en sal nie huiwer om te moor nie.

Slagoffers word gedreig, verskreeu en gevloek, ongeag of dit vroue en kinders is.

Deur aanranding dwing hulle onderdanigheid af en enigiemand wat hom teësit, sal vermoor word.

Slagoffers word gewoonlik gemartel om seker te maak hulle steek niks waardevols weg nie en een uit elke vyf vroue word verkrag.

Die geweld is gewoonlik veel erger as wat in dié situasie nodig is om die slagoffer te oorweldig, sê Zinn.

Hy het bevind dat rooftogte selde opportunisties plaasvind.

Huise word dae lank dopgehou en in plaasaanvalle kan dié “waarnemingstydperk” tot twee weke duur voordat die rowers toeslaan.

Volgens Zinn bekom rowers in 80% van die gevalle vooraf inligting van werknemers of voormalige werknemers, ’n vriend of ’n kliënt van die inwoners oor ’n huis met groot hoeveelhede kontant en luukse ware.

Huisalarms en noodreaksie-een-hede skrik rowers nie af nie, hulle wysig bloot hul werkwyse deur toe te slaan voordat inwoners die alarm aktiveer. Of hulle wag die inwoners by die hek in wanneer hulle saans tuis kom.

Die meeste van die veroordeeldes sê klein honde – veral dié wat binnenshuis aangehou word – is die beste afskrikmiddel, lui die verslag.

Huisrooftogte word beskou as meer lonend as ander misdade.

Benewens duursame ware word R5 000 kontant gemiddeld per rooftog gebuit.

Die geld word grootliks bestee aan duur klere en skoene, partytjies en vroue.

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2356525,00.html

Saturday, 12 July 2008

Man dies in battle with robbers

July 10 2008 at 05:35PM

By Beauregard Tromp and Gill Gifford

Pia Bowman had just closed the gate to her Glenadrienne home and was busy deactivating the alarm when she heard the gunshots ring out... bang, bang, bang, bang!

Then she heard her husband Wim cry out that he had been shot.

The couple were returning from a dinner outing when the attack occurred at 8.30pm on Tuesday night.

Evidence at the scene indicated that Wim was able to fire at his attackers and was possibly even the first to shoot.

Unfortunately the 61-year-old stood little chance against his three assailants who were lurking in dark outside the house.

He died of a gun shot to the abdomen.

Wim's gun was found at the front door, facing his body.

Police recovered another firearm on the property, its serial number filed off.

It had been abandoned, presumably by the suspects, in the backyard near a neighbour's house which is situated behind on a pan handle.

According to Johannesburg metro police spokesperson Chief Superintendent Wayne Minnaar, a neighbour saw three suspicious-looking men approach the house shortly before the incident.

Another neighbour, Penny Steyn, said: "I heard about four or five very loud shots, then a pause, then four or five softer shots."

The couple had been victims of robberies a number of times before, with their cars being broken into.

Minnaar said metro police had received a call about the shooting at about 9pm on Tuesday night and had responded.

He had arrived on the scene soon after Bowman was declared dead.

"There appeared to have been some kind of shootout between Mr Bowman and the attackers because there were quite a few bullet holes in the yard and in a tree," he said.

Minaar added the assailants had possibly been disturbed while trying to break into the Bowman home when the couple arrived or else they had lain in wait, intent on hijacking them.

Steyn, who trains domestic workers in crime prevention and police officials in customer service, was on the scene on Wednesday night lending emotional support.

She said Pia Bowman had not stayed in the house, had not returned on Thursday morning and could not be reached.

Steyn said the security company ADT, which has worked extensively with her in the past, had indicated that they would step up security patrols in the suburb and would arrange trauma counselling for Pia.

Steyn, who said she herself felt very traumatised on Thursday morning, had spoken to other neighbours who all claimed to have heard the gunshots.

Parkview police spokesperson Captain Cynthia Magoai confirmed that a murder docket had been opened and the case was under investigation.

She said no arrests had yet been made.

Source:IOL
http://www.int.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20080710142252557C741202

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.