Wednesday, 25 February 2009

Dis moord, nie strafbare manslag

Feb 24 2009 05:51:21:613PM - (SA)

Met vewysing na die “moord” op Bernadine Kruger.

My bloed kook as ek sien die polisie ondersoek ‘n “klag van strafbare manslag” en dat die taxibestuurder nog nie gearresteer is nie.

As iemand sterf in ’n ongeluk is dit strafbare manslag. As iemand sterf as gevolg van roekelose bestuur, is dit moord en ’n moordklag moet ondersoek word.

Die polisie mag iemand arresteer as daar vermoed word dat die persoon moord gepleeg het. ’n Taxi is ’n gevaarlike wapen... waarskynlik die wapen in Suid-Afrika wat die meeste dood veroorsaak.

Hoe lank gaan die polisie nog ’n blinde oog draai na die taxi-anargie op ons paaie?

Ig Viljoen, Edleen

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2475427,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.