Wednesday, 18 February 2009

Man agtervolg, geskiet

Feb 17 2009 09:02:30:063PM - (SA)

’n Man van ’n kleinhoewe in Doornrandje naby Erasmia, wes van Pretoria, is eergister omstreeks 19:30 deur ’n groep aanvallers in ’n wit Citi Golf met ’n blou lig op agtervolg en koelbloedig voor sy hek geskiet.

Mnr. Bruce Sellars (61) het minute later in sy huis op ’n rusbank gesterf.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het gesê kort voordat Sellars geskiet is, het hy sy vrou gebel en gesê hy word agtervolg.

Die polisie het gesê die motief vir die moord is onbekend. – Daniel Maluleke

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2471578,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.