Saturday, 14 March 2009

Buurman in maag getref toe hy wil help

Mar 13 2009 08:25:38:593PM - (SA)

Dries Liebenberg

Durban. – Twee mense is ernstig gewond, een in die bors en een in die maag, toe rowers eergisteraand in afsonderlike voorvalle by huise hier toegeslaan het.

Drie rowers het ’n bejaarde egpaar en hul loseerder omstreeks 20:00 oorval toe mev. Martha Smallberger (72) die deur van hul huis in Umbilo oopgemaak het sodat die hond kon uitgaan.

Volgens insp. Michael Read, polisiewoordvoerder, het drie rowers haar oorval en aangerand terwyl hulle geld geëis het. Een van die mans het ’n handwapen gehad. Die gesin se huiswerker het besef daar is ’n rooftog en die buurman, mnr. Shaun Coetzee (30), gaan roep.

Coetzee is in die bors geskiet die oomblik toe hy om die hoek van die huis gekom het. Die rowers het sonder buit gevlug.

Anderhalfuur later is me. Michelle Benwell (36) van Waterfall in die maag geskiet toe sy van ’n eetplek na haar ma se huis teruggekeer het.

Volgens supt. Muzi Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het Benwell die interkomklokkie gedruk sodat haar ma die hek kon oopmaak en ingery.

Toe sy uit haar motor klim, was daar skielik ’n man met ’n vuurwapen langs haar wat haar motorsleutels geëis het.

Benwell het volgens Mngomezulu paniekerig geraak en die rower omgestamp. Die man het ’n skoot afgevuur en haar in die maag getref.

Hy het toe een van die motor se ruite gebreek, Benwell se handsak gegryp en gevlug.

’n Buurman het ’n Volkswagen Golf sien wegjaag. Volgens mnr. Derrick Banks, woordvoerder van ER24, is Benwell in ’n bedenklike toestand.

Oorsporng:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2485229,00.html

1 comment:

Michelle Benwell said...

My name is Michelle benwell and the survivor of this horrific attack. Unfortunatly the info given by the police is completely false. I was shot thru the windscreen at the gate! I did not get out the car and panic. I drove into the property and the gate closed so thats why he did not get the car. He smashed at the window and stole my handbag. I in the meantime was screaming for him to take the car. I fell out of the car and onto the floor once I realised I was shot.A year later and I am still recovering but took my family and left our beautiful country!!