Tuesday, 19 May 2009

Twee voor vir moord op gas by troue

May 18 2009 08:12:12:227PM - (SA)

Die twee mans wat vir die moord van ’n bruilofsgas by die Avianto-landgoed in Muldersdrift aan die Wes-Rand aangekeer is, het gister vlugtig in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.

Mnre. Phelelani Zuma (24) van Diepsloot en Phumelelo Mlilo (29) van Berea staan tereg op aanklagte van moord en gewapende roof.

Twee gewapende mans het mnr. Wilfred Roddrick Berrington (60) op 24 April in sy kamer oorval.

Berrington het die onthaalsaal verlaat om iets in sy kamer te kry toe hy aangeval is.

Die mans is die afgelope naweek aangekeer en ’n vuurwapen wat glo tydens die voorval geroof is, is opgespoor.

Die mans sal in aanhouding bly tot hul volgende verskyning op 25 Mei.

Albei beskuldigdes het aangedui hulle wil om regshulp aansoek doen. – Amanda Roestoff

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2518608,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.