Sunday, 21 June 2009

Skrywer, joernalis André Potgieter sterf ná aanval

Jun 19 2009 09:53:14:410PM - (SA)

Bloemfontein. – Die bekende skrywer en koerantman André Potgieter (72) is gisteroggend dood nadat hy verlede naweek aangeval is.

Potgieter is in die Pelonomi-hospitaal oorlede toe sy organe ingegee het weens die erge trauma wat hy in die aanval beleef het.

Supt. Leon Potgieter, sy seun, het gister ook gesê hul pa se dood en die manier waarop hy gesterf het is “tragies” vir die hele gesin.

Hy is verlede naweek op sy kleinhoewe in Jan Coetzeelaan, Waterbron, buite Bloemfontein met ’n koevoet en piksteel in sy bed oorval. Hy is ook met ’n mes gesteek. Hy was jare lank ’n joernalis en skrywer.

Potgieter word oorleef deur sy vrou, Mara, seuns, Leon en Piet, en vier kleinkinders.

Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Die aanklag van poging tot moord teen mnre. Isaac Molefe (24) en Joseph Lechuti (36) sal verander word na moord wanneer hulle Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. – Loraine Kalp

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2531294,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.