Saturday, 11 July 2009

Lewenslank nadat hy bejaarde vermoor

Jul 09 2009 09:06:59:900PM - (SA)

Linda de Beer

Die 20-jarige verkragter en moordenaar van mev. Anna Viljoen (86) van die Stella-omgewing in Noordwes is gister in die rondgaande hooggeregshof in Vryburg tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis.


Johannes Mogakwe het Viljoen op 1 Maart verlede jaar in haar dogter en skoonseun se huis op hul plaas buite Stella aangeval, aangerand en verkrag.

Sy is ’n paar dae later in ’n Bloemfonteinse hospitaal dood.

Regter A.J. Khoele het Mogakwe skuldig bevind op aanklag van moord en een van huisbraak met die opset om te verkrag en verkragting. Die vonnisse word samelopend uitgedien.

Khoele het Mogakwe verlof tot appèl geweier. Sy het die misdaad volgens kapt. Charlize van der Linden, Vryburgse polisiewoordvoerder wat in die hof was, as “brutaal en skokkend” beskryf.

“Die waardigheid van ’n onskuldige vrou is brutaal geskend en haar lewe geneem,” het Van der Linden Khoele aangehaal.

Viljoen was alleen by die huis toe Mogakwe ingebreek het.

Werkers het Mogakwe, wat nog in die huis was en deur ’n venster gevlug het, vergeefs agterna gesit. Hy is ’n paar dae later in hegtenis geneem.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2537453,00.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.