Wednesday, 22 July 2009

Mandela die terroris

Geskryf deur Louis van der Schyff

Sondag, 19 Julie 2009

Op 18 Julie word Nelson Mandela gehuldig as die groot ikoon van Afrika en in meeste gevalle voorgestel as ‘n onaantasbare godheid wat net goed vir Suid-Afrika gebring het toe die Democracy in 1994 deur Blanke verraad ingestel is.

Hoe lyk dié Mandela en hoe het Suid-Afrika verander onder sy regeringskap?

As leier van die ANC het Mandela in die sestigerjare wraaksugtig teen sy politieke opponente opgetree. Hy is tronk toe gestuur weens sabotasie en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Mandela is verkeerdelik aangekla vir dade van sabotasie eerder as hoogverraad, in welke geval die vonnis nie gevangenisstraf sou gewees het nie, maar wel die doodstraf. Hy het regsverteenwoordiging gehad in ‘n uitgerekte verhoor, asook elke moontlike geleentheid om hom te verweer teen die aanklagte, maar hy het geweier om die eed af te lê en te getuig en kon derhalwe nie onder kruisverhoor geneem word nie.

Die verhoor is deur joernaliste en juriste van oor die wêreld bygewoon. Niemand kon fout vind met die bevindinge van die Hof nie. Die Rand Daily Mail, die mees uitgesproke liberale koerant in Suid-Afrika, het berig dat “die vonnisse was beide verstandig en billik… dit kon nie ligter gewees het as wat opgelê was nie. Diegene wat skuldig bevind is, het sabotasie op ‘n groot skaal beplan en hulle het saamgesweer om gewapende rewolusie teweeg te bring. …die misdaad waaraan hulle skuldig bevind is, is eintlik hoogverraad. Die doodstraf sou geregverdig gewees het.”

Dit is die feite van die geskiedenis. Dit is die geskiedenis van Nelson Mandela. En toe word Mandela deur FW de Klerk vrygelaat en word Mandela in ‘n onwettige een mens een stem-verkiesing in 1994 die staatshoof van Suid-Afrika. In 1994 skryf Paul Johnson, ‘n bekende Britse intellektueel, in The Spectator, “Suid-Afrika het onder De Klerk ‘n selfmoordsprong geneem. …Die land sal ‘n industriële rommelhoop word, dierlik, bloedig en bankrot”. En dit is presies wat Nelson Mandela reggekry het. Dit is presies wat onder sy regeringskap in Suid-Afrika gebeur het. Die democracy het alles wat in ‘n Eerste Wêreldland opgebou is en bestaan het, tot ‘n rommelhoop afgebreek.

Tien maande later (Februarie 1995), skryf die Spectator weer: “Suid-Afrika is ‘n land wat geteister word deur misdaad en korrupsie, met tuimelende standaarde en ‘n bevolking wat verdoem is tot ‘n veragtelike en dierlike bestaan.” Die artikel bestempel die ANC-regime as “korrup en onbevoeg”. Dit was Mandela se regering.

In opmars na Mandela se vrylating is in die tydperk September 1984 tot Augustus 1989 tydens die struggle 1 770 skole vernietig, asook 7 187 wonings van swart eienaars, 10 318 busse, 152 treine, 12 188 private voertuie, 1 265 winkels en fabrieke, 60 poskantore, 47 kerke en 30 klinieke. Daar was 300 koelbloedige moorde asook die barbaarse halssnoermoorde. Dit het plaasgevind in die sogenaamde vryheidstryd onder Mandela as leier van die ANC.

Na 1994 is dié toestand voortgesit onder die slagspreuk van Kill a farmer kill a boer. Moorde op duisende Afrikanerboere en hulle gesinne het gevolg. Meer as 2 000 boere is reeds wreedaardig vermoor. As dit vergelyk word met die slegs 39 blanke boere wat deur die Mau-Mau in Kenia vermoor is en die 300 Blankes in die loop van 14 jaar tydens die terroriste-oorlog in Rhodesië, dan kan Mandela voorwaar trots wees op sy nalatenskap.

Onder sy bewind het hy die kommunis Tito Mboweni as President van die Reserwebank aangestel. Hy het ook die sogenaamde Waarheids- en Versoenings-kommissie aangestel. Dié kommissie was volgepak met vyande en teenstanders van die blanke bewind. Dit was ‘n verbastering van die Neurenbergse verhore van Duitse oorlogsleiers en Stalin se vertoonverhore van die jare dertig. Die oogmerk was om Afrikaners in die beskuldigdebank te plaas en te vervolg.

Die kommissie het amnestie verleen aan ‘n bende van 37 hooggeplaaste ANC-leiers vir misdaad wat verband hou met politieke motiewe. Onder hulle was Thabo Mbeki, leier van die ANC, Alfred Nzo, Minister van Buitelandse Sake, Dullah Omar, Minister van Justisie en Joe Modise, Minister van Verdediging. Hoewel ‘n hofuitspraak dié beslissing deur die Kommissie ongeldig verklaar het, is niks gedoen om die saak reg te stel nie.

Waar Suid-Afrika onder dr Hendrik Verwoerd deur die media beskryf is as “n blink voorbeeld van vrede op ‘n geteisterde vasteland” gaan die mense onder Mandela “gebuk onder ‘n oorvloed van armoede en het die land die hoofsetel vir misdaad geword — 137 aangemelde verkragtings, 63 moorde, 73 pogings tot moord, 176 rooftogte, 670 inbrake en 35 motorkapings op ‘n gemiddelde dag.”

In die eerste vier jaar van Mandela se bewind het die land se skuld meer as verdubbel — van R194 miljard in 1994 tot meer as R400 miljard in 1998. Die rand het 80% van sy waarde verloor en in die eerste tien maande van 1998, byvoorbeeld, het meer as 2,8 miljoen werkerdae verlore gegaan weens ‘n vloedgolf van nywerheidstakings.

In How to be a good Communist, sê Mandela die volgende: Ons, die lede van die Kommunistiese Party, is die mees ontwikkelde rewolusionêres van die moderne geskiedenis… Die vyand moet eers volkome verpletter word van die aardbodem, voordat die Kommunistiese Wêreld verwerklik kan word.

Dit is Nelson Mandela.

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/content/view/5282/230/

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.