Sunday, 12 July 2009

Op Kommando: Die huidige bedeling: Waarom swartes blankes sal uitwis



Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Die jongste skrywe deur Dan Roodt, oor Thabo Mbeki se plan vir die uitwissing van die blanke bevolking, het my weer ernstig laat besin oor die bestaanskrisis waarin ons tans verkeer.

Ons volk se geskiedenis word gekenmerk deur die een krisis om voortbestaan na die ander. Dit wil amper voorkom asof ons alleenlik tussen die twee Vryheidsoorloë en vanaf die periode 1948 tot 1994 nie moes veg om 'n bestaan te voer nie. Altwee hierdie periodes was tydens Afrikaner-selfbeskikking wat uiting in ons eerste drie republieke, naamlik die ZAR, die OVS en die RSA(1961 tot 1994), gevind het. Hoewel ons in die jare van die bosoorlog geveg het, was ons tog veilig in die fort van ons republiek. Die huidige republiek, daarenteen, is nie ’n Afrikaner-republiek nie en weens die erodering van ons burgerregte is Afrikaners tans wesenlik staatloos.

Dit bring mens ook tot die onvermydelike gevolgtrekking dat Afrikaners se voortbestaan onbetwisbaar van die bestaan van 'n Afrikaner-republiek afhang. Meer hieroor egter in 'n latere skrywe.

Die huidige konteks waarin ons lewe, naamlik die situasie waarin ons deur swartes regeer word, is 'n vorm van ekstreme bedreiging vir ons volksvoortbestaan. Die laaste keer wat ons 'n bedreiging van soortgelyke graad beleef het was die tydperk rondom die Afrikaner-holocaust tydens die Britse konsentrasiekampe. Daardie was sekerlik die donkerste uur in ons geskiedenis, hoewel ons in die huidige situasie baie naby aan dieselfde vlak van bedreiging verkeer.

Daar kan nie ontken word dat 'n stadige volksmoord reeds in swang teen Afrikaners, op plase en in stede, is nie. Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is een van die Afrikaner-organisasies wat prontuit pleit dat die volksmoord op boere aangespreek word. Vele ander Afrikaner-organisasies het reeds aanvaar dat die sogenaamde misdaadvlaag niks minder as 'n lae intensiteit volksmoord is wat teen Afrikaners gevoer word nie.

Heelwat Afrikaner-sekuriteitskenners is van mening dat hulle bewyse het dat die ANC wel besig is om terroriste op te lei. Aanvalle geskied te dikwels met millitêre presisie. Dikwels herken slagoffers aanvallers as lede van die plaaslike polisie. Voorts word wapens van die SANW en SAPD gereeld op tonele van terreur gevind.

Wanneer dr. Dan Roodt beweer dat dit in swart politieke kringe bekend is dat Mbeki 'n plan ontwikkel het om blankes - en Afrikaners spesifiek - 'die see in te jaag', dan pas dit perfek in met die gebeure rondom die aanvalle op Afrikaner-burgerlikes. Ek sal ook op 'n latere stadium verder uitwei oor die genosiede begeerte wat binne die ANC teenoor Afrikaners bestaan.

Dit is ongelooflik naïef, tot op die punt van totale gekheid, om te glo dat Westerling en Afrikaan in vrede en voorspoed saam in Suid-Afrika kan leef. Dit bly vir my nog steeds een van die grootste raaisels dat Afrikaners ten aangesig van die verskriklike wreedhede wat Afrikane regoor Afrika teen wittes gepleeg het, geglo het dat dit anders in hul eie land sou wees.

Hierdie dwaling onder Afrikaners kan myns insiens grotendeels toegeskryf word aan die sukses waarmee die liberales die media gemonopoliseer het om ons volk te mislei. Mense wat alle kontak met die Afrika-werklikheid verloor het, deur te maak asof dit nooit gebeur het nie, het onder leiding van Britse en Amerikaanse ideologiese invloed die liberale idee omhels dat die individu, en nie etnisiteit nie, in 'n Suid-Afrikaanse demokrasie die bepaler van politiek sal wees. Nasionale Party politici (waaronder FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha ens.) het met die hulp van Naspers (Media24) asook die SAUK Afrikaners doelbewus gebreinspoel en mislei. Godsdiens het natuurlik 'n belangrike rol hierin gespeel, maar dit is 'n onderwerp vir 'n bespreking op sigself. Dan Roodt het onlangs betekenisvol hieroor geskryf.

Die liberale mistasting van multikulti word nog steeds deur politieke partye soos die DA aangehang, selfs al kan daardie party bykans geen swart kiesers trek nie. Pas is Cope, wat ook probeer het om 'n interrrassige party te wees, besig om te verbrokkel, nes die UDM eens gedoen het. Binnekort sal dit, soos die UDM, net nog 'n party wees wat rondom die persone van een of twee swart politici bestaan. Van die multirassige ideaal sal niks oorbly nie. Weereens het blanke kiesers hul stemme op die onbereikbare multirassige ideaal verspil.

Daar is 'n verskeidenheid redes waarom blankes en Afrikaners, ongeag wat al die liberale dromers sê, mekaar nooit sal vind in die NSA politiek nie:

1. Suid Afrika het 'n geskiedenis van drie eeue se politieke en ekonomiese oorheersing van blankes oor swartes. Eeue van suspisie en haat is 'n geweldige aandrywer van intergroepspanning. Veral in 'n bestel waar swartes konstant van die verlede bewus gemaak word, kan die vernedering daarvan nie oorkom word nie. Die enigste uitlaatklep vir hierdie vernedering is gewelddadige aanvalle op blankes.

2. Die rassestruktuur van ons samelewing wat ook ekonomiese ongelykheid reflekteer, skep konstante spanning. Weens hul vaardigheids- en ander gebreke sal swartes nooit blankes se ekonomiese gelykes kan wees nie. Slegs 'n klein swart elite kan ooit by RA en SEB baat, aangesien hulle hoogstens demografiese simbole is wat deur blanke welvaart geskep is en in ruil geen produktiwiteit bydra nie. Hulle paratiseer bloot op blanke rykdom. Die grootste gros van swartes sal egter altyd rondom die broodlyn leef, terwyl die meeste blankes vanweë hul vermoëns, selfs in die huidige konteks, finansieel beter as meeste swartes doen. Swartes sal altyd daardie ongelykheid waarneem. Hierdie ongelykheid is nie net vernederend vir hulle nie, maar skep ook die begeerte om blankes se welvaart te bekom deur enige metodes, insluitend geweld.

3. Die blanke kultuur van voortreflikheid is 'n steen des aanstoots vir swartes. Hierdie punt is verwant maar tog apart van die vorige een. Dit het te make met elke kulturele aspek van die Westerse kultuur wat Afrika en swartes gedurig in die skadu stel. Kuns, Westerse skoonheid, die Westerse oorheersing van wêreldpolitiek en verskeie ander verbandhoudende aspekte oorskadu swart kultuur. Hoewel hulle eintlik begeer om, soos Westerlinge, voortreflik te wees, kan hulle nie daarin slaag nie. Gevolglik koester hulle op alle vlakke 'n intense haat vir blankes. Thabo Mbeki se 'Afrika Renaissance' wat nooit verwesenlik het nie, was 'n antwoord op swart minderwaardigheidsgevoelens teenoor die Weste.

4. Ras- en kultuurverskillle in daaglikse kontak aksentueer ons andersheid. Elke dag kom swartes en blankes in kontak met mekaar. Hoewel mens sou kon argumenteer dat hierdie kontak tot wedersydse verdraagsaamheid moet lei, is dit my mening dat dit intergroepspanning verhoog. Die waarneem van biologiese ras- , taal- en aksent verskille, verskillende gewoontes, waarde en normatiewe verskille ens. maak mense van verskillende groepe ongemaklik met mekaar. Dit herinner mense aan die feit dat hulle aanpassings in hul persoonlike ruimtes moet maak om andersheid te akkommodeer. Hoe minder gesofistikeerd en geskoold die persone is, hoe laer is hul begrip en dus verdraagsaamheid hierteenoor. My vermoede is dat mense skaam is om openlik in sosiale kontak uiting daaraan te gee, maar dat dit 'n frustrasie is wat stilweg opbou todat dit sporadies by die individu of kollektiwiteit tydens 'n sielkundige katarsis uitgelaat word.

5. Die sosio-politieke konteks in Suid Afrika is besig om te degenereer en hierdie degenerasie is besig om energie te skep wat intergroephaat aanblaas. Die verskeie maniere waarop swartes en blankes op die politieke en sosiale terreine in interaksie verkeer, skep spanning. Blankes verwag Westerse standaarde en die korrupsie, wanbestuur, misdaad en algemene Afrika-manier van dinge doen, maak dat blankes tereg kritiek daarop lewer. Swartes word daardeur beledig en dit skep verdere intergroepfrustrasie.

6. Politici in swart geledere is besig om rewolusionêre agendas na te jaag. In die proses word heelwat haatspraak jeens blankes vanaf verhoë, die media ens. gepleeg. Dit maak swartes konstant bewus van die noodsaaklikheid dat daar met blankes afgereken moet word.

7. Swartes is besig om maatskaplike en statutêre reëls te ontglip. Binne die kulturele konteks verkeer swartes in 'n normatiewe krisis. Sedert massale verstedeliking plaasgevind het, is die normatiewe kontroles wat hulle as stamlede in stamverband gehad het, ontwrig. Swartes het na my mening nog nie 'n interne lokus van morele kontrole ontwikkel, soos mens by Westerse individue vind nie. Met die stamlid ontwortel uit stamverband, soos in die lokasies en townships, is hulle as ‘t ware moreel rigtingloos. Op die koop toe is wetstoepassing besig om te disintegreer. Waar die streng gepolisieerde aparheidsbedeling aan kultureel ontwrigde swartes normatiewe struktuur kon verskaf, het dit in die nuwe bedeling, waar wetstoepassing tot 'n einde gekom het, verval. In die huidige situasie is swartes as ‘t ware 'buite beheer'.

Bogenoemde sewe punte is 'n resep vir ‘n katastrofe. Hierdie katastrofe intensifiseer by die dag soos meer blankes vermoor word. Onder 'gunstige' omstandighede kan hierdie toestand in 'n algehele orgie van massale geweld en dus volskaalse volksmoord ontaard. Gegewe dat die situasie aan die agteruitgang is, beweeg ons binne die huidige bestel gevaarlik naby daaraan. Ek wil sover gaan as om te sê dat tensy iets die rigting drasties verander, ons op 'n volskaalse bloedbad afstuur.

Selfs al volg daar nie 'n skielike bloedbad nie, sou bloot die huidige geleidelike toename in geweld jeens Afrikaners niks minder as die geleidelike uitwissing van ons volk meebring nie. Die uitwissing geskied nie net omdat 'n groeiende getal slagoffers hul lewens verloor nie, maar daar is ook die duisende wat emigreer en sodoende uiteindelik in vreemde lande vir ons volk verlore is. Benewens die biologiese uitwissing is daar verder die ekonomiese en kulturele uitwissingsprogram wat deur die ANC teen ons gevoer word (meer daaroor 'n volgende keer).

Die ergste skade is die emosionele letsels aan duisende Afrikaner slagoffers wat aanvalle oorleef en/of familie van slagoffers is. Met ons lae geboortesyfer, emigrasie, verliese weens moorde en emosionele demoralisering weens die totale aanslag sal ons volk nie gedy nie. Dit is ongetwyfeld reeds volksmoord. Binne die huidige bestel staar ons hetsy spoedig of geleidelik ons einde in die gesig.



Oorsprong: Perspektief Blog
http://perspektiefblog.blogspot.com
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/07/die-huidige-bedeling-waarom-swartes.html
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/07/die-huidige-bedeling-waarom-swartes_12.html
http://vlad.dienuwesuidafrika.com

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.