Thursday, 6 August 2009

’n Volk onder beleg

Geskryf deur Vlad du Plessis,

Die skrywe van Buks van Rensburg het my net weereens laat besef hoe ons as volk nie net van alle mag gestroop is nie, maar my ook onder die indruk gebring van die ernstige mate van sielkundige demoralisering waaraan ons ly. Hierdie sielkundige demoralisering is instrumenteel in die regime se heerskappy oor ons. Hoewel PW Botha in die jare 80 van 'n Totale Aanslag gepraat het, was daardie woorde nooit so waar soos juis nou nie. Dié aanslag vind op elke denkbare gebied plaas en is ontwerp om ons as volk geestelik, kultureel, ekonomies en biologies uit te wis. Adriana Stuijt praat selfs van ’n pogrom wat teen Afrikaners gevoer word. Vele kommentators verwys reeds daarna as ’n volksmoord omdat die situasie aan al die vereistes van ’n volksmoord voldoen.

Oor die sielkundige demoralisering - en in welke mate dit die sukses van die volksmoord bewerkstellig - kan 'n hele verhandeling geskryf word. Buks van Rensburg is vir seker in die kol as hy dit herlei na 'n dekadensie. Ook die Afrikaner se oppervlakkige ontvlugting daarvan deur onbenullighede soos sport en die groeiende McJesus-verskynsel is tipies van ’n volk in verval. Met die McJesus-verskynsel verwys ek na die verskeie kits-charismatiese geestelike bewegings wat soos paddastoele verrys en ontvlugting in die vorm van ’n meer oppervlakkige en verteerbare teologiese boodskap bied.

Geen van hierdie ontvlugtings bied egter ’n oplossing vir ons krisis nie. Dit is tydelike en illusionêre oplossings wat met die werklikheid van ons bestaanskrisis niks te make het nie. Ons sal ook nie ons menswaardigheid hieruit herwin nie, omdat dit nóg die regime se pogings om ons konstant met die apartheidsverlede te verneder, nóg die ander aspekte van die Totale Aanslag, aanspreek nie. Sportbyeenkomste bied hoogstens ’n hedonistiese ontvlugting, deurdat dit ons toelaat om dopamienafskeidings te beleef wat ’n soort tydelike 'lekker gevoel' beswyming skep. Die ironie dat rugby en krieket juis Engelse sportsoorte is, hoef ek sekerlik nie uit te wys nie. Aan die ander kant preek die kerke konstant vir ons oor medemenslikheid en ’n universele 'naaste', wat niks met die antieke boodskap te make het nie. Hierdeur wakker hulle gedurig 'n verlammende piëtisme aan waardeur ons onsself net verder op die altaar plaas sodat die swart onderdrukker ons vir hul eie belang kan slag en offer.

In die geheel kan ons nie op hierdie trant voortgaan nie. Op hierdie manier stuur ons naamlik vir seker op uitwissing af. Dit is tyd dat Afrikaners die uitdelging wat aan die plaasvind is, erken vir wat dit is en ophou om die gevolglike woede te onderdruk. Hierdie woede skreeu om uitdrukking en dit is ook die sleutel na ons bevryding.

Die Boeremagsaak is ’n sentrale aparaat in die ANC se gereedskapskassie van instrumente waarmee die Afrikaner gefolter word. Behalwe dat dit veronderstel is om ons konstant te herinner daaraan dat enige millitêre poging hierdie selfde futiele gevolge sal inhou, is dit ’n instrument van vernedering. 'Weereens het hulle ons uitoorlê' - en dit moet konstant in ons gesigte gedruk word. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie, omdat die Boeremag hoogstens ’n desperate en infantiele poging van ’n klompie enkelinge was. Tog is die regime se obsessie om die saak so lank as moontlik lewend te hou juis ’n bevestiging van hoeveel hulle die Afrikaner vrees en ook tot watter mate hulle besef dat indien ons millitêr goed georganiseerd is, ons ’n werklike bedreiging vir hulle kan inhou. Die ironie is dat die Boeremag nooit enigsins professioneel van stapel gestuur is nie, en dus word die swakste voorbeeld van Afrikaner militêre organisasie as voorbeeld gebruik.

Die feit dat die swakste voorbeeld veronderstel is om my bang te maak, stem my juis opgewonde en hoopvol. Ek is van mening dat die Boeremagsaak enorme potensiaal vir ons bevryding inhou. Ten eerste moet ons simpatie met die aangeklaagdes, asook ons woede oor die ongeregtigheid van hoe hierdie absurditeit vir ewig uitgerek word en as waarskuwing vir alle Afrikaners gebruik word, juis ons woede uitlok. Die saak self bied verder ’n hele argief van strategiese materiaal van die Boeremag se foute en verskaf sodoende ’n padkaart weg van hierdie futiele mislukking en is per definisie die rigtingwyser na ’n meer suksesvolle strategie.

Die Boeremag-lede was dalk nie die slimstes onder ons nie. Hulle benadering en gebrek aan begrip dien egter as ’n leerskool. Ons moet onsself weerhou van onwettige optrede en ander ondeurdagthede.

Ek twyfel ernstig of ons ’n volkstaat langs die politieke weg gaan kry. Die meerderheid van ons volk is bloot te gedemoraliseerd daarvoor en boonop is die magdom van Afrikaner politieke en kultuur organisasies net te gefragmenteerd. Nogtans moet ons aanhou om te werk vir politieke eenheid en om daardie pad ook na te streef. Geen steen mag onaangeroer gelaat word nie.

Tog is ek daarvan oortuig dat ons alleen struktuur, eenheid en hernieude trots in ons stryd gaan skep deur die bou van 'n sterk militêre beweging. Ná die vernedering van Duitsland by Versailles het die Nasionaal-Sosialiste juis die Duitsers se trots herstel deur die opbou van millitêre vermoë. Dan Roodt het meermale al na 1994 verwys as die Afrikaner se Versailles. Ek is oortuig dat die NSA die Afrikaner se Weimar Republiek is en dat ons net so erg gedemoraliseerd soos die Duitsers in daardie era is.

Ons het 'n millitante minderheid nodig wat hoogs georganiseerd en die toonbeeld van moderne Afrikanertrots is. ’n Soort fanatieke Boere-Nazi of AWB beeld moet egter van weggestuur word.

Dit is ook my oortuiging dat ons nie die ondersteuning van die meerderheid Afrikaners benodig nie. Die 1917 Oktober-rewolusie in Rusland is suksesvol uitgevoer deur die Bolsjewiste wat in daardie stadium slegs 16% verteenwoordiging in die Doema (die Russiese parlement) gehad het. As ons 16% van Afrikaners in 'n (para) militêre struktuur kan organiseer met 'n sterk Afrikaner-identiteit wat ons woonbuurtes suksesvol beskerm, ons kultuur trots vertoon en 'n Afrikaner poltieke agenda handhaaf, sal ons gedy en seevier in hierdie land.

Dit is nie nodig vir ons om, soos die Boeremag, staatsgrepe en ander onwettighede te beplan of te bedryf nie. Ons moet ons by die wet hou. Suid Afrika is op 'n pad van groeiende onstabiliteit. Die geleentheid vir handeling sal weldra kom...

Oorsprong:Perspektief Blog
http://perspektiefblog.blogspot.com/
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/08/n-volk-onder-beleg.html
http://perspektief.dienuwesuidafrika.com/
http://perspektiefblog.dienuwesuidafrika.com/

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.