Tuesday, 22 September 2009

Bewapen jouself - baklei terug

deur Past. Marius Muller

2009-09-19 02:22

Die artikel “Werk saam met rowers” verwys.

Dit laat my bloed kook as ek lees van sulke slapgattigheid.

Indien Suid-Afrika ingeval word, sal die weermag maar saamwerk met die invallers?

Moet die polisie saamwerk met misdadigers?

Moet ons nie die duiwel weerstaan en dan sal hy vlug nie?

Mense moet hulself bewapen en voorberei.

Skiet ’n misdadiger altyd raker as jy?

Hoeveel mense word nie in elk geval vermoor of verkrag of jy saamwerk of nie.

Jou lewe is nie belangriker as dit wat reg is nie; dit is om lafhartig te wees.

Ek self is ’n pastoor en het reeds een inbreker doodgeskiet, met geen skuldgevoel nie, slegs jammerte.

Al wat kruip voor ’n rower doen, is om hom meer sadisties te maak en te sterk in sy kwaad.

Verset jouself liewer tot die dood toe as om met jou verdiende skuld saam te leef omdat jy te lafhartig was om jouself, gesin of eiendom te beskerm.

Die Vader behoed ons boere as almal die “rol om en pleit”-houding inneem.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/2554137659ea42329f1832ef0e4930d7/19-09-2009-02-22/Bewapen_jouself_-_baklei_terug

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.