Sunday, 6 September 2009

Oos-Vlaandere nou ieder en elk s'n




Lees berig hier.

Geskryf deur Mnr RJ Veldman - Nederland

Maandag, 24 Augustus 2009

Mnr RJ Veldman

'n Verteenwoordiger van die nasionalistiese party Vlaams Belang, mnr Tanguy Veys, het kapsie gemaak teen die verandering van die Oos-Vlaamse Provinsie se embleem waarin selfs die uitbeelding van die leeu heeltemal verwyder is. Hy is van mening dat die vorige embleem duidelik gespreek het juis vanweë sy eenvoud en heraldies verantwoordbaar was. Dat die Oos-Vlaamse Provinsiebestuur voel dit is te ouderwets en vervang moet word is onaanvaarbaar.

Die Provinsiebestuur het egter reeds opdrag gegee aan 'n navorsingsburo vir 'n nuwe embleem. Mnr Veys beskryf die nuut voorgestelde embleem as 'n aapstert wat eerder op e-posse hoort as in 'n embleem.

Dit is volgens mnr Veys ontstellend dat die Provinsiebestuur vir hierdie nuwe ontwerp reeds meer as 95.000 euro betaal het aan navorsings- en bemarkingsbeplanning, en 78.000 euro vir die kampanje om die beeld by die publiek te bevorder.

Bowendien is die oorspronklike spreuk: 'Oost-Vlaandere,Óns Vlaandere' vervang deur: 'Oost-Vlaandere, vir ieder van ons'.
Mnr Veys is van mening dat hierdie uitermatige groot uitgawes in 'n tyd waar almal gevra om besparend te werk te gaan, onverantwoordelik is en het op 'Facebook' 'n aksie begin om die ou embleem terug te kry. 'Ieder en elk' word gevra om hierdie aksie te ondersteun deur op die skakel te kliek http://www.new.facebook.com/group.php?gid=139299670352

Die gevolgtrekking is dat die liberalisme-virus ook al in alle hewigheid toeslaan in Oos-Vlaandere soos in Suid-Afrika waar nasionalistiese simbole en embleme, geskiedkundige straat- en dorpsname, en alles wat gekoppel kan word aan die vooruitstrewende tydperk van eiesoortige ontwikkeling, verban moet word, net dat plek gemaak kan word vir verval en vernietiging.

Oorsprong:Afrikaner Volksparty
http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1297:oos-vlaandere-nou-ieder-en-elk-&catid=38:nederlandse-nuusflitse&Itemid=33

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.