Saturday, 12 September 2009

Suid Afrika se witwarm vraagstuk: tussenrassige misdaadkoerse



Deur Anton Barnard.

Die Brandon Huntley geval het weer eens die baie aktuele vraag oor misdaadkoerse, en spesifiek misdaadkoerse oor rasgrense heen, in die kollig geplaas. Suid-Afrika se amptelike misdaadsyfers word nie op ‘n rassegrondslag gepubliseer nie. Ons het nie amptelike syfers wat sê hoeveel blankes deur swartes vermoor word en andersom nie.

Die blanke publiek het wel ‘n baie sterk vermoede dat die swart-op-wit misdaadkoers, selfs op ‘n proporsionele grondslag, die wit-op-swart koers totaal verdwerg. (Vir die doeleindes van hierdie stuk gebruik ek die ANC regime se definisie van swart om ook ander rasgroepe soos kleurlinge as swart te kategoriseer.) Die publiek moet egter staatmaak op oorvertellings en nuusberigte.

Hoeveel van ons is nie self al die slagoffer van swart misdadigers gewees, of ken ander blankes wat deur swart misdadigers beroof, vermoor, aangerand of verkrag is nie?

In die uiters rare en uitsonderlike gevalle waar blankes wel geweldsmisdaad teenoor swartes pleeg, word dit tot so ‘n mate uitbasuin in die pers dat ‘n leser wat nie van beter weet nie, sou sweer daar is ‘n enorme probleem met rassistiese blankes wat swartes uitwis. Ironies genoeg is die lynregte teendeel waar. Die Waterkloof 4 en die Skierlik-aanvaller was uitsonderlik slegs vir die skaarsheid van hulle soort aanvalle.

Dikwels word sogenaamde blanke misdade totaal en al verdraai. Nie één van die skoonmakers in die sogenaamde Reitzhuis-voorval is beseer nie. Hulle het inteendeel laggend saamgespeel. Dis egter nie wat ‘n leek sou dink as hy CNN of die BBC se berigte hieroor gesien het nie. ‘n Boer het per ongeluk ‘n swart seun op sy plaas geskiet omdat hy hom vir een van die bobbejane wat die boer se plaas plunder, aangesien het. Dit was ‘n ongeluk. Die boer het intense berou oor die ongeluk getoon (hoeveel swart plaasmoordenaars toon soortgelyke berou?), maar nietemin hou Cosatu en sy trawante steeds vol dat dit ‘n rassistiese moord sou wees.

Aan die ander kant is dit slegs die mees sensasionele moorde en aanvalle op blankes, byvoorbeeld die blanke meisie wat deur ‘n swart taxibestuurder vermoor is, wat nog enigsins die koerante haal. Swart-op-wit aanvalle is so algemeen en wydverspreid dat dit nie eens meer skokwaarde het nie. Bykans elke uitgawe van ‘n lukraak-gekose koerant met blanke lesers dra berigte oor swart-op-wit moorde. Sulke berigte word egter dikwels weggesteek in die binneste bladsye. Dis slegs as ‘n blanke ‘n swarte aanval, dat dit tot vervelens toe voorbladnuus word. In Engels noem mens dit “man bites dog reporting.”

Die niksseggende en inderdaad absurde verskoning wat die polities-korrektes aangebied het om Brandon Huntley se suksesvolle asielaansoek as belaglik te probeer afmaak, was dat swartes ook deur misdaad getref word. Dit is ongetwyfeld waar, maar dis nie die volle verhaal nie. Brandon Huntley het beweer dat hy, as lid van die blanke etniese groep, deur swartes, ‘n ander etniese groep, geteiken word. Dis iets heel anders as gewone misdaad, nie waar nie?

(Indien iemand bostaande sou betwis, gaan ek volhou dat die Waterkloof 4 se aanval en die Skierlik-skietery ook blote misdaad was, iets waaroor die linkses nooit sal toegee nie.)

Indien dit slegs blote misdaad is wat hier ter sprake is, sonder ‘n rassemotief, volg dit dat daar ook in verhouding met ons getalle ‘n proporsionele aantal blankes moet wees wat misdaad pleeg en swartes aanval. Gegewe dat blankes 10% van die bevolking uitmaak, en misdaad volgens die linkses ewekansig is wanneer dit by sy oortreders en slagoffers kom, volg dit dat 10% van al die misdaad in Suid-Afrika deur blankes gepleeg moet word. Ons moet dus verwag dat huise in Soweto ook deur blanke terreurbendes geteiken moet word, en dat swart bejaardes se vingers ook tydens plaasaanvalle deur blanke misdadigers afgeknip sal word.

Is dit werklik die geval? Niemand het harde syfers nie, want misdaadstatistieke word weer eens nie per rasgroep aangegee nie. Kan ons egter ‘n ingeligte raaiskoot maak hieroor? Hoeveel misdaad word deur blankes gepleeg? Hoeveel deur swartes? Hoeveel swart-op-wit aanvalle teenoor wit-op-swart aanvalle? Ek sou reken die antwoord is ja. Mens kan buitelandse statistieke gebruik om minstens verdedigbare syfers mee voort te bring.

Suid-Afrika se blankes se voorouers kom grootliks uit 4 lande: Nederland, Brittanje, Duitsland en Frankryk. Siende dat blankes se voorouers van daar af kom, hoe vergelyk dié lande se misdaadkoerse met Suid-Afrika s’n? Die antwoord is daar is bykans nie ‘n vergelyking nie. Suid-Afrika se moordkoers is sowat 40-50 per 100,000 bevolking per jaar, sowat DERTIG KEER hoër as hierdie lande s’n, wat tipies 1.5 per 100,000 bevolking is. Hier moet mens ook in ag neem dat ‘n baie groot persentasie van misdaad in die genoemde lande deur immigrante gepleeg word.

Dus: Suid-Afrika het sowat 4.5 miljoen blankes. As SA se blankes se misdaadkoers soortgelyk aan ons stamlande s’n is, en daar is geen rede om te vermoed dit sou anders wees nie, sou daar slegs 67 uit die 20,000 of meer moorde jaarliks deur blankes gepleeg word in Suid-Afrika. Siende dat al die ander moorde, 20,000 of meer, deur anderskleuriges gepleeg word, wat is die proporsionele moordkoers, maw die koers wat die aantal moorde normaliseer op grond van bevolkingsgetalle?

Die linkses is lief daarvoor om oëverblindery te probeer toepas op grond van bevolkingsgetalle. Hier volg ‘n gunstelingfoefie van die linkses: “omdat daar baie meer swartes as blankes is, is daar noodwendig meer swart moordenaars.”

Wel, ja, maar dis nie so eenvoudig nie. Daar is nie net GETALLEGEWYS meer swart moordenaars nie, daar is ook PROPORSIONEEL meer swart moordenaars. As jy moordkoerse normaliseer, met ander woorde die koerse op ‘n gelyke basis vergelyk, is die swart koers steeds astronomies groter as blankes s’n. Hier is ‘n maklike manier om laasgenoemde te bedink:

As daar 10000 witmense in ‘n dorpie sou woon, sou daar slegs elke 7 jaar 1 (een) moord gewees het.

As daar 10000 swartmense in ‘n dorpie woon, sou daar ELKE JAAR sowat 5 moorde gewees het.

Die grafiek hieronder gee die onderlinge moordkoerse per capita weer op ‘n visuele manier. Let opnuut op: dit is genormaliseer om die getalle swartes en blankes in ag te neem.



Siende dat Brandon Huntley aanspraak gemaak het daarop dat blankes deur swartes geteiken word, hoeveel van daardie 67 blanke moordenaars per jaar se slagoffers is swart en andersom? Ons moet weer eens na oorsese navorsing verwys om ‘n ingeligte raaiskoot te maak. Die VSA het bykans dieselfde aantal swartmense as wat daar in Suid-Afrika is. Die VSA het wel sulke statistieke beskikbaar.

Volgens die webwerf http://www.colorofcrime.org pleeg swartes in die VSA 85% van alle tussenrassige misdaad. Swartes is slegs 10% van die totale bevolking in die VSA. ‘n Eenvoudige berekening toon dat swartes in die VSA gevolglik VYFTIG (50) MAAL meer geneig is om alle soorte misdaad oor rasgrense heen te pleeg as die res van die bevolking.

Dis moontlik dat Suid-Afrika se tussenrassige moordkoers selfs nog meer geskeef is. Siende dat daar moontlik slegs 67 moorde per jaar deur wittes gepleeg word (sien die dele oor die moordkoers in blankes se stamlande), en ‘n groot deel van die slagoffers ander blankes is, word slegs ‘n baie klein aantal swartes deur blankes vermoor. Dis onbekend hoeveel, maar die opperste limiet is 67, en slegs met die aanname dat alle moordslaggoffers van blanke moordenaars swart is. Dis duidelik nie die geval nie – blankes vermoor ook ander blankes.

Dis ook onbekend hoeveel blanke moordslagoffers daar per jaar is. As almal ewekansig deur misdaad geteiken word (in teenstelling met die tempo waarteen verskillende groepe misdaad pleeg), is daar minstens 2000-3000 blanke moordslagoffers jaarliks. Siende dat daar maksimum 67 blankes deur ander blankes vermoor word, is bykans al die ander blanke vermoordes die slagoffers van tussenrassige moord.

Om dit op ‘n ander manier te stel: dis sowat 30 maal meer waarskynlik dat ‘n blanke moordslagoffer se aanvaller swart sou wees as wat die aanvaller blank sou wees.

Vir swart moordslagoffers is die prentjie heel anders. Dis sowat 300 maal meer waarskynlik dat ‘n swarte deur ‘n ander swarte vermoor sou word, en weer eens dis slegs as alle blanke moordenaars se slagoffers swart sou wees.

Ek laat dit aan die leser self oor om te oordeel of die polities-korrektes se siening, dat misdaad geen kleur ken nie, ‘n goeie weergawe van die werklikheid is. Ek verwag dat daar diegene sou wees wat van my verskil, en ek verwelkom dit. Dit sou veral baie interessant wees om van diegene wat met my verskil se syfers te hore te kom. Is dit nie moontlik tyd vir organisasies soos Praag en Afriforum om te begin aandring op misdaadstatistieke op grond van ras nie? Vir solank as wat die ANC regime die waarheid van ons probeer weerhou, so lank sal die redelike vermoede bestaan dat die regime iets het om weg te steek, dat die inhoud van hierdie stuk nie ver van die waarheid is nie.

Oorsporng: SAMizdat Blog deur Anton Barnard
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=367

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.