Wednesday, 23 September 2009

Watse erfenis is daar vir wit mense oor om te vier?

deur E. de Clerk

2009-09-23 03:54

Watter erfenis moet wit Suid-Afrikaners op Erfenisdag vier?

Die onbeholpe ANC-regering–'n sy kommunistiese bondgenote–gebruik hierdie vakansiedae om die massas op te sweep met politieke retoriek.

Van erfenis is daar bitter min sprake.

Erfenis is al omskryf as: “Dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiekstukke, mondelinge tradisies en museumversamelings saam met hul dokumentasie.”

Die volgende vrae kom onwillekeurig op: “Wat bring ons swart bevolking na die erfenistafel?” en: “Het hulle ’n erfenis wat ek wil vier?”

Soos die Israeliete van ouds, wil dit voorkom asof die ANC-regering alle spore van die wit mense se geskiedenis in hierdie land wil uitwis.

Waarmee wil hulle dit vervang?

Robbeneiland, Soweto-onluste, toi-toi, misdaad en korrupsie?

Die Wêreldbeker-sokkertoernooi volgende jaar?

Die mite van ’n reënboognasie?

Nasionale gedenkwaardighede soos die ou tremhalte – in Kerkstraat, langs die Uniegebou wat nou deur sluipslapers bewoon word – tot ons land se grootste erfenis – ons skoon, onbesoedelde water – is binne 15?jaar verwoes deur die regering se onvermoë om die land te bestuur.

Daar is egter nog sommige wat sal redeneer dat ons ons vryheid het om te vier.

Hoe vry is jy agter jou tralies en hoë mure?

Geniet jy jou erfenis in jou persoonlike klein tronkie in die voorstede? Wat gaan jou kinders oor 20 jaar vier?

Viva, Erfenisdag!

Viva!

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/5d2eea74006343098de1e46ae2448eaf/23-09-2009-03-54/Watse_erfenis_is_daar_vir_wit_mense_oor_om_te_vier

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.