Sunday, 6 September 2009

Wittes onwelkom

deur Pieter du Preez

2009-09-03 02:21

’n Rukkie terug het ek en een van my swart kollegas in die strate van Johannesburg gestap. Ons was albei netjies aangetrek. ’n Groep van sowat agt swart mense het my vasgegryp en beroof.

My kollega het my probeer help, maar is ’n vuurwapen gewys en is verplig om 1,5 m verder saam met honderde swart toeskouers te staan en toekyk hoe ek op ’n vernederende manier deurgesoek en beroof is.

My kollega is ná die tyd deur swart mense genader en vertel dat hierdie rooftog “ ’n les was dat wit mense nie meer welkom is in die strate van Johannesburg nie”.

Dalk moet ons wit mense ’n webwerf skep waarin rassistiese aanvalle soos hierbo aan die wêreld bekend gemaak kan word.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/4413dd621d4d451dba0349a7448306b3/03-09-2009-02-21/Wittes_onwelkom

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.