Sunday, 4 October 2009

Plundery gaan tot ‘n ekonomiese ramp lei


Deur Anton Barnard.

Ekonome begin praat oor die groen lote van herstel ná die rampspoedige afgelope paar jaar van ekonomiese resessie. Sommige lande, met China aan die voorpunt, is besig om stadigaan te herstel. Ek is van mening dat Suid-Afrika nie gaan herstel nie, dat die partytjie wat geheers het sedert 1995 vir goed verby is. My voorspelling is dat teen 2020 of gouer Suid-Afrika ekonomies op sy knieë sal wees, uitgesonderd klein eilandjies van welvaart wat rondom die mynbounywerheid wentel. Hier is my redes:

Bykans al die ekonomiese suksesverhale sedert die tweede wêreldoorlog, onder andere Japan, Singapoer en China, het ‘n paar dinge in gemeen gehad. Dit sluit in:

• ‘n Intense veldtog van opvoeding en opleiding van hul bevolkings.
• Uitvoergedrewe groei.
• ‘n Sosiale kontrak tussen die arbeiders, maatskappye en die regering, waarvolgens die partye ooreengekom het om saam te werk tot die groter heil van die land en gemeenskap.
• Binnelandse besparing en beleggings (die Oosterlinge spaar byvoorbeeld gans en al te veel).

Wat baie, baie beslis nié gebeur het nie, is dat daar ‘n grootskeepse konfiskering of plundery van een groep of die land se rykdom was nie. Rykdom is dus geskep, nie oorgedra, verkwis of gesteel nie.

Nie een van bostaande faktore is teenwoordig in Suid-Afrika nie. Ek hoef nie uit te wei oor watter ramp die land se onderwysstelsel sedert 1994 geword het nie. Dis genoeg om Mamphele Ramphele aan te haal wanneer sy sê Bantoe-onderwys was beter.

Tweedens raak Suid-Afrika al hoe minder mededingend in terme van uitvoere. ‘n Chinese arbeider, iemand wat dikwels baie beter opgelei en toegewyd is as sy Cosatu-eweknie, werk vir ‘n breukdeel van die loon van die lui, militante en dikwels ongeletterde Cosatu-tipes. Suid-Afrika is vinnig besig om ‘n regressie te toon na ‘n suiwer mynbou-uitvoerland, namate Cosatu en sy absurde eise die nywerhede stelsematig vernietig. Geen nyweraar by sy volle positiewe sou Suid-Afrika bó China of Indië kies om sy fabriek te kom oprig nie.

Derdens is daar geen sprake van ‘n sosiale kontrak nie. Die Suid-Afrikaanse en inderdaad die Afrikamodel is veel eerder een van plundery – elke man of bende met AK-47’s vir homself. Ek loop nou die risiko om nes die Volksvergadering se sprekers van haatspraak aangekla te word omdat ek durf om die polities inkorrekte waarheid te skryf, maar ‘n feit is ‘n feit: In Afrika plunder die bevolking en veral die politici dikwels die rykdom, in teenstelling daarmee om rykdom te skep. Daar is kwalik enige voorbeeld van ‘n Afrikaland wat vandag beter daaraan toe is as tydens die koloniale tydperk, om presies hierdie rede. Lees die sprokie van die sprinkaan en die mier vir ‘n gelykenis hieroor.

Suid-Afrika se SEB-trogvarke maak dit byvoorbeeld duidelik dat plundery hul enigste doelwit is, gelei deur skobbejakke soos die toutologies-gesproke onbevoegde voormalige RA-hoofbeampte van SAL, Khaya Ngqula, wat ten spyte van sy korrupte weë ‘n skeidingspakket van R13 miljoen “verdien” het. Ngqula se gierigheid het geen perke geken nie. Hy het ‘n tender ter waarde van miljarde rand toegeken aan ‘n konsortium waarvan sy vrou ‘n lid was. Hierdie neiging het voorspelbaar oorgewaai na die werkersklas ook, wat looneise van ver bokant die inflasiekoers maak, en dan dikwels gewelddadig raak en staak as daar nie gehoor gegee word nie. Ngqula se misdadigheid strek van heel bo in die ANC-regime tot op die laagste vlakke in die samelewing. ‘n Bende van sowat 20 misdadigers het byvoorbeeld onlangs ‘n winkelsentrum in Brakpan geplunder.

In teenstelling met die Ooste is Suid-Afrikaners nie spaarders nie. Ons is veel eerder soos Amerikaners, grootskeepse besteders. Daar is ook hopeloos te min binnelandse belegging. Suid-Afrika se tydperk van ekonomiese groei is juis op die rug van grootskeepse besteding gebou, namate ‘n kunsmatige nuwe swart middelklas geskep is deurdat blanke werknemers etnies uit hul poste gereinig is. Daar was ‘n orgie van besteding aan onder andere swart Jaguars, Mercedesse en BMW’s wat die motorhandelaars en eiendomsagente baie bly gemaak het, maar met geen werklike substansie daaragter nie. Daar is heelwat huise met swart inwoners in voormalig blanke gebiede sonder gordyne en ordentlike meubels binne, maar met twee blinknuwe, luukse motors in die motorhuis.

Dié kunsmatige en kortstondige groei is egter geskep op die rug van die verskuiwing van rykdom van ‘n klein minderheid na ‘n ewe klein swart minderheid met die hulp van gedwonge nasionalisering bekend as swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie. Dit is weer eens niks anders as gewettigde plundery en selfverryking nie. Plundery het geen land al ooit meer mededingend geraak nie. Inteendeel; dis ‘n resep vir ‘n ramp. Kyk bloot na Zimbabwe.

Die plundery is reeds besig om wyer uit te kring, namate die anachronistiese kommuniste hul stem by die koor van SEB-plunderaars voeg. Daar is vyftig miljoen plus wat afhanklik is van ‘n klein minderheid van sowat 2,5 miljoen. Daar is reeds sowat 13 miljoen ontvangers van een of ander vorm van toelaag – dertien miljoen parasiete wat weer eens op die 2,5 miljoen belastingbetalers teer. Selfs ‘n graad-4-leerling sal verstaan dat dit nie volhoubaar is nie.

Die finale nekslag vir Suid-Afrika se ekonomie gaan toegedien word deur die toenemende druk op die ANC-regime om in ‘n sosialistiese staat te verander. Hierdie druk kom vanuit die geledere van die linkses, en weer eens is dit Cosatu en sy trawante wat as rasieleiers hiervoor optree. Die grandiose maar onnosele Nasionale Gesondheidsversekeringskema (NGV) is een voorbeeld van hierdie linkse malligheid. Dít alleen gaan die alreeds swaarbelaaide belastingbetaler sowat R200 miljard per jaar kos, iets wat eenvoudig nie bekostigbaar is nie.

Die krake is reeds daar. Suid-Afrika gaan vanjaar minstens R100 miljard minder aan belasting vorder as die vorige jaar. Om kranksinnige planne soos die NGV en kindertoelaes wat tot tienerswangerskappe lei te befonds, sal belasting noodwendig moet verhoog. Dit sal die belastingbetaler verder oorlaai, en voorspelbaar sal meer en meer van die weinige belastingbetalers wat oor is, emigreer. Dit sal ‘n spiraal veroorsaak ingevolge waarvan daar ‘n toenemende las op besighede en die oorblywende individuele belastingbetalers geplaas word, al hoe meer besighede bankrot gaan en belastingbetalers hulself insolvent sal moet verklaar.

Die ekonomiese trein gaan vir jou en vir my tref. Gaan ons betyds van die spoor af kom, of gaan ons soos springhase gehipnotiseer en passief staan en wag dat dit gebeur?

Oorsprong:Samizdat Blog deur Anton Barnard
http://antonbarnard.praag.co.za/
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=515

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.