Saturday, 3 October 2009

Staan saam vir 'n doel!


Film: "Orania: Ik hou van jou." - Deur Rudi Prinsloo
As u nie die aangehegde video kan sien nie, kliek hier.

Deur Quintin Diederichs.

03 Oktober

Die media en intelligensie-netwerke (bv. die CIA) was van meets af gebruik om state te beinvloed tot die voordeel van 'n spesifieke wêreldorde/Geldmag en om bevolkingsgroepe te indoktrineer met propoganda-veldtogte om hul doeleindes te bereik.

Liberalisme is in die moderne era as die dryfveer van hierdie wêreldorde/Geldmag gebruik om hul magsposisie te bevorder, net soos bv. kolonialisme twee eeue gelede 'n dergelike dryfveer was.

Byvoorbeeld, o.a. die CIA en die liberale media het 'n kardinale rol gespeel om die blankebevolking in SA onder leiding van die NP (as agent van hierdie liberale magte sedert die moord op dr. Verwoerd) so vêr te kry om hul politieke-, ekonomiese- en veiligheidsmagsbasis prys te gee vir 'n onbekwame kommunistiese swartmeerderheidsregering. Hoekom? Sodat die wêreldorde/Geldmag verder op hierdie streek se hulpbronne beslag kan lê. 'n Realiteit wat sedert 1994 in bv. die land se mynboubedryf plaasgevind het.

Die implikasies wat swartmeerderheidsregering vir die Afrikaner inhou is o.a. toenemende armoede (blanke plakkerskampe), affirmative action m.a.w diskriminasie op arbeid-, onderwys- en kulturelevlak, grondverlies (grondhervorming) en volksmoord (skokkende getal plaasmoorde).

Daar is 'n uitweg om 'n einde te bring aan hierdie bedreigings wat ons volk tans in die gesig staar:

Staan saam met ons vir die Afrikanervolk se reg op onafhanklikheid in eie grondgebied, soos vergestalt in die beleid van die VF+, om 'n nuwe Afrikaner staat in Afrika tot stand te bring - in lyn met ons getalle en behoeftes.

Indien die Afrikanervolk wil vergaan moet ons nou ons rûe draai op ons reg om vry te lewe in ons eie grondgebied en ons eie mense te bemagtig sonder die indringing van ander volke en nasies, of om self in te dring op ander volke en nasies se bestaansreg. Die implikasies, soos hierbo gemeld, sal net toeneem hoe langer ons verdeeld staan en talm.

Ons moét net eenvoudig ons voet iewers in die deur kry. Wie weet wat mettertyd kan gebeur.Tans is ons volk op sy knieë maar daar is 'n plek waar die deur met 'n skrefie oop gegaan het vir ons. Die enigste plek op aarde waar Afrikaners waarlik vry en selfstandig lewe in hul eie grondgebied en oor hulself regeer.

Afrikaner - wys jy het ruggraat en begin betrokke raak vir jou en jou volk se eie beswil. Maak vrede met die verlede en skryf saam met ons die nuwe hoofstuk van die Afrikanervolk se florerende toekoms in Afrika.

Sluit aan en staan saam met ons vir 'n doel:

http://www.orania.co.za

Vriendelike groete,
Quintin Diederichs

Oorsprong: Quintin Diederichs (Facebook)
http://www.facebook.com/profile.php?id=799928064
Die Afrikaner Facebook Groep
http://www.facebook.com/group.php?gid=22275268337
Video deur DnSA Films
http://www.youtube.com/watch?v=5z4O7BJ-jg8

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.