Thursday, 5 November 2009

Afrikaners moet soos Europa na konserwatiewe wortels terugkeer

deur A. Smith

2009-11-04 01:52

Die regse swaai in Europa gee my hoop vir Suid-Afrika!

Die instroming van vreemdelinge na Europa, en Afrika-leiers se radikale flaters en siek optrede het Europeërs se oë laat oopgaan en laat hulle gryp na hul diepgewortelde konserwatiewe lewenswyse, gegrond op die werklikheid van volkskap, wat diep in ons Germaanse volke sluimer.

Die septer-swaaiende Cosatu en SAKP, korrupsie, misdaad, omgekeerde rassisme en dom uitsprake soos dié van pres. Jacob Zuma, mnr. Julius Malema en ander het die laaste paar maande oor die wêreld heen mense se wenkbroue laat lig.

Ons volk moet nou voortgaan met ons vryheidstryd, want volksnasionalisme in Europa is gesond, lewendig en groei geweldig.

Ons, as Afrikanervolk in Suid-Afrika, moet ook terugkeer na ons geloof in God, konserwatiewe beginsels en volkskap. Die stryd is nog lank nie verlore nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/68a83d16c1bf438cab1f5514d026dbd7/04-11-2009-01-52/Afrikaners_moet_soos_Europa_na_konserwatiewe_wortels_terugkeer

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.