Sunday, 22 November 2009

Blanke solidariteit teen regstellende aksie


Deur Anton Barnard

Regstellende aksie is opnuut in die nuus. ‘n Polisiekaptein, Renate Barnard, is in ‘n hofgeding gewikkel met die SAPD omdat sy vir meer as ‘n dekade nie bevorder is nie, bloot omdat sy wit was. Al is dit verstaanbaar, is dit egter teleurstellend dat nóg sy, nóg Solidariteit wat haar steun in die hofsaak, die moed van hul oortuigings het om dit prontuit te sê: regstellende aksie is en sal altyd niks anders as rassisme bly. Ek gee nie ‘n flenter om of dit ‘n pragtige, positiewe naam soos “regstelling” het nie, rassisme bly rassisme, al is dit swartes wat dit toepas.

Ek doen dus ‘n beroep op Afriforum en Solidariteit om asseblief die ding op sy naam te noem: skreiende, onregverdigbare, naakte swart-op-wit rassisme. Dit stuur ‘n dubbelsinnige boodskap uit as mens probeer voorgee jy steun transformasie, maar dit dan andersyds in die howe beveg. Waarvoor is ons skaam? ‘n Onreg word ons aangedoen. Dit is die rassistiese ANC regime, wat glo teen rassisme gestry het in die verlede, maar dit tans self toepas, wat hom moet skaam.

Jimmy Manyi, die huidige direkteur-generaal van die Departement Arbeid en voltydse Afro-fascis, dreig eweneens om regstellende aksie strenger toe te pas. Lees sy oorlogverklaring op jóú, meneer en mevrou die blanke werknemer, hier.

Siende dat die onregverdige bevoordeling op rassistiese gronde baie gewild is onder die ANC se stemvee, is daar slegs een manier om die ANC se rassisme, soos vergestalt deur Manyi, die hoof te bied, en dit is blanke rassesolidariteit; eendragtige optrede wat ten doel het om sulke rassisme te saboteer, te kortwiek en van binne te rysmier. Die ANC het die mees suksesvolle aspek van sy “Struggle” in die vorm van burgerlike verset geloods, toe hy die land onregeerbaar gemaak het.

Dit is tyd vir blankes om binnelands ons eie “struggle” te loods teen die ANC regime se rassistiese praktyke. Dit is my en jou as blanke se plig om rassistiese praktyke op elke denkbare manier te saboteer, om saam te staan teen die skreiende onreg wat teen ons gepleeg word. Net soos ‘n soldaat mag weier om ‘n onwettige bevel van sy bevelvoerder uit te voer, is dit ons morele plig om ons te verset teen hierdie onreg.

Een manier om dit te doen is om eenvoudig te weier om mee te maak aan die ANC regime se voortgesette toepassing van ‘n wet wat nie meer op die wetboek is nie, die Bevolkingsregistrasiewet. Weier dus om jouself as blank te kategoriseer op enige amptelike vorm. Siende dat Afrikaners glo tussen 7 en 15% “ander” bloed in ons are het, kan ons met groot akkuraatheid daarop aanspraak maak dat ons in der waarheid gekleurd is. Hoe gaan die ANC immers maak – blankes aan ‘n potloodtoets onderwerp? Dit sal uitstekend wees as ons die regime met só ‘n veldtog wel kan dwing om mense weer in rasgroepe te moet kategoriseer, omdat dit ‘n enorme verleentheid vir hom sal wees.

‘n Tweede manier is om subtiel in solidariteit met jou medeblankes op te tree. As jy byvoorbeeld by ‘n winkel iets wil koop, sorg dat jy met die blanke verkoopspersoon handel, en nie met sy swart kollegas nie. Sorg dus dat die blanke sy kommissie verdien, en nie ‘n lid van ‘n ander volk nie. Laasgenoemde word in ieder geval deur regstellende aksie bevoordeel. Waarom wil ons sy loopbaan nog meer bevorder? Gaan koop sover moontlik by besighede wat deur blankes besit word.

Dieselfde geld by jou werk. As jy in ‘n posisie is om mense aan te stel, sorg dat jou eie volk se kandidate voorkeur kry. Daar is maniere om ‘n kandidaat tydens ‘n werksonderhoud hetsy te elimineer, hetsy te bevoordeel. Pas dit op ‘n subtiele wyse toe, sonder om jouself in die moeilikheid te kry. Weier ook om onbekwame kollegas wat nie van jou volk is nie, se werk namens hulle te doen. As ‘n onbekwame bestuurder van ‘n ander volk oor jou aangestel word, sorg dat sy tekortkominge dubbel en dwars openbaar gemaak word deur hom byvoorbeeld telkens tydens vergaderings te verneder met sy onkunde. As jy ondergeskiktes het, sorg ook dat jou eie mense bevorder en bevoordeel word. Diegene wat vir die ANC stem, word reeds onregverdig bevoordeel. Waarom moet jy self meemaak aan die benadeling van jou eie mense?

Weer eens: sabotasie en ondermyning van die ANC regime se onverdedigbare rassistiese wette is al manier vir blankes om ons te verset teen ‘n onreg wat teen ons gepleeg word. Alhoewel ons verswelg word deur die ander en die “demockracy” geen uitkoms bied nie, kan elke blanke tog op sy eie manier die ANC aanvat in die stryd teen swart-op-wit rassisme.

Oorsprong:Samizdat Blog
http://antonbarnard.praag.co.za/
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=838

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.