Saturday, 12 December 2009

Jou boef, ek as vrou daag jou uit

deur Joe van Pretoria

2009-12-12 03:14

Hiermee ’n uitnodiging aan alle bose en wrede misdadigers, verkragters en skelms!

Volgende keer, wanneer jy ’n inbraak, verkragting of watter wrede aanval beplan, daag ek jou uit, om my “man-to-woman” (ja, ek is ’n vrou!) te kom aanval.

Los jou makkers by die huis en ek sal my huismense in die badkamer toesluit. Los jou AK by die voordeur of tuinhekkie en ek los my pistool in die kluis.

Op hierdie manier het ons al twee ’n ewe en regverdige kans.

Want die hele SA weet dat julle te lafhartig is om ons weerlose vroue manalleen aan te vat.

Tipies van boelies en bullebakke. Manalleen kan hy dit nooit doen nie, moet altyd ’n gespuis by hom hê. So, ek daag jou uit!

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/d36485c79c9f494da37eef43e3797c13/12-12-2009-03-14/Jou_boef,_ek_as_vrou_daag_jou_uit

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.