Monday, 14 December 2009

Welgedaan, die Azaniese Naspers en die Azaniese SAPD

Deur Anton Barnard.

Graag wil ek die Azaniese polisiemag asook die Azaniese Naspers gelukwens met hulle inhegtenisname van die sogenaamde “nes van regses” asook Naspers se beriggewing daaroor in Rapport.

Help my egter asseblief hier: wie presies het die sogenaamde nes van regses:

Vermoor?

Aangeval?

Verkrag?

Aangerand?

O, ek sien, niemand nie.

Dis nou in teenstelling met die naturelle wat daagliks terreur saai in voorstedelike winkelsentrums met hul AK’s; die swartes wat blankes uitmoor, verkrag en besteel op ‘n daaglikse grondslag, terwyl die ANC se vetgat, onbevoegde vetkatte in hul blouligkonvooie rondjaag en warm lug spu, sonder om een dooie duit aan die situasie te doen.

Welgedaan, Rapport en die getransformeerde SAPD. Ons almal slaap nou veiliger in ons bedjies noudat julle so ‘n “nes van gevaarlike regses” (sic) aan die kaak gestel het, terwyl Gombal en sy maatjie, die misdadige skuim en voormalige MK-kader, daardie gawe versameling idiote wat nie eens een vierkante sentimeter grondgebied kon bevry nie; die swart misdadiger, maak presies nes hy wil.

Soos altyd is Liza Albrecht en haar eie nes van ANC-gatsuiende ekstreem-linkses bekend as Naspers, te lamsakkig en papbroekig om iets te skryf oor die swart kriminele wat daagliks ongebreidelde vlakke van misdaad pleeg. Na die tipiese fatsoen van Naspers is tientalle blankes die afgelope week vermoor, verkrag, aangerand en besteel, bykans almal deur misdadigers van ander, nie-blanke rasse, dog verkies me Albrecht en haar trawante om sensasionalistiese Naspersdrek oor imaginêre “regses” te publiseer.

Rapport sien dus ‘n hele aantal dooie en verkragte blankes hierdie afgelope week, almal vermoor deur swartes, klaarblyklik as ‘n mindere probleem vergeleke met ‘n groep regses (sic) wat niemand tot op hede beseer het nie. Noem my onlogies, maar stellig is Rapport se beriggewing nie bloot bevooroordeeld nie, maar inderdaad fundamenteel anti-Afrikaner.

Oorsprong:Praag Forum
http://groups.yahoo.com/group/praag/message/46352

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.