Thursday, 31 December 2009

So ryk, maar tog ook so arm


2009-12-16 20:00

André le Roux

Afrika het in 2009 agt nasionale verkiesings beleef. Daarvan is slegs drie se uitslae nie betwis nie.

Die vasteland het in die afgelope 18 maande drie staatsgrepe (Madagaskar, Guinee en Mauritanië) beleef.

Twee wankelrige eenheidsregerings in Kenia en Zimbabwe probeer die orde hou nadat vroeëre verkiesings­uitslae tot geweld gelei het.

Sluipmoordaanvalle is gedoen teen Lesotho se premier en Guinee se militêre leier.

In agt lande is nasionale verkiesings en referendums uitgestel en in nege lande is staatshoofde al langer as 20 jaar aan die bewind.

In sewe Afrika-state handhaaf troepe van die Verenigde Nasies (VN) en die Afrika-Unie (AU) die vrede.

In 39 van 53 Afrika-state is menseregtevergrype aangeteken, sê Amnestie Internasionaal.

Dit wissel van vreemdelinghaat in Suid-Afrika, die stelselmatige ritueelmoorde op albino’s in Tanzanië tot die vervolging en ernstige oorweging van doodstraf teen homoseksuele in Uganda.

Die AU beskerm pres. Omar Hassan el-Basjhir van Soedan amptelik teen die Internasionale Strafhof se vervolging weens oorlogsmisdade en volksmoord in Darfoer.

Vyf Afrika-state – Somalië, Zimbabwe, Soedan, Tsjad en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) – is heel boaan die gesaghebbende tydskrif Foreign Policy en The Fund for Peace se indeks vir mislukte state.

Zimbabwe het ten spyte van die totstandkoming van die regering van nasionale eenheid in Februarie sy posisie van derde swakste tot tweede swakste versleg.

Die DRK, tans die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), het sy posisie van sesde tot vyfde versleg.

Elf Afrika-state is in die swakste 20 lande ter wêreld.

Altesame 31 Afrika-state bevind hulle op die lys van die 60 kwesbaarste lande ter wêreld – 32 as Wes-Sahara, waarvoor geen data bekom kon word nie, ingesluit word.

So positief moontlik gestel: Net 21 van 53 Afrika-state is relatief stabiel.

Volgens die indeks is daar nie ’n enkele staat in Afrika, Suid-Afrika ingesluit, wat as nie-kwesbaar beskou word nie.

Waar ’n staat soos Zimbabwe as “kritiek” geklassifiseer word, word ’n land soos Mosambiek as “in gevaar” en Suid-Afrika as ’n “grensgeval” bestempel. (Sien kaart.)

Afrika se bevolking het in 2009 die eerste keer die 1 miljard-merk verby gesteek.

Kortweg is dit Afrika se demokratiese prestasie in 2009.

Die 60 kwesbaarste lande op die indeks gaan gebuk onder ernstige vlakke van demografiese druk, die teenwoordigheid van inheemse vlugtelinge, etniese verdelings, groot gapings tussen ryk en arm en oneweredige ontwikkeling tussen stedelike en plattelandse gemeenskappe.

Al hierdie faktore is op verskillende vlakke teenwoordig onder al die state wat as “grensgevalle” (Suid-Afrika, Gaboen, Benin, Ghana, Senegal en Libië), in state “in gevaar” (37 Afrika-state) en “kritieke” state (Zimbabwe, Kenia, Somalië, Soedan, DRK, Kongo, Tsjad, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ivoorkus en Guinee) bekend staan.
Kenia is die Afrika-staat wie se posisie op die lys die ergste verswak het – van 26ste tot 14de.

In 2009 het spanning in die wankel­rige koalisieregering begin toeneem, veral weens internasionale bemiddelaars se pogings om die verkiesingslagting van 2007-’08 se belhamels in 2010 deur die Internasionale Strafhof aan te kla.

Die rede: van hulle sit in die Keniaanse kabinet.

Die behoefte aan wapentuig in Afrika bly onversadig.

Volgens die indeks is Rusland en China verantwoordelik vir 27% van die wêreld se wapenuitvoer.

Saam het hulle verlede jaar 40% van hul uitvoerwapens aan die 60 kwesbaarste state op die indeks verkoop.

Zimbabwe en Soedan, twee van die lande in die lys van mislukte state, is die grootste invoerders van Chinese wapens.

Nigerië, 15de (verlede jaar 19de) op die lys van die kwesbaarste state, is die derde grootste aanskaffer van Chinese wapens.

Nigerië se posisie het versleg weens toenemende kommer oor die gesondheid van pres. Umar Musa Yar’Adua. Hy is tans in die waakeenheid van ’n hospitaal in Saoedi-Arabië.

Die Nigeriese regering ontken ewe hardnekkig gerugte dat hy dood is óf kunsmatig aan die lewe gehou word.

Korrupsie en dwelmhandel ruk handuit in Afrika.

Volgens mnr. Jonathan Lucas, streekverteenwoordiger van die VN se kantoor teen dwelms en misdaad, ­beloop oorgrenshandel tussen Afrika-state jaarliks $1,3 triljoen (R9,7 triljoen) per jaar.

Daarvan is tussen $20 miljard en $40 miljard (tussen R150 miljard en R300 miljard) “korrupte geld” in die vorm van omkoopgeld jaarliks in omloop in Afrika.

“Dit is gelykstaande aan tussen 20% en 40% van internasionale geldhulp aan Afrika,” het Lucas verlede week by ’n teen-korrupsie­seminaar in Pretoria gesê.

Die lande om in 2010 dop te hou, sluit in Kameroen, Ethiopië en Eritrea, Guinee-Bissau maar ook Jemen, ’n nie-Afrika-staat.

Volgens die Indeks het die gebrek aan kos en werk sedert 2008 tot verskeie gewelddadige opstande in 2009 gelei. Vlugtelinge uit Kameroen stroom oor die noordelike grens na Tsjad wat reeds gebuk gaan onder ekonomiese nood.

Guinee steier nog onder die staatsgreep aan die einde van 2008 toe kapt. Moussa Dadis Camara die bewind oorgeneem het.

Guinee is sedertdien uit die AU geskors en Camara gewaarsku om homself nie as kandidaat verkiesbaar te stel in die April-verkiesings nie.

Camara steur hom nie daaraan nie en verlede maand is hy in ’n sluipmoordaanval gewond.

Wes-Afrika en Guinee-Bissau in die besonder kom ook toenemend weens die dwelmhandel in die internasionale kollig.

“Guinee-Bissau word vinnig Afrika se eerste dwelmstaat. In 2007 is die straatwaarde van dwelms in dié land is op 25% van die bruto binnelandse produk geraam,” lui die indeks-verslag.

Waar dwelms en sluikhandel – ook in mense – in Wes-Afrika die wêreld tot kommer stem, teister internasionale terreur die ooskus van Afrika.

Benewens die interne wetteloosheid in die groter Horing van Afrika-gebied, is die verslegtende situasie in Jemen aan die oorkant van die Rooi See en die Golf van Aden ’n kritieke bedreiging vir internasionale skeepvaart.

Jemen word toenemend, soos Somalië, ’n regeringlose terreurstaat.

Toenemende Amerikaanse en Navo-druk op Afganistan en Pakistan lei daartoe dat Islamitiese terreurgroepe dié situasie uitbuit deur na dié gebied uit te wyk.

Die grense tussen Etiopië en Eritrea bly ná tien jaar van oorgrenskonflik gemilitariseer.

Eritrea se posisie het van 44ste na 36ste versleg en Ethiopië bly 16de op die indeks van die kwesbaarste lande.

Foreign Policy sê Eritrea is een van die grootste “uitvoerders” van vlugtelinge na die res van die wêreld.

Tientalle Afrikane vlug nog na Europese lande en duisende sterf ter see omdat lande soos Spanje, Italië en Frankryk hul kusgebiede sluit en “bootmense” buite hul gebiedswater hou. Benewens vlugtelinge wat aan die konflikte in Wes- en Noordwes-Afrika probeer ontkom, duur vlugtogte uit lande suid van die Sahara onverpoos voort.

Die VN raam inheemse vlugtelinge in Afrika – wat vanjaar ook 700 000 klimaatvlugtelinge insluit – op sowat 10,4 miljoen.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) stel die wêreld se siening oor Afrika só: “Vir baie nie-Afrikane is dit onbegryplik dat ’n groot deel van die mensdom in omstandighede leef wat ander geslagte gelede al agtergelaat het.

“Elke 3,6 sekondes sterf iemand van die honger; van die 1 miljoen mense wat jaarliks aan malaria sterf, is 900 000 Afrikane.”

Die WEF wys ook daarop dat Afrika die enigste vasteland is waar die voorkoms van MIV/vigs nie afneem of selfs afplat nie.

In Namibië en Botswana – twee van Afrika se suksesverhale – raam die Rooi Kruis die besmettingskoers op 31% van die bevolking.

“Afrika is die tweede grootste vasteland en waarskynlik die rykste wat sy hulpbronne betref, maar sy mense is van die armste ter wêreld,” sê die WEF met ’n sweem van radeloosheid wat al hoe meer wêreldwyd opklink.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/In-Diepte/Nuus/1979/51682bd4cc4749d3bca0dd49afbe631b/16-12-2009-08-00/So_ryk,_maar_tog_ook_so_arm

Bundles of Sorrow

by George Annandale

2009-12-29 10:22

I woke up on Saturday morning to the exciting news that over 500 "Bundles of Joy" were born on Christmas day in South African hospitals.

We need this glorious news like a hole in the head. Truth be said, besides the 500-odd babies born in hospitals a further five-thousand-odd were born all over the place; babies born in abject poverty from parents who cannot sustain themselves, never mind their "Bundles of Joy".

What the tellers of the stories of delight omits from their good tidings is that more than 200 of these "Bundles of Joy" will be dead as Dodos by next Christmas, many of them having died most horribly of hunger or HIV/Aids related deaths.

The bearers of good tidings also forgot, conveniently perhaps, to tell us how many of these babies were born to unemployed and poverty stricken parents who can hardly afford enough food to render onto them the energy required to procreate. Many of them having probably harnessed their last bit of energy, most likely derived from an energy bar or Wilson Toffee, stolen from the nearest spaza-shop.

To add more gloom to the supposedly joyous Christmas birthing occasion, it must be noted that more than a hundred of the babies who survived the first year, will die a horrible and suffering death before they are five.

The four-and-a-half thousand who remain, after the initial carnage, does not face a life of moonshine-and-roses either. At least 50% of them will live on the breadline, having to scrounge a living from rubbish heaps, dust bins, begging and petty theft; never knowing whether they will see the next Christmas and not even having a clue that, odds are, they will be dead by twenty-five.

"What is wrong with that?" - some may quite rightly ask, not realising we live in a country, part of a continent that, with the best will in the world, have never been able to sustain itself and its people without alms and food donations.

That the ANC government and its partners refuse to acknowledge or address this very real problem is inconsequential to most. To them, the so-called leaders, the populist promise of social allowances, whilst hoping for a miracle, is the only way to handle the crisis facing the country and the continent.

Instead of facing the fact that too many people are competing for resources, they while away their time, making transformation plans whilst blaming everything, from labour-brokers to white farmers, weather, apartheid, thieves-in-their-midst and wages, for the plight of the poor and desperate.

To them, the so-called leaders, as virulent African breeders of note, the very idea of any legal constraints on breeding, like measures propagated, implemented and enforced by many civilised or half-civilised country outside the African continent, as solution to their overpopulation problem, is quite unthinkable, or as some would say, "Too ghastly to contemplate". Instead of preaching moderation, African leaders urge their illiterate followers to "Go forth and multiply" and promise them monetary rewards as an additional incentive, encouraging them in their belief that their breeding is an assurance policy against famine and pestilence.

Source:News24
http://www.news24.com/Content/MyNews24/YourStory/1162/538f7737d5fe4d7589d4cacf827af176/29-12-2009-10-22/Bundles_of_Sorrow

Sunday, 27 December 2009

Om met jou ma se verkragter te speel


Geskryf deur Vlad du Plessis

Die rol wat die ligsinnige tydverdryf, rugby, in ons volk se ondergang gespeel het en die voortgesette negatiewe impak daarvan, mag nie onderskat word nie. As Afrikaners met slegs 10% van die entoesiasme waarmee hulle hul gunsteling Engelse sport bedryf hul vryheid sou nastreef, dan kan ons seker binne enkele weke ’n Afrikanerrepubliek bekom. Helaas, hierdie logika ontgaan Afrikaners soos wat hulle hulself bedwelm met die ekstase van die eiervormige Engelse bal wat oor die pale vlieg.

Terwyl die Kaapse koloniste tydens die destydse Britse bewind rugbyspelers geword het, was dit anders vir die burgers van die Boererepublieke. Dit was egter in die krygsgevangekampe van die tweede vryheidsoorlog waar Boerekrygsgevangenes met hul vyand begin speel het nadat hulle die stryd verloor het. Hier het hulle begin om rugbyvriendskappe te smee met die verkragters en moordenaars van hul dogters, vroue en moeders. Dit is ‘n perverse liefdesverhaal wat Afrikaners in die toekoms polities sou ontlont deurdat dit pogings tot groepsaksie "vreedsaam" sou kanaliseer om op ‘n meer "Britse" manier uiting te vind. Cecil John Rodes wou reeds van vroeg die balsport rugby inspan om Kapenaars te deëtnifiseer en het met welslae die 1891-Britse toer na die Kaapkolonie gefinansier.

Dat rugby die Afrikaner se opium is, het die Kommuniste ewenwel begryp. Dis nie om dowe neute dat Mandela die naam 'Playing the Enemy' vir sy boek oor die uitoorlê van die Afrikaners gekies het nie. Afrikaners sou immers eerder aan internasionale sport deelneem as om hul vryheid te behou; hul geboortereg verkoop vir 'n pot lensiesop ...

In die era van sportboikotte het Afrikaners gesmag om te mag 'speel' met hierdie vyande. Dít terwyl laasgenoemde aktief besig was om die ANC te ondersteun en ons oral denkbaar te ondergrawe. In sy boek, Strooidak en toring, waarin Izak de Villiers onder andere die skandelike oorgawe deur die NP bespreek, sê hy: ”Miskien was ons almal te bewus van hervorming, hervorming, nuwe bedeling, vrede (en rugby)...”

In die relaas van die Amerikaanse joernalis Patti Waldmeir oor die Nasionale Party se oorgawe, Anatomy of a miracle, skryf sy: "Afrikaners had swapped apartheid for rugby, and there was every sign they thought it a fair deal."

Die rugbybeswyming duur natuurlik voort selfs in die huidige krisis waarin ons leef. Min Afrikaners verstaan veel van Suid-Afrikaanse politiek en nog minder is op enige vlak by hetsy ons bevryding, hetsy enige vorm van Afrikanerweerbaarheid betrokke. Nogtans sit hulle bankvas op die pawiljoen, wanneer 30 uitgevrete imbesiele om des lewens agter 'n bal aanhardloop.

Behalwe dat Afrikaners aanhoudend deur middel van hierdie onsinnigheid uit die werklikheid ontglip, bied rugby ook ander kontradiksies wat teenproduktief vir ons breër oorlewing is. Die raakpunte wat rugby (en krieket) tussen ons en die Angel-Saksiese wêreldgemeenskap bied, kan slegs negatief op ons inwerk. Per slot van rekening is sportbeoefening ook ’n kultuuraktiwiteit. Die kontak wat sulke sportbyeenkomste met Engelssprekende lande meebring, is nie 'n goeie ding nie. Dit raak ’n proses van kulturele kontak waar gemene saak gemaak word met volkere wat ons tans steeds negatief gesind is. In die vroeë twintigste eeu het Afrikanerintellekteuele, -politici en skrywers heelwat kontak met ons stamlande: Nederland, Duitsland en Frankryk gehad; ten dele is die opbloei in die Afrikaanse kultuur hierdeur moontlik gemaak. Danksy rugby, is ons deesdae uitsluitlik gerig op Engeland, Australië en Nieu-Seeland.

Min Afrikaners besef in welke swak lig ons nog steeds in Engelssprekende lande beskou word. Die minagting waarmee die breër Angel-Saksiese wêreld ons sien, kom op ’n vorm van volkshaat neer. Wanneer mens vriendskappe begin bou met mense wat nie jou waardes verstaan of respekteer nie, begin jy gewoonlik jou eie waardes te kompromitteer om sodoende meer aanvaarbaar vir hierdie "vriende" te wees. Hierdie dinamika geld op ’n persoonlike vlak, maar ook op ’n gemeenskapsvlak. Dis om hierdie rede, sowel as vir persoonlike gewin, dat Suid-Afrikaanse krieket- en rugbyspelers (rondom ons internasionale hertoelating) in die vroeë 90s dikwels meer krities teenoor apartheid gestaan het as wat vir hul ondersteuningsbasis sou geld.

Hulle het bande begin smee met mense teenoor wie hulle ’n waardekompromie aangegaan het. Rugby en krieket dra by tot die verinternasionalisering van Afrikaners en dit dra by tot ’n verlies aan identiteit, in ’n milieu waar ons oorlewing van ’n sterk identiteit afhang.

Deur ons geskiedenis kom die tema van uitverkoop na vore. Dit was sigbaar ten opsigte van Afrikaners wat te verstrengel met die internasionale gemeenskap geraak het, byvoorbeeld Jan Smuts, Pik Botha, die hartchirurg Chris Barnard, ens. Tans is die Hollywood-ster en dowwe blondine van Benoni, Charlize Theron - daardie aartsdissipel van die halfgod Mandela - ook ’n goeie voorbeeld. Met haar swaar en vals Amerikaanse aksent, is sy sekerlik een van die beste voorbeelde van ’n Afrikaner wat op hierdie wyse verinternasionaliseer is. Hoewel Charlize Theron ná ’n relatief kort periode "veramerikaans" het, het die Australiese aktrise, Nicole Kidman, selfs ná baie jare in Hollywoord haar Australiese aksent behou. Die rede is eenvoudig: Kidman as Australiër is deel van die globale Angel-Saksiese kultuur en dit is aanvaarbaar. Daarenteen moet Theron as Afrikaner haar self deëtnifiseer om aanvaarding te verkry.

Kan enigeen onthou hoe "Engels" Hansie Cronje en sy spanlede geklink het...? Luister gerus na sommige van ons huidige Afrikaner sport-"helde" as hulle praat. Nogtans moet jy nie glo dat solank jy ’n goeie ou Boere-aksent handhaaf jy maar lustig met die rugbybal kan voortdraf nie. Die sielkundige kragte van verinternasionalisering en veral veratlantisering (die verinnerliking van die Angel-Saksiese karakter) strek baie dieper.

Dieselfde kragte wat op Theron inwerk, het ’n impak op ons rugbyspelers, hoewel in ’n ander konteks. Wanneer hulle teen die buiteland speel, smee hulle bande met veral die Anglo-Saksiese wêreld en dit beïnvloed hulle waardes, gedrag en wêreldbeskouing. Moet ook nie ons rugbyspelers se gedienstigheid aan die Afro-Saksiese ANC onderskat nie. Behalwe dat die ANC nou vir alle praktiese doeleindes hul organisatoriese meesters is, sal enigeen van hulle pronk op ’n foto met 'n ANC-minister, as dit meer publisiteit en dalk ’n plek in die Springbokspan kan beteken.

Ons rugbymanie dra ’n beeld van normaliteit aan die wêreld uit. In Jacob Zuma se woorde is ’n land wat op sportterrein presteer immers ’n land wat in vrede met homself leef. Is hierdie die boodskap wat Afrikaners aan die buitewêreld wil uitdra?

Onwillekeurig moet mens die vraag stel: “Hoe is dit moontlik dat mense wat uitwissing op elke gebied in die gesig staar meer gemoeid met balspele as hul oorlewing is?” Dit is asof Afrikaners meer as ooit tevore in die balsporte (veral rugby) opgaan. Afrikaners toon bykans geen belangstelling in die politiek nie en dit is asof rugby (net soos charismatiese godsdiens) Afrikaners se verbeelding en groepsmeelwing ten volle gemonopoliseer het. Geen vorme van verset teen die rassistiese diktatuur waaraan ons onderwerp is, interesseer Afrikaners in 'n beduidende mate nie Nogtans raak hulle liries wanneer hulle hul grootste vyand se sport kan bedryf. Die situasie is erg genoeg om enige denkende mens stom te slaan en telkens kan mens nie anders as om te wonder of so ‘n volk werklik redding verdien nie. Dit is asof Afrikanernasionalisme ten volle deur ‘n soort rugbynasionalisme of dan rugbyisme vervang is. Ek wil dit waag om te se dat ten spyte van al die verskille wat ‘n eeu van volksewolusie opgelewer het, dit veral hierdie afvallige sport van die vyand is, wat die eertydse Afrikaners van die Boererepublieke en die huidige Afrikaners van mekaar onderskei. Miskien is dit die grootste wapen waarmee die Engelse ons ooit kon oorwin, want hiermee het hulle ons volk in gatlike en skrillend juigende pom-pom-waaiende dopamiene junkies verander.

Hoewel dit ’n projek is wat enorme teenstand sal kry, wil ek voorstel dat ons in ’n Afrikanerrepubliek heeltemal met die Engelse spoortsoorte, naamlik rugby en krieket, wegdoen. Ons het nie nodig om hierdie "kultuur"-aktiwiteit, wat groter gemeenskaplikheid tussen ons en ’n steeds vyandige internasionale Engelse gemeeskap bevorder, te beoefen nie.

Inteendeel sou ek wou aanraai dat Afrikanersportdeskundiges na die tekenbord gaan en 'n totaal nuwe sportsoort ontwerp. So ’n volkseie sportsoort kan deur die skole (Afrikanerdepartement van onderwys) en ander staatsinstellings (Afrikanerdepartement van sport en ’n Afrikaner-openbare-uitsaaier) gevestig en bevorder word. Net soos Amerikaners met hulle eie voetbal en bofbal, kan ons ons eie sportsoorte ook met groot geesdrif en voortreflikheid beoefen.

In ons huidige krisis waar ons deur radikale problematiek gekonfronteer word, sal Afrikaners self moet oorgaan tot die beoefening van radikale politiek. Die radikalisme wat nou van ons vereis word, beteken dat ons gefokus moet wees en nie langer deur lughartige onsinnighede, soos rugby, verlam word nie. Mag die dag kom dat ons die sport van die moordenaars en verkragters van ons voorgeslagte afsweer!

Oorsprong:Vlad du Plessis se Perspektief Blog
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/12/om-met-jou-ma-se-verkragter-te-speel.html
http://perspektiefblog.blogspot.com/

Man shot dead in robbery in Kameeldrift

December 23 2009 at 10:28AM

A 43-year-old man has been shot dead in a robbery in Kameeldrift outside Pretoria.

Constable Portia Maleka, a police spokeswoman, said two robbers had broken into a house at around 5am on Tuesday.

"The husband heard them and tried to push closed the bedroom door. They couldn't open it and they shot him through the door," said Maleka.

"He was shot several times in the stomach."

She said the couple had been tied up and the robbers had demanded firearms and jewellery, and asked where the safe was.

"They... fled with a laptop computer, cellphones and the couple's bakkie."

Beeld newspaper reported that the victim, Renier Lamprecht, had died an hour after he was shot.

It said it was the second time he had been shot in a robbery. Three years ago he had been robbed on his smallholding in Rustenburg, and shot three times in the stomach.

The paper added that the Kameeldrift community suffered heavily from serious and violent crime.

In March 2008, a 38-year-old man, Marius van Greunen, was killed in a robbery. In May 2008, Adriaan Steenberg, 45, was murdered. In the same month there were more than 14 armed robberies.

In October 2008, robbers killed Rudi Roach, 50, for a cellphone and a couple of beers. In the same month a woman and her daughter were robbed and a 16-year-old girl was raped during a separate robbery.

In February this year, Renier Boshoff, 67, was shot dead in front of his wife. In August, a 55-year-old woman, Essie Ferreira, was robbed and earlier in December a 41-year-old woman was raped in her house.

Maleka said there was a higher incidence of serious crime in the area during the festive season.

"We have a number of police units, including the task force and provincial police that come and assist us during the festive seasons," she said.

The police, as well as community patrollers (neighbourhood watch), would be on high alert and doing stop-and-search patrols during the holidays, she said. - Sapa

Source:IOL
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=nw20091223095845430C813540

A friendly greeting, then a brutal attack

December 24 2009 at 10:31AM

By Craig McKune and Jason Warner

The latest victims in a spate of violent attacks in the Hermanus mountains have told how they were stabbed, stoned, bound and robbed while hiking this week.

Martin, 59, and Janet, 57, Stern, South African expats living in Canada, were left bruised and lacerated after the "completely senseless" attack on Tuesday morning, the fourth in two months at the bustling holiday town's Fernkloof Reserve.

A concerned hiker, Delia Scott, has offered a R1 000 reward for information about the attacks: "It is very close to our hearts because my husband and I often hike that route," she said.

'The next thing we knew we were being stabbed in the back'

Municipal manager Werner Zybrandts said Hermanus was stepping up its security in the area, erecting warning signs and offering security guards, pepper spray and whistles for hiking groups.

Martin said having hiked for more than half an hour from the entrance to the reserve at the bottom of the kloof, they were walking along a jeep track on top of the mountain when they passed two men walking in the opposite direction.

"I said good morning, and they nodded," he said, speaking from his hospital bed at Hermanus Medi-Clinic. A few seconds later they heard running footsteps behind them and presumed joggers were approaching.

"The next thing we knew we were being stabbed in the back. I was stabbed next to my kidney, and they stabbed Janet in the arm," said Martin. "They pushed us to the ground and picked up rocks."

One attacker smashed Martin across the face with a rock and ripped his bag from his back using his knife.

'I was trying to reason with them, but they were totally out of control'
"They had large hunting knives that looked about 12 inches (30cm) long, then they really started roughing us up.

"Janet started saying to them: 'Would you treat your mother like this?'"

Every time she said it they beat her again.

"I was trying to reason with them, but they were totally out of control," she said.

"I think they were drugged up," said Martin. "They were completely senseless - there was no rationale.

"If they had just come to us with knives I would have given them the money equally."

The attackers took a camera, Janet's watch and wedding ring and cellphone before forcing them down the slope away from the road, throwing rocks at them as they walked.

About 30m down the slope the attackers used the couples' shoelaces to bind their feet and hands.

"We were feeling very faint and we were beginning to pass out and they told us to lie down. One of them kept saying: 'Don't kill them. Don't kill them.'

"Our worst thoughts were that they would slit our throats, or rape.

"Janet said to me in Hebrew: 'We're going to pray to god,' and then they left us."

When Janet tried to raise her head, they threw rocks at her, and then the couple were left alone, dehydrated, drenched in blood and weak.

Staggering back to the road, they collapsed repeatedly.

"There were flies all around us. The blood was caked everywhere."

Reaching a bench at a viewing site, Martin said: "We can't stay here. We're losing too much blood."

Staggering again down the jeep track, they saw a group of hikers approaching - the Jouberts. They gave them water, mopped their brows, applied a tourniquet to Martin's worst wound and called rescuers, who airlifted the couple to hospital.

"They saved us," said Janet of the Jouberts.

The Sterns have visited Hermanus annually for the past 10 years.

Now settled in Toronto where Martin works in finance, they said they left South Africa in 1986 for business reasons. Fernkloof was a hiking route Martin said they hiked once or twice a year.

The Sterns said they had been overwhelmed by the treatment they had received in Hermanus and would continue to visit South Africa. He and Janet shared a ward yesterday and looked relatively cheerful.

Janet's top lip was swollen on one side, and Martin's right hand bandaged. A gash ran across the bridge of his nose.

Dried blood caked their fingernails.

Grant Forbes, reserve manager at Fernkloof, said that in the first attack two months ago, an Italian couple were approached from behind and held up at knifepoint: "They didn't see the guys' faces."

The other two attacks were similar. In the second, a woman was slapped in the face, and in the most recent attack, three weeks ago, eight hikers were mugged by two men who beat them with their own walking sticks.

In each incident the attackers were two men, although police Inspector David Payne said there was no evidence linking the attacks, which all occurred on the same trail, in the same area.

Zybrandts said two men were apprehended by baboon monitors after the third attack, but they were released due to a lack of evidence.

"Their excuse was that they were looking for jobs," he said.

A sign was erected at the entrance to Fernkloof a week ago, warning hikers to be vigilant, and offering emergency phone numbers. Martin Stern said he hadn't seen the sign and, had they been aware of the attacks, they wouldn't have hiked in the area alone.

Zybrandts said signs were now being erected at all informal entry points to the trail, encouraging hikers to walk in large groups and to start at the main entrance. Security guards would be provided for large groups and small groups would be given pepper spray canisters and whistles. While law enforcement teams did patrol the trails during the holiday season, their number was being increased.

"I just want them to catch these guys," Martin Stern said.

Anyone with information to claim the reward can contact the police on 0860010111.

This article was originally published on page 1 of Cape Times on December 24, 2009

Source:IOL
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20091224053146203C608060

NP is uit sy broek onderhandel

2009-12-26 15:51

Pieter Mulder

Ek was by die onderhandelinge en glo dat Roelf Meyer en sy span beslis beter vir minderhede kon onderhandel het.

Roelf antwoord hierop deur te vra wat die gevolge sou wees as Suid-Afrika nie verander het nie. Dit is ’n vals argument.

Al die partye by die onderhandelinge het saamgestem dat daar verandering moet kom. Die groot verskille was die onderhandelaars se vertrekpunte.

Roelf se onderhandelingsopdrag het gekom van die 1989-verkiesing en die 1992-referendum waar die Nasionale Party ’n mandaat gekry het om “magsdeling” en “groepsbelange” te onderhandel. Die NP-verkiesingsmanifes het uitgespel hoe groepe beskerm sou word.

By die onderhandelinge het ek geen teken gesien dat Roelf bekommerd was oor groepsregte nie.

Ná die onderhandelinge het hy in Noord-Ierland erken dat hy nie meer volgens groepe gedink het nie. Sy vertrekpunte was dieselfde as die ANC s’n.

Donald Horowitz, ’n Amerikaanse kundige, het in 1991 in ’n boek oor Suid-Afrika gewaarsku dat as ’n eenvoudige meerderheidsregeringstelsel ingestel word, sonder die moderne beskerming van minderhede, verkiesings slegs ’n sensus sal word oor watter ras of etniese groep die grootste is.

Ná so ’n sensus-verkiesing sal hierdie groep alleen regeer en alle ander minderhede permanent uitskakel.

Dit is my klagte teen Roelf en presies wat in Suid-Afrika gebeur het.

Hoe goed ons vandag met ander lande vergelyk, is Roelf se tweede argument.

Dit is ook ’n vals argument omdat hy nie appels met appels vergelyk nie. Roelf se mandaat was om na NP-kiesers, as ’n toekomstige minderheid, se belange om te sien. Daarom moet ons vra hoe minderhede se grondwetlike posisie in Suid-Afrika met minderhede in soortgelyke lande vergelyk. Uiters swak, is die antwoord.

Die naaste wat die Grondwet aan groepsregte kom, is in artikels 31, 185 en 235. Hierdie artikels het ons as latere VF, los van Roelf, met Mbeki en Zuma onderhandel.

Die moderne tendens in die wêreld is dat grondwette vir minderhede voorsiening maak.

Spanje het ’n federasie waar die Baske en Katalo-niërs se taal die amptelike taal in sekere provinsies is.

België en Estland het eie rade vir kultuurgroepe waar besluite oor onderwys, taal en kultuur deur hierdie groepe geneem word.

’n Eenvoudige suksestoets is om te kyk waar die ANC- en NP-ondersteuners vandag is. Die ANC-ondersteuners is in al die magsposisies en die NP-ondersteuners sit in die buiteland of sukkel om werk in Suid-Afrika te kry.

Dink net hoe sou Suid-Afrika presteer het as ons nie ongeveer 1 miljoen kundiges aan die buiteland verloor het nie; as regstellende aksie nie van ons beste jong mense uit die werkplek hou nie.

Kort voor die einde van die onderhandelinge vertel Roelf opgewonde aan ons dat die ANC ingewillig het tot ’n oorgangsregering vir vyf jaar met enkele NP-ministers steeds in die kabinet.

My broer Corné, wat op daardie tydstip ’n nuwe babadogter ryker geword het, se reaksie was: “Roelf, oor vyf jaar verval jou oorgangsregering en regeer die ANC alleen. Dan is my dogter vyf jaar oud. Wat bied jy aan haar in Suid-Afrika vir die res van haar lewe?”

Corné se dogter was slegs twee jaar oud toe die NP uit die regering van nasionale eenheid onttrek het.

NP-kiesers het skielik agtergekom hoe magteloos minderheidsgroepe in die nuwe bedeling was en hoe min daar vir hulle onderhandel is.

Die verdoemendste oordeel oor Roelf kom van Cyril Ramaphosa, die ANC se hoofonderhandelaar.

In ’n BBC-onderhoud beskryf hy ’n ANC–NP-partytjie aan die einde van die onderhandelinge: “Roelf ... was quite happy, he was quite jovial – and I kept wondering whether I would have been as happy as he was if I was in his position – having finally given in, in the way that they had.”

Pieter Mulder is leier van die VF-Plus.

- Rapport

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Weekliks/Nuus/2317/75cd049e17c7402dbf6587ef85e89f59/26-12-2009-03-51/NP_is_uit_sy_broek_onderhandel

‘Skrikwekkende messe’ in aanval op egpaar gebruik

2009-12-24 04:59

Pia Nänny

Hermanus. – “My ergste vrees was dat hulle my keel gaan afsny of my vrou gaan verkrag.”

Só het die gewese Suid-Afrikaner mnr. Martin Stern (59) gister uit sy hospitaalbed in die Hermanus ­Medi-Clinic gesê.

Hy en sy vrou, Janet (57), is Dinsdag deur twee mans in die Fernkloof-natuurreservaat in Her­manus wreed aangeval en beroof.

Besoekers aan dié reservaat is gewaarsku om uiters versigtig te wees omdat dit moeilik is om dié “reusagtig groot” reservaat te ­patrolleer.

Stern, wat deesdae in Kanada woon, het gesê hulle het al voor 07:00 gaan stap en geen onraad vermoed toe hulle verby die twee mans gestap het nie. Die mans het egter omgedraai en hulle van agter aangeval.

“Hulle het skrikwekkende messe, amper soos jagmesse, gehad,” het Stern gesê.

Hy is in die gewrig en rug gesteek. Sy vrou is twee keer gesteek. Hulle is ook op die grond neergegooi en met klippe bestook.

Die aanvallers het hul hande en voete met hul eie skoenveters vasgebind en hulle van onder meer ’n kamera en troupand beroof.

“My vrou het heeltyd gevra: ‘Sou jy jou ma so behandel?’ Ons is Jode en sy het vir my in Hebreeus gesê: ‘Ons moet bid dat God ons sal help.’ Hulle het toe weggegaan.”

Die Sterns, wat albei teen daardie tyd al baie bloed verloor het, het besef hulle moet hulp kry. Hulle het daarin geslaag om hulself los te wikkel en het mekaar aangemoedig om deur te druk.

Sowat twee uur ná die aanval het hulle die Joubert-gesin van Bloemfontein raakgeloop.

“Hulle was fantasties. Hulle het ons gesigte afgevee, vir ons water gegee en probeer om die bloeding te stop.” Pieter Joubert het ook die nooddienste gekontak.”

Stern was ook vol lof vir die reddingsdienste en paramedici.

“My bloeddruk was baie laag toe die paramedikus my ondersoek. As ek aan myself oorgelaat was, het ek dit nie gemaak nie,” het Stern gesê.

Die Sterns, wat in Kaapstad gewoon en in 1986 na Kanada geëmigreer het, het gesê hul dogters, wat oorsee woon, was baie ontsteld toe hulle van die aanval hoor.

“Vir baie oorsese toeriste is misdaad een van die groot bekommernisse wanneer hulle na Suid-Afrika reis.

“Ons is baie lief vir Hermanus en sal graag weer wil kom, maar indien jy nie ’n goeie rede het om Suid-Afrika as jou vakansiebestemming te kies nie, is daar baie ander nader plekke waarheen jy kan gaan.”

Stern het gesê besoekers behoort duidelik gewaarsku te word wanneer hulle in Fernkloof wil gaan stap.

- Die Burger

Oorsprong:Die Burger
http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/d80cbdf57b5f47b6840521ac65c0013a/24-12-2009-04-59/%E2%80%98Skrikwekkende_messe%E2%80%99_in_aanval_op_egpaar_gebruik

Met panga doodgekap

2009-12-23 04:22

Buks Viljoen

’n Boer het magteloos met sy hande vasgebind aan die bad se handvatsel gehang terwyl hy eergisternag in sy vrou se arms in hul plaasopstal naby Louis Trichardt dood is.

Vier aanvallers het mnr. Pieter Snyman (in sy laat 50’s) ten aan- skoue van sy gesinslede verskeie kere met ’n panga teen die kop gekap en met ’n mes in die bors gesteek.

Die vier, gewapen met jagmesse en ’n panga, het mev. Jeanine Snyman (50) en die egpaar se dogter Sharon (12) omstreeks 18:30 in hul huis op die plaas Balmoral, naby Mara, oorval.

Volgens mnr. Japie van der Goot, veiligheidshoof van die Vivo/Alldays-gebied van TLU SA Noord, is die twee verskeie kere aangerand en vasgebind.

“Die aanvallers het Afrikaans met hulle gepraat en gesê hulle weet mnr. Snyman was in daardie sta­dium elders op die plaas om ’n pomp af te sit.”

Kort daarna het mnr. Snyman, alombekend as “Pieter Slang” vanweë sy liefde vir slange, opgedaag. Hy is ook vasgebind.

Die moordenaars het hom na die badkamer gesleep waar sy vrou en Sharon aangehou is.

Snyman se dogter Tracy (30), wat ook op die plaas werk, was besig om arbeiders by hul kampong af te laai.

By haar terugkeer is sy ook oorval, vasgebind en saam met die res van die gesin in die badkamer aangehou. Die rowers het geld en wapens geëis en mnr. Snyman verskeie kere met die panga gekap.

Hulle het die gesin later in die badkamer toegesluit en die huis deurgesoek.

Mev. Snyman het haar erg beseerde man in haar arms vasgehou totdat hy dood is, het Van der Goot gesê.

Die drie getraumatiseerde vroue kon hulself eers teen 22:00 bevry en op ’n naburige plaas gaan hulp soek.

By die polisie se aankoms op die plaas het hulle glo geweier om eerste by die opstal in te gaan en gevra boere wat op die toneel was, moet die huis eers deurkyk.

Snyman se lyk is in die badkamer gekry met gapende wonde aan sy kop. Sy hande was steeds aan die bad vasgemaak.

Daar is vasgestel twee skootrekenaars, ’n TV-stel en Snyman se Toyota-bakkie is weg. Die kluise is ook oopgebreek. Van die vuurwapens is net so daarin gelaat.

Die bakkie is later verlate in ’n plakkerskamp buite Polokwane (Pietersburg) gekry.

Supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog aangekeer nie. Die moordenaars is volgens haar tussen 20 en 30 jaar oud.

Mev. Snyman en die dogters bly sedert die aanval by ’n buurman en kry berading.

Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê die geweld van die moord is skokkend. Hy het die moordenaars as “sosiale terroriste” beskryf.

“Die regering se siening dat dié tipe misdaad gewoonlik deur buitelanders gepleeg word, is verkeerd bewys aangesien die moordenaars, wat Afrikaans goed praat, plaaslike mense met kennis van die omgewing is.”

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9226f84f9dd54b33acb40c49399deb27/23-12-2009-04-22/Met_panga_doodgekap

Man sterf ná 2de aanval

2009-12-23 04:29

Hilda Fourie

‘Ag Here, net nie weer nie.”

Mnr. Renier Lamprecht (43) kon dit nie glo toe hy gisteroggend vir die tweede keer binne drie jaar in ’n huisrooftog geskiet is nie.

’n Uur later was hy dood.

Sy vriendin, me. Hannelie du Toit (39), was saam met hom in hul slaapkamer in hul huis op ’n kleinhoewe in Pumulani in die Kameeldrift-omgewing noordoos van Pretoria.

Aanvalle kom die laaste ruk gereeld in die Kameeldrift-omgewing voor.

Du Toit het eers besef Lamprecht is raak geskiet toe sy gesien het die bed is vol bloed.

Lamprecht is in die bolyf getref. Du Toit het in trane vertel Lamprecht het vier mans in die sitkamer gesien toe hy omstreeks 03:30 opgestaan het om badkamer toe te gaan.

“Ek het van sy geskreeu wakker geword. Ek het opgespring en hom gehelp om die deur toe te maak. Dis toe dat ek die skoot gehoor het.”

Terwyl Lamprecht en Du Toit die deur toegedruk het, het die rowers ’n skoot daardeur geskiet.

Daarna het Lamprecht teruggestaan en die rowers het by die kamer ingekom.

Lamprecht en Du Toit is op hul bed gedwing, waarna hul hande en voete vasgebind is.

Die rowers het hulle herhaaldelik om vuurwapens, ’n kluis en juwele gevra, maar hulle het niks gehad nie. Uiteindelik het die rowers met Lamprecht se bakkie, drie selfone, ’n skootrekenaar en Du Toit se handsak gevlug.

“Renier het omgedraai en besef hy is geskiet. Hy het net gesê: ‘Ag Here, net nie weer nie’,” het Du Toit gesê.

Toe Du Toit die rowers hoor wegry, het sy die selfoonherlaaierdrade om haar arms met haar tande losgewikkel en kombuis toe gehop om die das en veters om haar enkels los te knip.

Sy is terug kamer toe om Lamprecht los te knip en gemaklik te maak voordat sy by die bure gaan hulp soek het.

Du Toit was nog by die bure toe paramedici vir haar kom sê het hulle het alles gedoen om hom te red, maar dit was vergeefs. “Ek het huis toe gegaan net om bye te sê,” het sy gesê terwyl sy die trane van haar wange afgevee het.

Lamprecht, wat skietwerk-opleiding by myne gegee het, laat sy twee dogters van onderskeidelik 21 en 18 jaar agter.

In die vorige voorval sowat drie jaar gelede was Lamprecht alleen in ’n huis op ’n kleinhoewe buite Rustenburg toe rowers ingekom het.

Hulle het hom drie keer in die maag geskiet en beroof.

Lamprecht se bakkie is ure ná die moord in Mamelodi, oos van Pretoria, gekry. Die polisie ondersoek die saak.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/00091da2d26d4aed83558b37cd01b86c/23-12-2009-04-29/Man_sterf_n%C3%A1_2de_aanval

Plaasaanval: ‘Ek moet skiet om te leef’

2009-12-24 03:54

Hilda Fourie

“Ek moet skiet om te oorleef.

“Ons het nie meer ’n ander keuse nie.”

So het mnr. Louis Meintjes, adjunkpresident van TLU SA, gister gesê. Hy het Maandagnag met drie skote geantwoord toe ’n rower in sy huis in Boekenhoutskloof in die Cullinan-omgewing op hom geskiet het.

Meintjes en sy vrou, Erika, het dié nag omstreeks 23:15 wakker geword van ’n harde slag. Dit was toe rowers hul eetkamervenster met ’n klip gebreek het.

Hy het in sy kamerdeur gaan staan, in die gang af geloer en twee mans in die sitkamer sien staan.

“Ek het die handradio vir my vrou gegee, haar badkamer toe gestuur en gesê sy moet die gemeenskap roep,” het Meintjes vertel.

“Toe sy op die radio roep, het hulle (die rowers) dit gehoor en op my geskiet. Hulle het een skoot afgevuur.

“Toe hy skiet, het ek gereageer. Ek het nie gewonder of ek moet skiet of nie. Ek het teruggeskiet.

“Die realiteit is hy skiet eerste. Daar is hoeveel voorvalle waar die rowers die mense kan vasbind en kan vat wat hulle wil hê, maar hulle doen dit nie.

“Hulle skiet.

“Ek moet skiet, anders sal ek dit nie oorleef nie.”

Meintjes vermoed een van sy drie skote het een van die rowers getref, want bloed is op die plaveisel buite die eetkamervenster gekry.

Die twee rowers en nog een wat vermoedelik in die tuin geskuil en van buite op Meintjes geskiet het, het gevlug. Polisie- en gemeenskapslede wat binne minute op die toneel was, het die rowers se spoor probeer volg, maar niks gekry nie.

Mev. Meintjes het gesê al is daar verskeie misdaadvoorvalle soos diefstal, huisbrake en huisrooftogte in dié omgewing, weier sy om deur misdadigers geïntimideer te word.

“Ek bid elke dag vir ons veiligheid. Daar is honderde mense wat elke dag vir God vra om ons te behoed en te bewaar.

“As dit nie vir Hom is nie, sal ons dit nie oorleef het nie,” het sy bygevoeg.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1a7bb9decee8488f8fa317baedb10f00/24-12-2009-03-54/Plaasaanval_%E2%80%98Ek_moet_skiet_om_te_leef%E2%80%99

Banke se beurse nie vir wittes

2009-12-24 03:54

Pieter du Toit

Kaapstad. – Eerste Nasionale Bank (ENB) is gister van “rassisme en diskriminasie in die ergste graad” beskuldig omdat hy geldelike studiehulp aan die kinders van al sy laer besoldigde werknemers bied, maar nie as hulle wit is nie.

Die aanbod word vervat in ’n elektroniese nuusbrief wat verlede maand aan ENB-werknemers gestuur is. Die maatskappy sê daarin hy is daartoe verbind “om ’n opvoeding vir almal te verseker”, maar dat slegs “swart werknemers”, soos deur die maatskappy se bemagtigingsbeleid bepaal, om geldhulp in aanmerking kom.

Daarvolgens definieer ENB “swart” as “Afrikaan, Indiër, bruin en Chinees” en kom werknemers wat minder as R100 000 per jaar verdien, daarvoor in aanmerking.

Die vakbond Solidariteit eis dat ENB sy beleid hersien en sê die bank “gee ’n swart Kerskous aan sy wit werknemers”.

’n ENB-werknemer wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, het by monde van haar man gesê die bank se inisiatief is onaanvaarbaar.

Volgens haar is daar talle wit vroue by ENB wat minder as R100 000 verdien, enkel­ouers is en sukkel om kop bo water te hou. “Dié mense sukkel ook om skoolgeld te betaal, maar kan nie om hulp aansoek doen nie bloot omdat hulle wit is.”

Sommige mense was baie ontsteld toe die bank die hulpskema bekend gemaak het. Volgens die ENB-werknemer gaan die plan groot onenigheid veroorsaak omdat sommige swart werknemers wel onder die R100 000-kerf val, maar hul eggenote nie. Hoewel sulke mense die geld dus nie so dringend nodig het nie, kwalifiseer hulle op grond van velkleur.

“Dit is blatante rassediskriminasie op sy ergste,” het sy deur haar man gesê.

Mnr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, sê dit is duidelik politieke korrektheid het ENB afgestomp vir die werklikheid waarin Suid-Afrikaners hulle bevind.

Hy meen die bank se besluit om wit werknemers van die studiehulpskema uit te sluit, is vanuit die regering se heersende rasse-ideologie en ’n bewys groot maatskappye kan nie vertrou word om die demokrasie te beskerm nie.

“ENB het die besluit geneem met die regering in die agterkop en met die gedagte transformasie beteken suiwer ‘jy moet swart word’. Groot maatskappye onderwerp hulle aan die heersende ideologie en nie aan wat reg en verkeerd is nie.

“Dit is die burgery se verantwoordelikheid om hulle tot orde te roep.”

Solidariteit, wat ’n internet-bewusmakingsveldtog van stapel gestuur het, beplan om so gou moontlik ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) in te dien. Die vakbond wag ook op ’n regsmening om te besluit of die saak by die gelykheidshof aangeroer kan word.

Hoewel hy mense nog nie gaan aanraai om van bank te verander nie, sê Hermann dít is die individu se keuse. “ ’n Mens moet gaan kyk of ’n bank jou waardestelsel deel. As hy dit nie doen nie, is dit dalk tyd om ’n ander bank te oorweeg.”

Beeld het ENB om kommentaar genader. Me. Sam Moss van die bank se houermaatskappy, FirstRand, het teen druktyd nog nie gereageer nie.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/14a67f7db4314458b499878f4abffb12/24-12-2009-03-54/Banke_se_beurse_nie_vir_wittes

Sunday, 20 December 2009

Suidlanders het nie bande met ‘regse nes’

deur Johann le Roux, onderleier: Suidlanders
2009-12-19 18:57

Die berig “Regse nes gekry” (Rapport, 13 Desember) het betrekking. Daarin word berig dat die Suidlanders “noue bande” het met die Jesurun-beweging. Die Suidlanders dra geen kennis van die Jesurun-beweging nie en het nog nooit enige amptelike gesprekke met die groep gevoer om enige samewerking te bespreek nie.

Ook word beweer dat die Suidlanders “Vrydag” met die Jesurun-beweging sou “vergadering hou”.

Net die nasionale leier en onderleier mag met ander organisasies vergader namens die Suidlanders en albei was in Pretoria tydens dié tydperk en sou dus geensins so ’n vergadering kon bywoon nie. Die provinsiale bestuurder in die Wes-Kaap het ook geen kontak gehad met die groep nie en dra geensins kennis van enige geskeduleerde of ander vergadering met die groep nie.

Daar bestaan ook geen samewerking met die “Boeremag” nie. Die Suidlanders het ontstaan nadat die “Boeremag” reeds gevange geneem is.

Die Suidlanders het hulself nog altyd in die openbaar en deur middel van amptelik opgestelde beleid en per deklarasie uitgespreek teen geweld of enige verbreking van die landswette. Voorts is die Suidlanders nie ’n politiek-gedrewe organisasie nie, maar eerder ’n groep bekommerde persone wat saamwerk om mense se veiligheid te verbeter in ’n land waar reg en orde daagliks agteruitgaan. Dit is duidelik in amptelike statistieke en mediaberigte dat Suid-Afrika nie ’n veilige land is vir enige van sy burgers nie.

Daarom beywer die Suidlanders hulle om mense bewus te maak van die gevare in die samelewing en om planne binne die wette van die land voor te stel om mense aan te moedig om self verantwoordelikheid te neem vir hul eie veiligheid en voortbestaan in Suid-Afrika.

Die nasionale bestuur van die Suidlanders sowel as ons ondersteuners voel dat die Suidlanders erg te na gekom is met die publikasie van die berig en dat dit die organisasie skade berokken het.

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/MyRapport/Briewe/2346/abe2ccb6f1d84dd982f5fc43b5ffc174/19-12-2009-06-57/Suidlanders_het_nie_bande_met_%E2%80%98regse_nes%E2%80%99

I've been ruined - rape victim

By Murray Williams
Staff Writer

"I am still suffering, dying, daily ... Life will never be the same."

These were the agonised words of the woman who was raped while pregnant in Gordon's Bay in 2006, shortly after her alleged attacker was acquitted by the Cape High Court.

The woman, whose identity the Cape Argus has protected since May 22, 2006, first spoke out bravely of her ordeal the day after an armed gang of nine men arrived from Khayelitsha.
'I want to know what happens to them. I want closure'

They broke their way into a house in Gordon's Bay and bludgeoned 78-year-old Joy van Aarde to death.

They then moved next door, where they surprised the woman, her then fiance, and his son. The three were tied up.

One of the gang then forced the woman, who was pregnant at the time, into a bathroom and raped her.

She gave birth four months later. And, since then, she has awaited the closure she hoped would come when her attackers were sentenced.

"I want to know what happens to them. I want closure.
'It was a nightmare'

"From there, it can only get better," she told the Cape Argus in September 2006.

On Tuesday last week, Judge Rosheni Allie sentenced Thembile Ngxowe and Lungile Mayo to life imprisonment for murder, two terms of 15 years for robbery with aggravating circumstances, and two terms of seven years each for housebreaking with the intent to steal.

Luyanda Zaza, Simon Lolo and Mzamu Ncwana received lesser sentences because of their age at the time.

Zaza and Ncwana were both 18, and Lolo 22. Zaza and Lolo were sentenced to 20 years for murder, and 15 years and seven years for the robbery and housebreaking charges respectively.

Ncwana, who had no previous convictions, was sentenced to 18 years for murder, and 12 years and five years for the robbery and housebreaking respectively. A sixth member of the gang, Vuyile Msaseni, was jailed for three years for possessing stolen goods.

The man she accused of raping her was, however, found not guilty.

And this has left the young mother burdened with fear - on top of the trauma of the memories she lives with.

"I was very freaked out, when I heard the verdict," she said.

"I was very worried. He's one of the four that are free. It was a nightmare.

"I did not even know the rapist's name. What's stopping them from telling someone else ... and him coming to find me?"

The woman told of how she had positively identified her alleged rapist in a police ID parade after the gang's arrest. But three years later she had to point him out in court.

She was in court for three agonising days.

"I was confused, I was panicked, I was hysterical. He'd lost so much weight, his face had changed completely.

"I was paralysed by fear," she said.

"My body was in such pain after those three days I felt like I'd given birth again."

She had not been able to identify her rapist, and he had walked free.

Mercifully for her remaining sanity, she said, it was discovered that the man had another pending arrest on two further cases of burglary, and so was immediately re-arrested.

But that is small consolation - the life she leads now is one of permanent terror, damaged by the scars of the rape.

"Here I am suffering, dying, daily ... Him not being convicted was treated almost as if they were saying they'd dropped an apple and it got bruised."

The gang members were brought out to their house by the prosecutors, as part of the trial.

"Now they remember the house. I may be extra-protected now with perimeter beams. But I can't get the smell of him off me.

"I keep my eyes extra-open. And I can't leave the house by myself. Even during the daylight. I cannot be left alone. If I'm hanging out the washing, I'm wondering if someone's jumped the wall. I cannot stop my mind from running away..."

Her relationship with her stepson has also suffered.

"It's almost as if I'm the one with the plague. If he is left alone with me, he runs. I don't know how to explain it. I feel alone, because no one seems to understand me.

"I just keep it all bottled up. I'm thick-skinned on the outside, but inside I'm still fragile."

She fears her husband does not understand her in many ways either.

But the worst effect has been on the child with whom she was pregnant at the time of the rape.

After his birth in September 2006 she told the Cape Argus of her joy of holding him safely in her arms for the first time.

"I'm able to touch him, bath him. It was very tough, but it's closure that I was able to see the pregnancy through.

"It's an absolute relief," she said at the time. "He's so perfect.

"I still have fears. But because newborns can sense that something's wrong, I can't let myself succumb to them. It would lead to a whole chain of events."

But despite her brave, optimistic face in 2006, she said she had come to realise the damage inflicted on her unborn son in utero.

"I blame myself for the way he is. I thought I handled stress pretty well while I was pregnant.

"But he's showing signs of a child that was under stress. He's an impossible child. He can't focus."

Since his birth, the couple has had a second child.

The woman said that when she was five-and-a-half months pregnant with her second baby - the time at which she was raped while carrying her first child - the fears reached a nightmare crescendo.

"I was worried that someone was going to hear that I was pregnant again and think now's their chance," she revealed.

That is just an example of the agony she now lives with. Most of the gang may now be behind bars, and she hopes her rapist will be sentenced - even if only for another burglary - but life is not pretty from inside the prison of her own torment.

"It's my own personal hell," she said.

"I wouldn't expect it to be anything less. I've been violated in a very painful way, and I don't think I'll ever get over it.

"I've been ruined."

This article was originally published on page 10 of Cape Argus on December 17, 2009

Source:IOL
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20091217120944396C327542

Eye surgeon loses sight to crime

December 15 2009 at 07:22AM

By Shaun Smillie

An ophthalmologist could lose his sight because a robber tried to gouge his eyes out after the elderly man "looked at him".

Dr Marius Pretorius will possibly only know in January if he will regain the use of his eyes when a colleague performs a second operation on him to attach torn muscles to his eyeballs.

The doctor was attacked while leaving his home in Vereeniging on Wednesday morning.

His daughter Hannelie Warren said that just weeks earlier he had treated someone whose eyes had been damaged in a house robbery. A robber had apparently tried to gouge the patient's eye with a pool cue.

"He had operated (on the patient) and was so chuffed because he was able to get to all the muscles," explained Warren.

Three men, one of them armed, forced Pretorius to the ground at the door to his flat.

"One of the men sat on top of him and basically tried to pull his eyes out. He had told my Dad, 'Don't look at me,' and had gone straight for his eyes," said Warren.

One of the robbers then went into the bedroom where Warren's mother, Lien, 68, was. They forced her to the floor and tied her up and tried to strangle her.

"He also continually bashed her head against the floor," said Warren. They threatened Lien with a knife, which, Warren said, they kept to her throat.

"A robber then sat on my father's back while he lay on the floor, and smoked a cigarette," said Warren.

The men found the couple's walk-in safe and took money before they triggered an alarm. The three men, all dressed in black, then made their escape.

When he realised that the robbers had left, Pretorius was able to slam the door shut and, calling for his wife, began leopard-crawling towards the bedroom.

"At this time, both my mother and my father thought that each of the other was dead," Warren said.

In the bedroom, Pretorius was able to untie his wife and hand her the telephone.

"My mom said that she had never seen anything like this, there was so much blood."

Warren said the robber had ripped Pretorius's eyelids off but that his cornea had not been damaged. His right eye was more damaged than the left, she said.

Pretorius is a well-known ophthalmologist who, Warren said, had pioneered a cataract operation. He was president of the International Southern African Society of Cataract and Refractive Surgery for 21 years, said Warren.

"The support from other ophthalmologists has been phenomenal. Some have flown out to see my father" said Warren.

Pretorius is in the Emfuleni Medi-Clinic and was operated on last week, when his eyelids were repaired. But doctors will only know next month if his sight will be restored. An MRI scan was preformed on Pretorius on Saturday and Warren said that one of the detached muscles could be seen. This has given the family hope that his eyes might be saved.

Last night police said no arrests had been made.

This article was originally published on page 3 of The Star on December 15, 2009

Source:IOL
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20091215043949443C450654

Brutal attack on eye surgeon

2009-12-15 07:46

Louise Cook

Vereeniging - An eye surgeon who for 21 years was president of the International Intraocular Society, might never be able to see normally again after a brutal attack.

Marius Pretorius, 70, and his wife Lien, 68, were overpowered in their Vereeniging flat last week by three men armed with guns and knives.

They tied up both victims with rope and ties, before trying to strangle Mrs Pretorius.

The couple's daughter, Hannelie Warren, said on Monday they also tried to gouge out her dad's eyes. The robbers apparently said they didn’t want him to see again and identify them to the police.

"One attacker sat on my dad's back and smoked a cigarette while he was tied down. My dad has horrific injuries - he may never have normal vision again."

'Severely traumatised'

Warren said Pretorius was still in hospital. The muscles behind his eyes were damaged and specialists aren't sure whether the muscles will recover sufficiently for him to have normal vision again.

Warren said her parents were severely traumatised and receiving counselling.

No arrests have been made and Warren accused the police of dragging their feet.

Pretorius, speaking from the Emfuleni Medi-Clinic in Vanderbijlpark, said on Monday evening that since the attack almost six days ago, police had not interviewed him about what had happened.

"They only spoke to my wife. No one has been to ask me any questions," he said.

'This is appalling'

Warren said people in the building where the attack had taken place and who saw the attackers before and after the incident had also not been approached by police in a bid to gather any evidence.

"This is appalling," she added.

Captain Shado Mashobane of the Vereeniging police station confirmed that no arrests had been made, but said the investigation was underway.

Warren said they had been flooded with e-mails and phone calls of support from ophthalmologists in the UK, US, Australia, China, Canada, Hungary and Hawaii.

- News24

Source:News24
http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/99f8ec036115424ea9f00c59aa271942/15-12-2009-07-46/Brutal_attack_on_eye_surgeon

Waarom word Madiba verheerlik?

deur JP du Plessis
2009-12-18 04:26

A.B. Reuvers besing nou skielik oudpres. Nelson Mandela se lof nadat hy Invictus gesien het, en sê hy het nooit besef wat Mandela vir ons gedoen het nie.

Hy moet sy oë oopmaak en hom nie deur ’n fliek laat mislei nie. Die waarheid is dat Mandela in die tronk was omdat hy die leier van ’n gewelddadige terreurorganisasie was. Die ANC was verantwoordelik vir die dood van tienduisende onskuldige mense, waarvan 92% swart was. Mandela het erken dat hy toestemming vir die 1983-Kerkstraatbomaanval gegee het, waarin 19 onskuldige mense dood en 200 beseer is. Ná die verkiesing in 1994 raak Mandela die president en wat gebeur? Almal is gaande oor die nuwe reën­boognasie, maar die eerste ding wat Mandela doen, is om die almagtige God uit die parlement te haal. Daarvandaan was dit net afgrond toe.

Vandag is Suid-Afrika een van die gevaarlikste en mees misdaadgeteisterde lande wat nie by ’n oorlog betrokke is nie. Moordsyfers is sewe keer hoër as Amerika s’n en verkragtingsyfers tien keer hoër. Dan praat ek nie eens van kinderverkragting waarin ons die wêreldleier is nie. Alle vorme van gewapende geweld is buite beheer.

Ek verstaan nie waaroor Reuvers gaande is nie. Die toestand van ons hospitale, skole, weermag en polisie, tesame met die korrupsie en selfverryking in die regering, is ’n duidelike bewys dat die Mandela-era ’n mislukking was.

Toestande in ons land het sedert 1994 ernstig verswak. Onthou niemand meer ons eens trotse weermag en polisiemag of die uitnemende diens wat enigeen in die Tygerberg- en Baragwanath-hospitale ontvang het nie? Die standaard was so hoog dat ander Afrika-leiers hierheen gevlieg het vir behandeling. Hoe lyk dit vandag?

Is daar werklik rede om Mandela te verheerlik? Verheerlik eerder die Here God en kyk dan hoe dinge verander.

Oorsprong:Die Burger
http://www.dieburger.com/Content/MyDieBurger/Briewe/1645/b5df7d03cef644ec9a7f19614a4fcc38/18-12-2009-04-26/Waarom_word___Madiba_verheerlik

Terreur tóé, maar bomplanters is nóú helde

deur E. de Clerk
2009-12-17 22:32

Hoe kan daar ooit versoening in ons land plaasvind wanneer mense wat terreurdade gepleeg het, vereer word?

Beeld berig oor ’n landsvlag en ’n sertifikaat wat deur pres. Jacob Zuma oorhandig is aan die vrou van ’n man wat as “vryheidsvegter” in die Kerkstraat-bomontploffing in 1983 dood is.

Dié lafhartige daad word nou voorgehou as die dapper optrede van mense wat vir hul vryheid gesterf het.

Die “vegters” se name gaan op die Muur van Name by Vryheidspark in Pretoria gegraveer word.

Hoe moet die onskuldige mense voel wat familie en vriende in hierdie laakbare ANC-terreuraanval verloor het?

Die ANC gebruik nog steeds die apartheidmonster om sy menseregtevergrype van die 1980’s te probeer regverdig.

Hy verswyg egter dat die metodes wat hy gebruik het – soos aanvalle op burgerlikes en die gebruik van bomme en landmyne – uitdruklik deur die Geneefse Konvensie verbied word.

Dus terreuraanvalle, maar nou word die bomplanters as helde vereer.

Die waarheid word verdraai en die geskiedenis word deur die ANC herskryf asof hulle nooit hierdie grusame dade gepleeg het nie. En almal moet hulle daarmee versoen.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/59824bebb6814c5f8dd79be81cb41850/17-12-2009-10-32/Terreur_t%C3%B3%C3%A9,_maar_bomplanters_is_n%C3%B3%C3%BA_helde

Drie vas ná byl-aanval, rooftog op bejaarde

2009-12-18 01:34

Fanie van Rooyen en Hilda Fourie

Polisielede het bykans 40 uur lank aaneen gewerk om die aanvallers van ’n bejaarde man, wat op sy kleinhoewe buite Bronkhorstspruit met ’n byl oor sy kop en liggaam geslaan is, vas te trek.

Teen gistermiddag het die polisie drie mans, wat glo betrokke was by die aanval op mnr. Ivan Raubenheimer (75), in hegtenis geneem en was hulle op die spoor van een van die hoofverdagtes.

Die polisie het ook alles wat eergister en laasweek tydens twee huisbrake by Raubenheimer geplunder is, teruggekry.

Raubenheimer, wat alleen op sy kleinhoewe in Balmoral woon, is eergisteroggend omstreeks 07:00 oorval, vasgebind en met ’n byl bygedam.

Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het gesê Raubenheimer het die honde in sy erf hoor blaf en gaan ondersoek instel. Dit was toe dat minstens drie mans hom oorval het.

“Die mans, waarvan een ’n mes gehad het, het hom by sy huis ingeneem en hom met tou vasgebind. Daarna het hulle hom met ’n byl, wat hulle iewers gekry het, oor sy lyf en kop geslaan en hom daar gelos,” het Zulu gesê.

Die drie rowers het met ’n rewolwer en ’n .303-geweer, elektriese toebehore, DVD’s en ’n kwadfiets gevlug. Hulle wou ook Raubenheimer se Mercedes Benz steel, maar kon nie die motor se sleutels vind nie.

Bure het kort daarna onraad vermoed en die polisie ontbied.

’n Deurbraak het gisteroggend gekom toe drie verdagtes in Zithobeni buite Bronkhorstspruit, sowat 10 km van Raubenheimer se kleinhoewe af, aangekeer is.

Volgens Zulu word ’n vierde verdagte nog gesoek aangesien een van die aangekeerdes moontlik nie regstreeks by die aanval betrokke was nie, maar dalk wel net by die beplanning.

“Ons sien dié drie arrestasies as ’n groot deurbraak,” het Zulu gesê.

“Ons het inligting uit die gemeenskap oor ’n motor wat skynbaar deur die rowers gebruik is, opgevolg en vasgestel waar die rowers skuil,” het hy gesê.

“Die polisie en lede van GE Security het daarna vroeg gisteroggend ’n klopjag op die betrokke perseel in Zithobeni uitgevoer en drie verdagtes daar in hegtenis geneem.”

Al Raubenheimer se besittings is in hul besit gevind.

Die moontlikheid word ook ondersoek dat die verdagtes wat aangekeer is, en tussen 20 en 30 jaar oud is, betrokke was by twee huisbrake verlede week op Raubenheimer se kleinhoewe.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof op aanklagte van huisroof, huisbraak en diefstal, besit van vermoedelik gesteelde goedere en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie verskyn.

Raubenheimer is gister in ’n stabiele toestand uit ’n plaaslike hospitaal ontslaan waar hy behandel is.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/56d0363fd5784f9fab8f237a3989ec13/18-12-2009-01-34/Drie_vas_n%C3%A1_byl-aanval,_rooftog_op_bejaarde_

‘Julle wittes het mos baie geld,’ moet siek vrou hoor

2009-12-18 23:00
Sonja van Buul

“Daar is regtig ’n probleem met julle wit mense. Julle wil hê alles moet vir julle gedoen word.”

Dit het ’n verpleër van saal 21 in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal volgens mev. Cheryl Lindeque (54) van Vanderbijlpark gesê nadat sy heeldag lank rondgestuur is toe sy probeer het om opgeneem te word.

“Dit maak nie saak of ek wit of swart is nie, help my net asseblief,” het sy glo gesmeek.

Volgens Lindeque het sy ses jaar gelede ’n vierledige hartvat­omleidingsoperasie ondergaan en is sy ’n diabeet.

“Sowat vier maande gelede moes ek noodgedwonge ’n staatspasiënt word nadat my man, Johan (58), sy werk as ambagsman verloor het,” het sy gesê.

Lindeque is van die Kopanong-hospitaal in Vereeniging na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gestuur omdat sy glo slegs by dié hospitaal die medisyne kan kry wat sy dringend nodig het.

Die Charlotte Maxeke-hospitaal het haar weggewys en sy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal. Hier het ’n dokter gesê die siek vrou moet dringend deur die ongevalle-afdeling opgeneem word.

“Ek is met ’n opnamebrief ure lank van bakboord na stuurboord gestuur omdat ek glo nie die regte vorms het nie, maar niemand weet wat aangaan nie en wou my nie help nie. ’n Kennisgewing het ook gelees saal 21 is vol,” het Lindeque gesê.

“Dis die probleem met julle wit mense. Alles moet in julle skoot val,” het ’n ongevalle-suster glo óók hier aan haar gesê toe Lindeque weer daar om hulp gaan vra het.

’n Dokter het haar ’n rukkie oor die huilende vrou ontferm en Lindeque het haar gesmeek om medisyne voor te skryf.

“Ek kan jou nie help nie, want ek sal my werk verloor, maar hier sal jy doodgaan,” het dié volgens Lindeque gesê.

Sy is hierna vir die sesde keer terug na saal 21 toe, waar sy deur ’n verpleër toegesnou is om self medisyne te kry.

“Gaan koop self jou medisyne. Julle wittes het mos almal geld,” het hy glo gesê. Dit is toe dat ook hy haar toegesnou het dat wit mense wil hê dat alles vir hulle gedoen moet word.

Lindeque is onverrigter sake daar weg en is verlede week deur haar seun, Jean (26), na ’n dokter in Pietersburg geneem waar sy nou private behandeling vir hartversaking ontvang.

Beeld het die Gautengse gesondheidsdepartement drie weke gelede per e-pos van die beweerde voorval ingelig en kommentaar gevra. Talle oproepe is daarna na die woordvoerder gemaak, mnr. Mandla Sidu, wat gister uiteindelik gesê het hy kan nie kommentaar lewer nie omdat hy die laaste tyd self siek was.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/7084d31b169848aa870f17e44258214a/18-12-2009-11-00/%E2%80%98Julle_wittes_het_mos_baie_geld,%E2%80%99_moet_siek_vrou_hoor

Friday, 18 December 2009

PraagTV: La Rochelle Geloftefees


PraagTV: Toespraak gelewer op 16 Desember 2009 in die holkrans by die La Rochelle-geloftefeesterrein. Die La Rochelle-geloftefeesterrein is ongeveer 50km anderkant Carolina op die Amsterdampad geleë. Geloftefeeste word reeds sedert 1914 daar gehou. Vroeër jare het mense reeds op die 15de Desember daar aangekom, braaivleis en Boeresport gehou alvorens die Gelofte op 16 Desember afgelê is. Die Geloftediens en -toespraak vind in 'n holkrans plaas waarin Boesmantekeninge te siene is, asook 'n granietsteen wat in die wand ingemessel is met die datum "1938" en die inskripsie: "Om in 2038 geopen te word.

La Rochelle Geloftefees Deel 1

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

La Rochelle Geloftefees Deel 2

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

La Rochelle Geloftefees Deel 3

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

La Rochelle Geloftefees Deel 4

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

La Rochelle Geloftefees Deel 5

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

La Rochelle Geloftefees Deel 6

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

Oorsprong: PraagTV
http://www.youtube.com/user/praagtv
http://www.praag.co.za

Was Dingaan die eerste transformeerder?

DONDERDAG, 17 DESEMBER 2009

Deur Dr. Dan Roodt

Toespraak gelewer op 16 Desember 2009 in die holkrans by die La Rochelle-geloftefeesterrein*
Op Geloftedag herdenk ons die oorwinning van die goeie oor die bose, van die lig oor die duisternis, van die regverdige en godvresende Voortrekker oor die listige, wreedaardige Dingaan. Daar is sekerlik vandag baie Afrikaners wat meen dat Dingaan weereens in ons land aan bewind is, want dieselfde soort wreedhede en gruweldade as wat by Bloukrans en Weenen teen ons gepleeg is, het in die nuwe Suid-Afrika alledaags geword.

Elke tydvak en elke revolusie word deur ‘n begrip of ‘n woord benoem. Daar was die bloedige Franse revolusie, die Oktoberrevolusie van 1917 in Rusland wat die tydvak van kommunisme ingelui het, asook Mao se kulturele revolusie wat ‘n suiwerder vorm van kommunisme en gelykheid aan Sjina moes bring. Hier by ons staan die tydperk 1948-1994 vandag bekend as die sogenaamde “apartheidtyd”. Dis geen onskuldige benaming nie, want in die woord “apartheid” het die vyande van die Afrikaner ‘n towerwoord, ‘n sjibbolet, ‘n vloek gevind waarmee ons vandag lamgelê en van alle regte en menswaardigheid beroof word.

In die toekoms, iewers, wanneer Suid-Afrika hom hopelik uit die huidige greep van boosheid en korrupsie sou ontworstel het, gaan geskiedkundiges, skrywers, filosowe, staatswetenskaplikes en gewone mense waarskynlik na dié periode verwys as die transformasietyd. Een van die beste moderne romans in Afrikaans, deur P.J. Haasbroek, speel in Kambodja af, ‘n land wat insgelyks deur ‘n fanatiese en kommunistiese revolusie verwoes is. Dit heet Die jaar nul. Tydens die revolusie van die Rooi Khmer in Kambodja het vier miljoen mense omgekom. Lede van minderheidsgroepe soos Sjinese handelaars is voor die voet uitgemoor. Die hele bevolking is aan ‘n vorm van politieke terreur blootgestel. Een van die slagspreuke van die Kambodjaanse revolusie was: “Om jou te hou, is geen voordeel nie. Om jou te vernietig, is geen verlies nie.”

Herken ons nie iets van hierdie slagspreuk in die huidige Suid-Afrika nie? Om 'n Afrikaanse skool of universiteit te behou, is geen voordeel nie; om dit te vernietig, is geen verlies nie. Dieselfde geld ons plaasboere wat in hul duisende al aangeval is en waarna ons regering geen poging aangewend het om hulle te beveilig nie. In die groot stede, waar stedelinge insgelyks deur swerwende boosdoeners geteister word, is tienduisende en selfs honderdduisende mure met elektriese drade en lemmetjiesdraad opgerig, die stille getuienis van ons behoefte aan veiligheid en ons vrees vir die transformasieproses wat besig is om oor ons land te spoel.

Die poging om ‘n nuwe orde in Kambodja tot stand te bring – ‘n jaar nul, ‘n wêreld wat van voor af begin sonder die besmetting van die ou orde – het tot 'n misdaad teen die mensdom gelei.. Soos die karakter Krishmi in Haasbroek se Jaar nul op bladsy 38 sê: “In die naam van die nuwe orde slaan hulle mense en word die tronke vol. Duisende is al doodgemaak uit ywer vir een of ander ideale orde. Dit lyk my onvermydelik dat elke nuwe orde sy eie drag lyding bring; daaraan kan ons nie ontsnap nie. Daarom dink ek die hel is juis orde, ‘n groot ysige orde van mense wat in rye staan soos bome in ‘n plantasie, roerloos op een plek. In die hemel sing en dans hulle... Jy maak my bang as jy van ‘n Groot Eenheid praat, Ton lon Jin.”

Nes daar in Kambodja in die laat sewentigerjare ‘n volksmoord gepleeg is om ‘n Groot Eenheid tot stand te bring, word daar vandag in Suid-Afrika deur wetgewing, staatsmag, sosiogeniëring en desnoods deur geweld, gepoog om ‘n nuwe orde en Groot Eenheid tot stand te bring. Die sentrale begrip, die groot idee, die revolusionêre strydkreet van ons land ná 1994 is: “transformasie”.

Transformasie is die kleinkind van alle kommunistiese revolusies van die twintigste eeu. Vir baie mense, veral liberale of linkse Afrikaners wat vandag die nuwe orde met soveel ywer dien, is dit moontlik ‘n aanvegbare stelling. Vir hulle is “kommunisme dood” en het dit skadeloos geword. En indien die stelling waar is, is hulle onmiddellike reaksie: “En wat daarvan? Ons het geen beswaar teen kommunisme nie, al het dit 100 miljoen mense in die twingtigste eeu in strafkampe en oorloë laat sterf. Ons enigste beswaar is teen apartheid, teen Afrikanereksklusiwiteit, teen die ou vlag en rassisme.’

Die ou vlag, selfs die kleure oranje, wit en blou van die ou Prinsevlag wat ons voorouers tesame met die Protestantse Bybel in die moedertaal en die Romeins-Hollandse regstelsel hierheen gebring het, gee aanstoot. Maar nie die rooi en geel van die hamer en sekel nie. Aand na aand sien ons dit op die TV-nuus wat deur Riaan Cruywagen in sy vertroude stem gelees word, maar ons is so gewoond daaraan, ons merk dit nie eens op nie. Lede van die ANC-regering spreek mekaar as “kameraad” of “comrade” aan en ook daarmee vind ons niks fout nie. Want het ons nie die nuwe orde, die nuwe wêreld, ons “jaar nul”, met geesdrif omhels nie? En is ons nie almal lief vir Nelson Mandela, die draer van die nommersesrugbytrui wat nou ook deur Hollywood verewig is nie, al is Mandela dan ook die skrywer van ‘n boek met die titel: “How to be a good communist”?

Dus, om ‘n verband tussen transformasie en kommunisme te sien, is geensins omstrede nie. Die voorstanders van transformasie is selfs trots op die herkoms van hul begrip; vandaar ook Suid-Afrika se noue bande met Kuba, een van die laaste plekke op aarde wat nog amptelik onder kommunistiese beheer verkeer.

Vandag, hier, wil ek egter dieper in die verlede in delf, iets wat Van Wyk Louw vir ons so mooi in ‘n gedig gestel het:

En hiermee keer ons langs die wenteltrappe

en die kartelings af na ander jare:

word druïdes van ons volste wete,

word – gemasker – beitelaars op klippe,

wentelaars van klippe tot iets minders

- ja!- as piramides: maar tog séker

hoeders van die eerste weet oor “gode”.

Verder terug as Mandela, wat vir ons transformasie en ‘n kwasikommunistiese revolusie gebring het, staan Dingaan, wie se misdadige optrede direk tot die Gelofte en die slag van Bloedrivier gelei het.

Die Gelofte, soos dit moet, fokus op ons verbond wat met God gesluit is. Dit lui: "Hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde, om 'n gelofte aan Hom te doen dat, as Hy ons beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons dié dag en datum elke jaar as dankdag, soos 'n sabbat, sal deurbring en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit hom behaag, en dat ons aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee."

In die strydkreet waarmee Dingaan sy krygers aangesê het om Piet Retief en sy geselskap dood te maak, het hy hulle volgens oorlewering as "wit towenaars" beskryf. Hierin kan ons vele dinge lees, maar vir my dui dit die begin van die transformasierevolusie aan. Immers het Dingaan met sy beskrywing te kenne gee dat Retief-hulle tot 'n ander kultuur, taal en ras as hy behoort het en daarom verdien het om te sterf. Agterna is hulle op gruwelike wyse doodgemartel en Retief moes aanskou hoedat sy volgelinge een na die ander gefolter is en hul skedels oplaas met knopkieries verbrysel is.

Hierna is 500 vroue en kinders ook op die afgryslikste wyse vermoor. Daar word gesê dat 'n mens nie die geskiedenis moet misbruik nie, maar is hierdie gebeure nie vandag - te midde van die geweld en transformasie wat ons tans ervaar - soveel te meer relevant en ter sake nie?

Paul Kruger se outobiografie deur D.W. Krüger, wat 'n maand of twee gelede by PRAAG in 'n heruitgawe verskyn het, bevat 'n beskrywing van daardie tonele waartydens ons voorsate uitgewis is, as straf vir hul tog na vryheid die binneland in. In die woorde van Paul Kruger:

„Maar watter verskriklike tonele het ons nie in die ander laer gesien nie. Daar het die lyke van ons mense gelê wat deur ʼn ander afdeling van die Zoeloeleër vermoor is en in hulle bloed gebaai het. Die veld was wit van die vere wat die moordenaars uit die beddegoed van die waens geskud het. Daar was skape wat lewendig oopgesny is en manne, vroue en kinders op die gruwelikste wyse gefolter, vermoor, deursteek en keelaf gesny. Die aasvoëls, wat soos hulle vertel het, so ʼn Zoeloe-impi orals gevolg het, het reeds begin om die dooies te verskeur. Daar het moeders dood gelê asook sterwendes nog met die kleintjies aan die bors gedruk. Ander het met verstyfde arms hulle kinders, deurboor met assegaaie wat die lyke aanmekaar gehou het, omklem. Baie lyke is op die verskriklikste manier mishandel en geskend, en klein kindertjies het gelê waar die barbare hulle neergegooi het, nadat hulle die harsings teen die wawiele uitgeslaan het.” (PK, bll. 28-29.)

In die twintigste eeu, is daar vele boeke oor kommunisme geskryf, veral ná die Russiese skrywer Aleksandr Solsjinitsin se werke in Westerse tale vertaal is. Die strafkampe en gruweldade van kommunisme is ná byna 'n eeu van sensuur deur die liberale media en veral die Westerse intellektuele en akademici ontbloot vir wat dit is: 'n mensdaad teen die mensdom, maar ook: primitiewe geweld en moordlus wat in die naam van revolusie en 'n beter wêreld met groter gelykheid botvier.

Dingaan het nie gelykheid of kommunisme nagestreef nie, maar in sy bereidheid - en sou 'n mens sê, die gemak - waarmee hy die onskuldige Voortrekkermanne, -vroue en -kinders laat uitmoor het, was hy Suid-Afrika se eerste swart revolusionêr, ons land se eerste transformeerder. Hy het verstaan dat terreur 'n politieke wapen is wat met welslae aangewend kon word. Waarskynlik was die keerpunt in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis die Kerkstraatbom wat die ANC op 20 Mei 1983 laat ontplof het. Dit was 'n terreurdaad waarop selfs 'n Dingaan trots sou kon wees, want 19 onskuldige mense het gesterf en ongeveer 200 is beseer.

Maar anders as die Voortrekkers onder Andries Pretorius in 1838, het hierdie daad van uiterste geweld nie die destydse Afrikanerleiers tot verdediging, straf en geregtigheid aangespoor nie. Dit het tot akkomodering, onderhandeling en uiteindelike kapitulering gelei.

Onlangs het mnr. Roelf Meyer, die hoofonderhandelaar van die Nasionale Party tydens die vroeë negentigerjare, in Rapport geskryf dat hy en sy regering nie anders kon as om aan die ANC en die SAKP oor te gee nie. Hoewel Suid-Afrika destyds 'n kernmoondheid was, met waarskynlik die vyfde of sesde sterkste weermag ter wêreld, het mnr. Meyer dit goedgedink om alle beheer van die staat - ook oor die weermag en polisie - aan die ANC oor te dra. Hierdie daad van blinde en naïewe vertroue in 'n gewelddadige en listige vyand, is presies dít wat tot die dood van Piet Retief en sy geselskap gelei het. Ook Retief het beleefd en goedgelowig op Dingaan se versoek om hul wapens buite die kraal te los, gereageer.

Op 'n meer uitgebreide manier het 'n onlangse geslag politici die wapens buite die kraal oorhandig en is ons vandag byna meer weerloos as daardie vroue en kinders wat niksvermoedend in 1838 langs die Tugelarivier deur die Zoeloe-impi's verras is en 'n verskriklike prys daarvoor moes betaal.

Die transformasie van die Suid-Afrikaanse weermag was waarskynlik die enkele mees belangrike politieke gebeurtenis van die afgelope vyftien jaar. Nie net behels transformasie direkte en verskriklike geweld soos wat Dingaan gepleeg het nie, maar as stelsel en revolusionêre program skep transformasie die potensiaal vir verdere geweld, massamoord en uitwissing.

Deur die geskiedenis het filosowe en politieke denkers daarteen gewaarsku om jou vyand se beloftes op sigwaarde aan te neem. Goedgelowigheid en gebrek aan kennis en insig word gewoonlik baie swaar deur die verloop van die geskiedenis gestraf. Een van die politieke filosowe wat in die Westerse wêreld tot vandag toe gelees word, is Machiavelli. Hy het heelwat te sê gehad oor die mistasting om goeie bedoelings aan jou politieke opponent toe te skryf.

Binne die Calvinisme is ons geneig om te dink dat alles deur God vooraf bepaal word; vandaar dan ook sekere Afrikaners wat vandag beweer dat God die ANC oor ons aangestel het om ons vir ons sondes uit die verlede te straf. Maar by die goddelike wil en predestinasie, is daar ook die menslike wil te voeg. Calvyn was van mening dat die Here diegene help wat hulleself help. Nicolo Machiavelli in Die Prins skryf só oor Italië en oor sy stadstaat Florence:

"Met ons is daar groot geregtigheid, want daardie oorlog is regverdig wat nodig is en wapens word geseën as daar geen ander hoop as op hulle is nie. Hier heers die grootste bereidwilligheid en waar die bereidwilligheid groot is, kan die moeilikhede nie groot wees nie as u bloot daardie mans volg wat ek onder u aandag gebring het. Wat meer is, hoe buitengewoon is die weë van God nie wat bo alle voorbeelde geopenbaar is: die see is verdeel, 'n wolk het die weg gelei, die klip het water voortgebring, dit het manna gereën, alles het tot u grootheid bygedra; u behoort die res te doen. God is nie bereid om alles te doen nie en sodoende ons van ons vrye wil en daardie deel van die glorie wat aan ons behoort, te ontneem nie."

Ek herhaal die laaste sin: "God is nie bereid om alles te doen en sodoende ons van ons vrye wil en daardie deel van die glorie wat aan ons behoort, te ontneem nie." Vanjaar is die 172ste jaar dat Afrikaners Geloftefees hou. Terwyl ons hierdie goddelike ingryping in die lot van ons pioniervoorvaders gedenk, huldig ons terselfdertyd hul moed, intelligensie en deursettingsvermoë. Dít is die aspek waarna Machiavelli verwys as hy sê dat God ons nie van ons aandeel aan die glorie van 'n veldslag soos Bloedrivier wil ontneem nie.

In dié opsig is Andries Pretorius 'n interessante figuur in die hele Bloedriviersage. Hy het aanvanklik nie deelgeneem aan die Voortrek nie, maar het wel in die Oos-Kaap verskeie militêre ekspedisies teen die Xhosas aangevoer. Op dié stadium was die Voortrekkers, wat ná die slag van Italeni waar hulle weereens met verliese van die Zoeloes moes wegvlug, hulle eintlik vasgekeer in Natal, wat hulle as die Beloofde Land beskou het. Dit het gereën, hul kruit was letterlik nat en ons kan ons vandag kwalik indink in die moedeloosheid en wanhoop wat daar onder hulle moes geheers het. Maar toe kom die buitestaander, Andries Pretorius, 'n nuwe leier. Soos Machiavelli ook in Die Prins skryf, skep hopelose, negatiewe toestande dikwels die behoefte aan 'n nuwe leier wat soos Moses van ouds sal opstaan om sy verdrukte volk uit Egipte te lei.

Die nuwe leier moet buite die ou paradigma, die ou manier van dink en doen, kan tree. Soos ek reeds gesê het, is transformasie soos ons dit in dié land leer ken het, sinoniem met onreg en geweld. Maar geweld self skep onvermydelik buitengewone omstandighede. Immers streef die meeste mense op aarde - selfs in Afrika - vrede en harmonie na. Selfs al is jy vir jou buurman kwaad, gaan val jy hom nie met 'n AK 47 aan en wis hom en sy gesin uit nie. Daarom verteenwoordig die geweld wat Dingaan se impi's teen Piet Retief, asook die vroue en kinders by Bloukrans en Weenen gepleeg het, 'n tree buite alle norme van vreedsame naasbestaan – om van beskawing nie eens te praat nie. Ook die graad van geweld wat tans in Suid-Afrika heers, is geensins normaal nie, maar skep 'n wêreld sonder grense waar elkeen kan maak soos hy wil. Die geweldenaar, soos Dingaan, tree buite alle logiese of beskaafde denke en word iets dierliks, afskuwekkends en verskrikliks. In Joseph Conrad se beroemde novelle oor Afrika, Heart of darkness, spreek een van die karakters die beroemde woorde: "Die verskrikking! Die verskrikking!" (In Engels: “The horror! The horror!”

'n Ander skrywer, 'n Afrikaner wat in Engeland gaan woon het en blykbaar op goeie voet met die Britse koningshuis verkeer het, Laurens van der Post, het op 3 Maart 1954 ‘n lesing aan die Sielkundeklub van Zürich, Switserland gelewer wat agterna in boekvorm uitgegee is as: The dark eye in Africa. Die donker oog in Afrika. Hy het dié uitdrukking ontleen aan 'n gesegde wat hy in Indonesië gehoor het, “mata kelap”, waar die mees vredeliewende en betroubare persoon skielik besete kan raak en tot geweld en selfs moord kan oorgaan. Dan word daar gesê: Sy donker oog het van hom besit geneem. Van der Post slaag nie werklik daarin om te verklaar waarom daar so 'n donker oog veral in Afrika bestaan nie. Ons weet dat daar sedert Dingaan en sy Zoeloes se gruweldade miljoene mense op die afgryslikste maniere denkbaar in Afrika uitgemoor is. Tot vandag toe word hierdie dade van verskrikking in verslae van die Verenigde Nasies opgeskryf of hier en daar in boeke of koerante opgerakel. Hier by ons is daar plaasmoorde, huisaanvalle, motorkapings en alles wat daarmee saamhang.

Van der Post het ná die tweede wêreldoorlog bekommerd geraak oor die verandering wat hy in Afrika bespeur het en dit soos volg beskryf:

“Toe ek ná die laaste oorlog teruggekeer het, is ek geskok deur die verandering wat plaasgevind het. Gebeure wat in my kinderdae raar was, het algemeen geword: rituele moorde, mensvretery, geheime organisasies wat teen die wettige gesag agtiteer, blitsige uitbarstings van geweld en moord en soms skynbaar onverklaarbare uitbrekings in gebiede wat vir ‘n lang tyd geen onrus geken het nie. Hierdie dinge was oral besig om toe te neem, asook die ander klassieke tekens van innerlike onrus: ‘n toenemende instroming van ontwortelde mense na die stede, die groeiende aantal gefrustreerde werkloses op straathoeke, tesame met intellektuele wat nie in diens geneem kan word nie, die toename in politieke agitasie en sosiale verwarring, die skynbaar sinnelose breek van winkelvensters en onverklaarbare onluste in beskaafde strate.”

Die vraag wat ons vandag vir onsself moet afvra, is: Hoe het ons voorouers onder veel hagliker omstandighede as ons s'n vandag, daarin geslaag om die sogenaamde "donker oog in Afrika" te tem en sodoende 'n hele beskawing in dié land te vestig? Wat was daar wat Andries Pretorius, A.H. Potgieter, Paul Kruger en ander gehad het wat ons nie het nie, of waaroor Roelf Meyer en FW de Klerk waarskynlik nie beskik het nie?

Net gister lees ek oor die huidige eerste minister van Finland, Matti Vanhanen, dat hy blykbaar op 'n keer gesê het dat hy nog nooit raad van enigiemand anders gevra of gevolg het nie. Vir ons Afrikanerleiers wat so lief is om te vergader en te praat, met ons swetterjoel organisasies wat een en almal mekaar se raad of "modelle" volg, is dit nogal 'n merkwaardige houding vir 'n leier om in te slaan. Daarin lees ek egter Vanhanen se behoefte om buite die gewone - dít wat die mense sê of glo, die sogenaamde konsensus - te tree en die risiko van eie besluite te neem.

In die lewe van enige volk of enige groep mense op aarde, 'n dorp, 'n straat, 'n gesin, breek daar 'n tyd aan wanneer die gewone en aanvaarde oplossings nie meer deug nie. Dan verg dit waagmoed, durf en visioenêre leierskap. Soos Machiavelli dit gestel het: "daardie oorlog is regverdig wat nodig is en wapens word geseën as daar geen ander hoop as op hulle is nie."

Dit klink amper asof ek u soos van ouds voor die slag van Bloedriviet tot oorlog wil oproep. Daar heers vandag groot ontnugtering onder alle Afrikaners van dwarsoor die politieke spektrum, van Breyten Breytenbach tot Eugene Terre'Blanche. Om die volgende vyf jaar in Suid-Afrika te voorspel en om te sê dat daar nie 'n vorm van oorlog gaan uitbreek nie, is om die minste te sê, moeilik.

Die geskiedenis en die politiek van Suid-Afrika het nie veel verander oor die afgelope 200 jaar nie. Slegs die omstandighede het meer verwikkeld geraak. Die soort oorlog wat ons vandag voer, is nie meer met voorlaaiers en assegaaie nie. Dikwels is dit 'n oorlog, nie van die swaard nie, maar van die pen. En soos hulle sê, is die pen magtiger as die swaard. Die afgelope paar dekades is die Afrikaner bowenal vasgevang in 'n propagandaoorlog waar hy gedurig in die beskuldigdebank verkeer, hetsy oor apartheid, hetsy oor "rassisme", uitbuiting en ander begrippe wat die ANC-bewind met groot stelligheid en behendigheid in die massamedia hanteer.

Die eerste stap, myns insiens, is om buite die gewone te tree, om die reëls en woorde waarin ons vasgedraai is, omver te werp. In die aanloop tot die eerste vryheidsoorlog het die burgers van die ou ZAR met 'n belastingboikot begin. Daarom vind ek dit interessant dat Hermann Giliomee, die liberale historikus van Stellenbosch, onlangs dieselfde uitspraak gemaak het, dat onder soortgelyke omstandighede as dié waaronder die Afrikaner tans verkeer, ander volkere hulle geredelik tot belastingboikotte gewend het.

Soos wat ons land soos 'n trein sonder drywer op die rand van die afgrond voortsnel, sal ons, die passasiers, vinnig moet begin planne beraam en dalk sal iemand die bul by die horings moet pak en self in die bestuursitplek moet inspring. As ons kyk hoe vinnig Zimbabwe van 'n redelik ontwikkelde en welvarende land binne enkele jare tot 'n mislukte staat van die Afrikatipe verval het, dan het ons ook in Suid-Afrika nie veel meer tyd nie.

Soos Machiavelli ook te kenne gee, is dit tydens krisisse wat die beste in 'n mens en veral in leiers na vore kom. Tydens die uur van ons angs en verlatenheid vind grootse dade plaas en kan ons daarop reken dat God ons wapens sal seën. Soos keer op keer in die verlede, en veral by Bloedrivier, gebeur het. Dit is juis in die laaste oomblikke van die geskiedenis, as alles rondom ons donker word, dat wysheid oplaas na ons toe kom. Soos die filosoof Hegel gesê het: "Die uil van Minerva sprei sy vlerke as die skemer daal." Toevallig het ek onlangs uitgevind dat die vrouefiguur op die koepel bo die Ou Raadzaal in Pretoria van waar Paul Kruger regeer het, wel ‘n afbeelding van Minerva, die Romeinse godin van wysheid, is, dus was ons voorouers ewe bewus van haar!

Daarom moet ons nooit moed verloor nie, al gaan dinge hoe sleg en al lyk die toekoms soms vir ons duister. Ten slotte, soos die digter ID du Plessis dit so treffend gestel het:

Soet is die stryd

Jy sê die stryd is verlore,

Ons nasie te arm en klein,

Ons taal uit 'n drang gebore

Wat een van die dae verdwyn?

My broer, dit mag heeltemal waar wees.

Wie weet wat die toekoms gaan baar?

Miskien moet ons oormôre klaar wees.

Om weer hierdie droom te laat vaar;

Maar as ons net altyd moet strewe

Na wat tot oorwinning gaan lei,

Wat baat dan die stryd van die lewe

Waarin ons onseker moet bly?

Solank jou bedoelings maar goed is,

Gaan jy jou oor neerlae kwel?

Solank jy volhard en vol moed is -

Dis tog die probeerslag wat tel!

Nee, soet is die stryd vir die stryer,

Al moet hy uiteindelik verloor;

Maar die man wat sy deelname weier,

Is die man wat sy nasie vermoor.



* Die La Rochelle-geloftefeesterrein is ongeveer 50km anderkant Carolina op die Amsterdampad geleë. Geloftefeeste word reeds sedert 1914 daar gehou. Vroeër jare het mense reeds op die 15de Desember daar aangekom, braaivleis en Boeresport gehou alvorens die Gelofte op 16 Desember afgelê is. Die Geloftediens en -toespraak vind in 'n holkrans plaas waarin Boesmantekeninge te siene is, asook 'n granietsteen wat in die wand ingemessel is met die datum "1938" en die inskripsie: "Om in 2038 geopen te word."

Oorsprong:Praag
http://www.praag.co.za/dan-roodt-magazine-178/6776-was-dingaan-die-eerste-transformeerder.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.