Monday, 8 March 2010

2 vas vir moord op bejaarde egpaar

2010-02-25 02:02

Durban - Twee mans is in hegtenis geneem vir die moord op 'n bejaarde egpaar in Tembisa, het die polisie Woensdag gesê.

Supt. Ronel Otto, 'n polisiewoordvoerder, het gesê een van die mans is Dinsdag in Masodi en die ander een in Tembisa, in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op 'n vuurwapen wat tydens die moord op die egpaar gesteel is, 'n selfoon, juwele en klere.

Jozia Francois Booysen (70) en sy vrou, Esme Booysen (54) is verlede Vrydag in Tinmyne met klippe doodgeslaan.

Hul makkers het in hul voertuig, wat sowat 20 km van die toneel uitgebrand is, gevind.

'n Gesteelde rewolwer is in die voertuig gevind.

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/96004aa39b9946baac1fb642f6a23080/25-02-2010-02-02/2_vas_vir_moord_op_bejaarde_egpaar

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.